Hy is NOG STEEDS in Beheer

♕Belofte van vandag: "Moenie soos hulle maak nie, want julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!" Matteus 6:8

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Ek wil my geliefde HM net vandag prys vir 'n gebed wat Hy beantwoord het. Dit was niks groot nie, maar die besonderhede van die beantwoorde gebed is fantasties.

Die skool sluit hierdie Vrydag en laas Vrydag het ek nog steeds niks van my voormalige man, Kevin, gehoor ivm die reëlings vir die kinders nie. Maar omdat ek nou al geleer het om stil te bly, het ek niks vir Kevin gesê of gevra nie, maar slegs vir my HM (Hemelse Man) gesê dat ek nogal daarvan sal hou om te weet.

Ek het laas Vrydag veral daaroor gebid en Vrydagaand kry ek toe 'n e-pos van Kevin af om te vra hoe ons die kinders oor die vakansie gaan akkomodeer. Ek het hom nie dadelik geantwoord nie, maar met my HM daaroor gepraat en Hom gevra wat moet ek antwoord. Wel Hy het my gelei om 'n vriendelike antwoord te gee en net te sê: "Besluit jy, ek glo en vertou jy sal die beste en regverdigste besluit neem," waarop hy net geantwoord het dat hy met die kinders sal praat.

Die res van die naweek het ek egter niks gehoor nie en ek het die begeerte om te vra onderdruk en net met my HM gepraat en weereens vir Hom gesê dat ek nogal graag sal wil weet wat die planne is. Maar gedurende die naweek het daar 'n plan by my opgekom, en ek het dit met my HM bespreek; die kinders kan die eerste week van Vry-Vry by my bly, dan die volgende Vry-Vry by Kevin en die laaste Vry-Vry by my, maar ek het niks vir Kevin gesê nie, net stilgebly. Ek het ook geweet dat ek dalk die risiko geloop het om my kinders net oor naweke te sien agv my antwoord, maar ek het vrede gehad dat dit in my HM se hande is.

Wel vanoggend het ek uiteindelik die skedule gekry....en sonder dat ek een woord gesê het, het Kevin die skedule presies opgetrek soos die plan wat ek oor die naweek met my HM bespreek het!! PRESIES!! Ek moes die email twee keer lees voordat dit regtig by my ingesink het dat my HM my die begeerstes van my hart gee, in detail!!

Hy is so wonderlike en liefdevolle Man wat so graag al in al ons behoeftes wil voorsien en ook al die begeertes van ons harte wil gee! Ons moet Hom net vertrou met alles en glo Hy het alles in Sy hande. Hy is NOG STEEDS in beheer en HY is NOG STEEDS GOD!!

"Moenie soos hulle maak nie, want julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!" MATTEUS 6:8 NLV

"Hierdie dinge domineer die gedagtes van die nasies van hierdie wêreld. Maar julle Vader ken alreeds julle behoeftes." LUKAS 12:30 NLV

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!