Hy Het My Genees – Troos Ander

Aangehaal en vertaal uit die Engelse boek "He Healed Me" - Hoofstuk 4

Ons moet 'n troos vir ander wees. Ons moet nie net God se vertroosting aanvaar nie; ons word beveel om daardie vertroosting aan ander te gee, maak nie saak wat hulle ellende is nie! "die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.” 2 Kor. 1:3-4.

Moses, Aäron en Hur. “Maar Moses se hande was swaar. Toe neem hulle 'n klip en sit dit onder hom, en hy het daarop gaan sit; en Aäron en Hur het sy hande ondersteun, een aan die een kant en een aan die ander kant. So was sy hande bestendig totdat die son ondergaan het.” Bv. 17:12. Sien ook Sadrag, Mesag en Abed-Nego in die boek Daniël Hoofstuk 3.

Ek sal nooit vergeet toe my man my gelos het en ek so ongelooflik baie jammer vir myself gevoel het nie. Ek konnie eens daaraan dink om iemand anders te troos nie, maar vandag besef ek dat dit so verkeerde redenasie van my was, want dit was selfsugtig van my (ek besef ek was so blind vir ander se seer en nou sien ek so baie seer reg rondom my).

Die oomblik wanneer mens ander vrouens met seer troos, maak jy hulle las vir hulle ligter en boonop haal dit jou fokus van jou eie seer af, so kosbare liefste bruid as jy die geleentheid het om ‘n stukkende seer vrou te troos, doen dit. Ek het nooit gedink dit sal my eie genesing aanhelp as ek ander bemoedig en troos wat deur seer gaan nie, maar ek kan getuig dat beslis genesend is, natuurlik alles ons wonderlike Here se werk.

Ek het eers later in my loop met die Here die baie belangrike beginsel van “wat jy saai sal jy maai” G6:7, geleer. 

Aangehaal uit Kursus 1, Dag 26 - Saai en Maai

EN, as jy bemoediging wil oes (om jou te help om voortdurend bemoedig te bly om jou reis oorwinnend te voltooi)—saai Bemoediging!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Hy Het My Genees – Troos Ander”

  1. Dis is vir my so lekker om ander te troos, ek doen dit nie om iets terug te kry nie. Ek doen dit want ek weet dit is wat die Here van ons verwag! Wees lief vir mekaar. 💕

    1 JOHANNES‬ ‭4:7‬ ‭AFR83‬‬
    “Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui