Hy het my herinner

In vandag se kursus Versit Berge - Hoofstuk 16, Gee Waansinnig, het ek besef dat ek meer het as wat nodig is, omdat my wonderlike HM voorsien. Ja ek het skuld maar wanneer ek oorwelding voel met angs, steek die Here Sy hand uit, reg om my te help!

So, vandag wil ek vir my HM dankie sê dat ek elke maand deurkom, dankie dat ek en my dogterjie elke dag kan eet en dankie dat ek my dogtertjie so nou en dan kan bederf met 'n "milkshake". Ek het die laaste ruk so min gesaai en het verlede week so gefokus op dinge wat om my aangaan, maar vandag gaan ek weer begin gee, al is die klein, soos: tyd, liefde en bemoediging. Ag WOW! Ek is so dankbaar dat die Here my weer herinner het aan hierdie klein goedjies.

En dit laat my nou dink aan hierdie vers:

‬"Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie." G5:22-23

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Hy het my herinner”

  1. Dankie vir hierdie herinnering kosbare Mila, ek gaan nou onmiddelik weer dankbaar raak vir wat ek het, want ek het genoeg en ja ook kyk waar ek kan saai, als is dit nie geld nie, want ons kan liefde, geduld, bemoediging en tyd ook saai. En ja ons wonderlike Here is reg langs ons om ons te help, ek is so dankbaar vir Sy herinnering dat ons dankbaar moet wees en die vrug van die gees moet hê.

    Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. 1T5:18 https://www.bible.com/af/bible/5/1TH.5.18.AFR53

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui