Shot of a little girl holding a kitten and looking into the distance while standing outside in nature

Op die Rots
“Afgesonder"

Years after Erin met her First Love, she imagined herself standing way up on a Rock—high above a vast, enormous sea. As she was peering down at the sandy beach below, the homes and lives began to disappear sinking into the sand—being washed away.

Jare nadat Erin haar Eerste Liefde ontmoet het, het sy haarself verbeel waar sy hoog op ‘n Rots staan—hoog bo ‘n uitgestrekte, enorme see. Soos wat sy afgeloer het na die sanderige strand onder, het die huise en lewens begin verdwyn en in die sand begin sink—weggewas. 

Erin’s heart ached when she realized she couldn’t rescue them all, “Oh, if only there were more of His Princesses who knew and lived the Promises of Your wisdom, more who knew how to follow Your lead,” she said to her Prince.

Erin se hart het gepyn toe sy besef het dat sy hulle nie almal kon red nie, “O, as daar net meer van Sy Prinsesse was wat die Beloftes van Jou wysheid geken en uitgeleef het, meer wat geweet het hoe om Jou leiding te volg,” het sy vir haar Prins gesê.

“Since each of us is Your letter, written on the hearts, known and read by everyone, each of Your Princesses would be a lifeline, right? Oh if only our families, our friends, and our neighbors witnessed the Promises of Your wisdom—they soon would ask about Your powerful Promises!”

“Aangesien elkeen van ons  Jou aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan is, sou elkeen van Jou Prinsesse ‘n lewenslyn wees, reg? O, as ons families, ons vriende, en ons naaste van die Beloftes van jou wysheid kan attesteer—sal hulle gou oor jou kratige Beloftes uitvra!”

Dear Princess, did Erin envision YOU?

Liewe Prinses, het Erin JOU voorgestel?

When you read and or listened to My First Love "Closer than a Brother" did you see that YOUR life has been set apart?

Toe jy My Eerste Liefde “Nader as ‘n Broer” gelees of geluister het, het jy gesien dat JOU lewe afgesonder is?

Are You one of His chosen Princesses for such a time as this!?!

Is Jy een van Sy gekose Prinsesse vir ‘n tyd soos dit!?!

Have you answered His call?

Het jy op Sy roeping geantwoord?

Just stop right now and say, “Here I am, Lord, use me!” just like Erin answered Him.

Stop net nou dadelik en sê, “Hier is ek, Here, gebruik my!” net soos wat Erin hom geantwoord het.

How wonderful!!! Now everyone who witnesses your life has the opportunity to listen to God and follow Him, being wise too—like a person who builds their house on solid Rock. And that means when the rain comes and the floodwaters rise and the winds beat against that house, it won’t collapse because it is built on the Rock.

Hoe wonderlik!!! Nou sal almal wat van jou lewe getuig die geleentheid hê om vir God te luister en Hom te volg, om ook wys te wees—soos ‘n persoon wat hulle huis op soliede Rots bou. En dit beteken dat wanneer die stortreën kom en die vloedwaters opstyg en die wind teen die huis waai, sal dit nie ineenstort nie want die fondament was op soliede Rots gebou.

Isn’t it sad to know that God said that everyone else is like the foolish who built their house on the sand? So when the rain fell, and the floods came, and the winds blew and slammed against that house—it fell—and great was its fall. But I’m excited, aren’t you? Now God will use you, and all you need to do is simply love others with His love! We love others because He first loved us!

Dit is treurig om te weet dat God gesê het dat almal anders is soos ‘n dwaas wat sy huis op die sand bou? Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes. Maar ek is opgewonde, is jy nie? Nou sal God jou gebruik, en al wat jy nodig het om te doen is om eenvoudig lief te wees vir ander met Sy liefde! Ons is lief vir ander omdat Hy ons eerste lief gehad het!

Where do we start?

Waar begin ons?

God says we must first love our brother and sister whom we can see—people we live with every day. And if we can love our brother and sister who isn’t always kind to us, like Adrien who left Erin to get home on the bus by herself, then it will be very easy to love everyone—just as long as we keep going to Him for His love, which is perfect love, that casts out and gets rid of all our fear!

God sê ons moet eers lief wees vir ons broer en suster wat ons kan sien—mense saam wie ons elke dag woon liefhê. En as ons ons broer en suster kan liefhê wie nie altyd vriendelik met ons is nie, soos Adrian wie vir Erin gelos het om by haarself op die bus by die huis te kom, dan sal dit baie maklik wees om vir almal lief te wees—net solank ons aanhou na Hom toe gaan vir Sy liefde, wat perfekte liefde is, wat ontslae raak van al ons vrees en dit verdryf.

Like the fear of the rains, He said will come into each of our lives.

Soos die vrees van die reën, het Hy gesê sal Hy in elkeen van ons lewens inkom.

THE RAINS

DIE REËN

“The rains'' could be your parents who divorced or are separated or just fighting all the time, like when Erin’s parents separated.

“Die reën” kan jou ouers wees wat geskei is of uitmekaar is of net die heeltyd baklei, soos toe Erin se ouers uitmekaar is. 

“The rains'' could be someone you love who is old and you’re afraid might die, as Erin feared. Since her parents were older when she was born and people asked her if they were her grandparents.

“Die reën” kan iemand wees wat oud is vir wie jy lief is en jy bang is mag dalk doodgaan, soos Erin gevrees het. Aangesien haar ouers ouer was toe sy gebore is en mense haar gevra het of hulle haar grootouers is.

“The rains'' could be when someone you love is sick.

“Die reën” kan wees wanneer iemand vir wie jy lief is siek is.

Sometimes “the rains” are money problems that pour down on your family.

Somtyds is “die reën” geldprobeme wat op jou en jou familie neerstort.

Every day does it feel like there are more and more problems and things that cause you to worry? Are there too many stumbling blocks, obstacles, and hurdles that continue raining down blocking your path? Each of these is “the rains” you can be protected from by first wearing a graceful wreath on your head so that it may go well with you, and so you may live long on the earth and save many more people alive! Just listen and obey your parents who God chose to guide you as you read in River of Life.

Elke dag voel dit asof daar meer en meer probleme en dinge is wat veroorsaak dat jy jou bekommer? Is daar te veel struikelblokke, en verknorsings wat die heeeltyd afreën en jou pad blokkeer? Elkeen van hierdie is die “reën” waarvan jy beskerm kan word deur eers ‘n krans op jou kop te sit sodat dit goed met jou sal gaan, en jy lank op die aarde woon en baie meer mense lewendig red! Luister net en gehoorsaam jou ouers wie God gekies het om jou te lei soos wat jy in Rivier van die Lewe gelees het.

Are you or is your family living in a home that has fallen or feels like it’s about to fall?

Bly jy of jou familie in ‘n huis wat geval het of voel asof dit op die punt staan om te val?

Have your parents separated or divorced so you no longer feel happy and safe?

Is jou ouers uitmekaar of geskei sodat jy nie meer gelukkig en veilig voel nie?

Have you heard that there's nothing you can do?

Het jy gehoor dat daar niks is wat jy kan doen nie?

Maybe YOU can’t do anything— BUT God can!

Miskien kan JY niks doen nie—MAAR God kan?

God can do anything—and GOD loves to show up to do the impossible! Remember reading that in Macy's Barn Cat and Horses Hoped For? God said, with people it is impossible, but with God all things are possible. Because nothing, not one thing, will be impossible with God.

God kan enigiets doen—en GOD hou daarvan om op te daag om die onmoontlike te doen! Onthou wat jy in Macy se Skuur Kat en Gehoop vir Perde gelees het? God het gesê, vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik. Omdat niks, nie een ding nie, sal onmoontlik vir God wees nie.

When Erin’s parents separated everyone said it was for the best, but that’s not how Erin felt. So Erin spoke to her Heavenly Father and God did the impossible! God restored her parents' marriage after they were separated for 9 years—so that Erin’s children could visit both grandparents! And both her parents lived a very long life too!! Remember, nothing, not one thing, will be impossible with God.

Toe Erin se ouers uitmekaar is het almal gesê dit is vir die beste, maar dit is nie hoe Erin gevoel het nie. Toe praat Erin met haar Hemelse Vader en God het die onmoontlike gedoen! Goe het haar ouers se huwelik herstel nadat hulle vir 9 jaar uitmekaar was—sodat Erin albei haar grootouers kon besoek! En albei haar ouers het ook ‘n baie lang lewe geleef!! Onthou, niks, nie een ding, sal onmoontlik vir God wees nie. 

Just imagine how silly and sad it could have been if Erin believed the lies rather than trusting the goodness of the Lord and she let fear rule her life all those years!

Stel jouself voor hoe simpel en treurig dit kon gewees het as Erin die leuens geglo het eerder as om in die goedheid van die Here te vertrou en sy toegelaat het dat vrees haar lewe al daardie jare regeer!

The Knowledge of Good and Evil

Die Kennis van Goed en Kwaad

Should we learn both good and evil?

Behoort ons beide goed en kwaad te leer? 

Well, let me ask you: As you begin to build your life on the Rock, set apart, do you want to use good or bad building materials? God says, we must choose good and turn our backs on evil. We know this is true because God commanded us, saying, not to eat from the tree of the knowledge of both good and evil.

Wel, laat ek jou vra: Soos wat jy begin om jou lewe op die Rots te bou, afgesonder, wil jy goeie of slegte boumateriaal gebruik? God sê, ons moet die goed kies en ons rug op die kwaad draai. Ons weet dat dit waar is omdat God ons beveel het, en gesê het, om nie te eet van die boom van die kennis van beide die goed en die kwaad nie.

To be safely set apart means we must turn our backs on evil and then ask God how we can do something good! Don’t let doubt get into your mind either because God said if we doubt it will feel like we are being tossed about like the surf of the sea.

Om veilig afgesonder te word beteken ons moet ons rug op die kwaad draai en dan vir God vra hoe ons iets goed kan doen! Moet ook nie laat twyfel in jou gedagtes kom nie omdat God gesê he dat as ons twyfel sal dit voel soos ‘n brander in die see wat heen een weer gedryf word.

When Erin asked God to understand this principle, she imagined herself at the beach where her family had a vacation house. When she was at the ocean, there were large, powerful waves, so her parents wisely taught her that she needed to stay back up on the warm sand and watch the waves. 

Toe Erin vir God gevra het om hierdie beginsel te verstaan, het sy haarself voorgestel op die strand waar haar familie ‘n vakansiehuis gehad het. Toe sy in die oseaan was, was daar groot kragtige branders, so haar ouers het haar wyslik geleer dat sy nodig gehad het om terug op die warm sand te bly en die branders dop te hou.

They said that even if she stood with her feet in the water, soon she would sink into the wet sand and a large wave could easily crash over her head—dragging her into the deep, rough water. God says it’s the same with doubt. So, rather than doubt and be tossed about, or sink with worry, God says to trust Him and grab hold of the gift of peace left by our very own Prince of Peace!

Hulle het gesê dat selfs as sy met haar voete in die water gestaan het, sy gou in die nat sand sou sink en ‘n groot brander kon maklik oor haar kop neerstort—en haar in die diep, rowwe water insleep. God sê dit is dieselfde met twyfel. So, eerder as om te twyfel en heen en weer gegooi te word, of te sink met bekommernis, sê God om op Hom te vertrou en die geskenk van vrede aan te gryp wat deur ons eie Prins van Vrede gelos is!

Never forget to simply ask Him and then not doubt because at the appointed time God promises to answer us and give us the desires of our hearts —just like you read in “Macy’s Barn Cat“ and “Horses Hoped For.” This means that each time we think about what we asked Him to do—we can smile at the future!

Moet nooit vergeet om Hom eenvoudig te vra nie en dan nie te twyfel nie want op die bepaalde tyd belowe God om ons te antwoord en ons die begeertes van ons harte te gee—net soos wat jy in “Macy se Skuur Kat” en “Hoop vir Perde” gelees het. Dit beteken dat elke keer wat ons dink aan wat ons Hom gevra het om te doen—ons vir die toekoms kan glimlag!

Who Knows?
God Knows!
Wie Weet?
God Weet!

Today everyone likes to give their opinion and many people claim to be an “expert” but the truth is, no one but GOD knows. That’s why when anyone asks Erin something, she loves to say, “Who knows? God knows!” That’s because it’s the truth and she knows the truth will set her and everyone else free so they can be set apart for Him.

Vandag hou almal daarvan om hulle opinie te gee en baie mense eis om ‘n “deskundige” te wees maar die waarheid is, niemand behalwe GOD weet nie. Dit is waarom wanneer enigiemand vir Erin iets vra, is sy lief om te sê, “Wie weet? God weet!? Dit is omdat dit die waarheid is en sy weet dat die waarheid vir haar en enigiemand anders sal vrystel sodat hulle afgesonder vir Hom kan wees.  

Erin began to go to the Source of truth, she asked her Heavenly Father and read the Promises in His Word. Now you know where to find the truth and you can do the same thing. You can hide God’s Word in your heart.

Erin het begin om na die Bron van die waarheid te gaan, sy het haar Hemelse Vader gevra en die Beloftes in Sy Woord gelees. Nou weet jy waar om die waarheid te vind en jy kan dieselfde ding doen. Jy kan God se Woord in jou hart wegsteek

You already have learned so much of what GOD says about His love in My First Love "Closer than a Brother.” It’s also important to find out what GOD says about you as a daughter to your parents, a sister to your siblings, and what He says when you become a wife and then a mother. Being a mother means you will be fruitful and multiply which is important because God told us to be fruitful and multiply 14 times in the Bible! When you go right to the Source, your Heavenly Father and His Word, you will grow into a virtuous woman who God compares to be a precious jewel!

Jy het alreeds so baie van wat GOD van Sy liefde in My Eerste Liefde “Nader as ‘n Broer” sê geleer. Dit is ook belangrik om uit te vind wat GOD van jou sê as dogter vir jou ouers, ‘n suster vir jou broers en susters, en wat Hy sê wannner jy ‘n vrou en dan ‘n moeder word. Om ‘n moeder te wees sal beteken dat jy vrugbaar sal wees en vermenigvuldig wat belangrik is omdat God 14 keer in die Bybel vir ons sê om vrugbaar te wees en te vermenigvuldig! Wanneer jy reguit na die bron toe gaan, jou Hemelse Vader en Sy Woord, sal jy ‘n knap vrou word wie God vergelyk om ‘n kosbare juweel te wees! 

Remember, you have been set apart and God has chosen you from all the nations of the earth to be His own special treasure. For Erin to reach the nations, she needed to know what God said, and then give away what she learned to everyone who asked. By following Him as He led her (as you read in My First Love “Closer than a Brother) Erin began looking for the narrow gates that few ever find.

Onthou, jy is afgesonder en God het jou van al die nasies van die aarde gekies om Sy eie spesiale skat te wees. Vir Erin om die nasies te bereik, moes sy geweet het wat God gesê het, en dan weg te gee wat sy geleer het aan almal wat gevra het. Deur Hom te volg soos wat Hy haar gelei het (soos wat jy lees in My Eerste Liefde “Nader as ‘n Broer) het Erin begin om vir die nou poorte te soek wat min ooit vind.

Entering the Narrow Gate
Gaan die Nou Poort Binne

Being set apart and building on the Rock to reach the nations, means you must look for the narrow gate and then choose to walk through that gate that very few will find. Here is one story of walking through the narrow gate.

Om afgesonder te wees en op die Rots te bou om die nasies te bereik, beteken jy moet vir die nou poort soek en dan kies om deur daardie poort  te loop wat baie min sal vind. Hier is een storie van deur die nou poort te loop.

One day Erin’s teacher, a nun, said that unless someone confessed to something that happened when she was out of the classroom, her entire class would miss recess for a week. Unfortunately, the person who’d done this was a very shy French girl. So, Erin felt led to encourage all of her classmates to stand up when asked so Monique would not be afraid to stand up alone. But when the nun asked for the person who did it to stand, only Erin stood up and was immediately sent to the principal’s office.

Eendag het Erin se onderwyseres, ‘n non, gesê dat tensy iemand bieg oor iets wat gebeur het terwyl sy uit die klaskamer was, sou haar hele klas reses vir ‘n week mis. Ongelukkig, was die persoon wat dit gedoen het ‘n baie skaam Franse meisie. So, Erin het gelei gevoel om al haar klasmaats aan te moedig om op te staan wanneer hulle gevra word sodat Monique nie bang sou wees om alleen op te staan nie. Maar toe die non vra vir die persoon wat dit gedoen het om te staan, het net Erin opgestaan en was onmiddellik na die skoolhoof se kantoor toe gestuur. 

Erin didn’t say anything, she didn’t defend herself, she didn’t say that Monique had done it because God’s Word says that we are the only person who can confess our own faults, not someone else’s. Erin never confronted Monique either but trusted God who judges righteously. It may not always seem fair, but it always brings about a hidden reward. Erin simply spoke to her FBF “Forever Best Friend” Who told her to remain quiet and wait. So, Erin chose to love the one who’d treated her unjustly by speaking kindly to Monique before and after school.

Erin het niks gesê nie, sy het haarself nie verdedig nie, sy het nie gesê dat Monique dit gedoen het nie omdat God se Woord sê dat ons die enigste persoon is wat oor ons eie foute kan bieg, nie iemand anders sin nie. Erin het ook nie vir Monique konfronteer nie maar op God vertrou wie regverdig oordeel. Dit mag nie altyd regverdig lyk nie, maar dit bring altyd ‘n versteekte beloning. Erin het eenvoudig met haar VEBVVir Ewig Beste Vriend” gepraat wie vir haar gesê het om stil te bly en te wag. So, Erin het gekies om lief te wees vir die een wat haar onregverdig behandel het deur vriendelik met Monique voor en na skool te praat

A week later, Erin’s desk was still in the hallway as punishment and she still hadn’t been allowed to go out to play at recess. But suddenly, Monique felt convicted and she no longer wanted to hide her transgression (what she’d done wrong).

‘n Week later, was Erin se lessenaar nog steeds in die gang as straf en sy was nie toegelaat om uit te gaan om te speel by reses nie. Maar skielik, het Monique veroordeel gevoel en sy wou nie meer haar oortreding wegsteek iets (wat sy verkeerd gedoen het).

Few are Chosen
Min word Gekies

The day Monique confessed her own faults, Erin was again called to the principal’s office. When she walked in, she saw Monique and her grandmother (who she and her little brother lived with) and Monique was crying. Erin was sad to see that her eyes were red and puffy because she’d hidden her transgression so long.

Die dag wat Monique oor haar eie foute gebieg het, was Erin weer na die skoolhoof se kantoor geroep. Toe sy ingeloop het, het sy vir Monique  en haar ouma gesien (by wie sy en haar klein broertjie gebly het) en Monique was besig om te huil. Erin was hartseer om te sien dat haar oë rooi en pofferig was omdat sy haar oortreding vir so lank weggesteek het.

Erin was surprised that by doing what was right she was not rewarded or praised for it, instead, the principal and her teacher were angry with her. Even though she didn’t understand it then, God had hardened their hearts because He wanted to teach Erin that the only One she needed to please was her Heavenly Father and because God was saving Erin’s blessings for later. It’s just like when the Lord hardened the heart of Pharaoh, making it strong and immovable. That’s because later, when Pharoah does let God’s people go, His people left carrying whatever they asked for, which was all of Egypt’s wealth!

Erin was verras dat deur te doen wat reg was sy nie ‘n beloning gekry het of daarvoor geloof was nie, in plaas daarvan, was die skoolhoof en onderwysers kwaad vir haar. Alhoewel sy dit nie toe verstaan het nie, God het hulle harte verhard omdat Hy vir Erin wou leer dat die enigste Een in wie sy moes behaag haar hemelse Vader was omdat God Erin se seëninge vir later gespaar het. Dit was net soos toe die Here die hart van Farao verhard het, en dit sterk en onbeweeglik gemaak het. Dit is omdat later, wanneer Farao die mense laat gaan, het Sy mense vertrek en alles gedra watookal hulle vir gevra het, wat al Egipte se weelde was!  

Doing the right thing isn’t always easy and even though it may not feel like it— it’s much better when you’re not praised or rewarded because the best reward is stored up for us in heaven! A Wise Woman, His Princess, doesn’t store up her treasures here on earth, where moths eat them and rust destroys them, and where thieves break in and steal. A Wise Woman wisely stores her treasures in heaven, where the desires of her heart will also be.

Om die regte ding te doen is nie altyd maklik nie en alhoewel dit nie so mag voel nie—is dit baie beter wanneer jy nie geloof of beloon word nie omdat die beste beloning vir ons bymekaar gemaak is in die hemel! ‘n Wyse Vrou, Sy Prinses, maak nie skatte op die aarde bymekaar waar mot en roes dit verniel, en waar diewe inbreek en dit steel nie. ‘n Wyse Vrou maak vir haar wyslik skatte in die hemel bymekaar, waar die begeertes van haar hart ook sal wees. 

Set Apart for Good
Afgesonder ten Goede

The next year God rewarded Erin by moving her to a new school, even though at first it didn’t feel like a reward—because at her new school, Erin had no friends. Once again, God chose her, just as God chose YOU to be set apart from others, His treasure—watching from above—high and safe up on the Rock.

Die volgende jaar het God Erin beloon deur haar na ‘n nuwe skool to te skuif, alhoewel dit in die begin nie gevoel het soos ‘n beloning nie—omdat by haar nuwe skool, het Erin geen vriende gehad nie. Weereens, het God haar gekies, net soos wat God JOU gekies het om afgesonder van ander te wees, Sy skat—van bo af dop gehou—hoog en veilig op die Rots

That’s why Erin was so excited when she was invited to a classmate’s birthday party, another narrow gate. Erin’s mother dropped her off and as all the girls sat around on the floor, she noticed that the girls were passing something around, giggling. It made Erin feel uncomfortable because the tone of their voices and the look on their faces meant that something wasn’t right. Erin had heard of drugs, but she knew little other than it was something she wanted to stay away from.

Dit is waarom Erin so opgewonde was toe sy na ‘n klasmaat se verjaardag partytjie toe genooi was, nog ‘n nou poort. Erin se moeder het haar afgelaai en soos wat al die meisies rondom op die vloer gesit het, het sy agter gekom dat die meisies iets aangegee het, giggelend. Dit het Erin ongemaklik laat voel omdat die toon in hulle stemme en die kyk op hulle gesigte het beteken dat iets nie reg was nie. Erin het van dwelms gehoor, maar sy het min anders geweet as wat dat dit iets was waarvan sy wou wegbly.  

So without saying a word, Erin simply got up, walked out the front door and didn’t look back. She didn’t know where she was, but she was sure she was too far from home to walk there. So without any money (and of course back then there were no cell phones), she heard her FBF “Forever Best Friend” lead her to turn to the right and walk down the street towards a busier street and then she heard someone call out “Wait!!!”

So sonder om ‘n woord te sê, het Erin eenvoudig opgestaan, en by die voordeur uitgeloop en nie terug gekyk nie. Sy het nie geweet waar sy was nie, maar sy was seker dat sy te ver van die huis af was om soontoe te loop. So sonder enige geld (en natuurlik destyds was daar geen selfone ), het sy gehoor hoe haar VEBV “Vir Ewig Beste Vriend” haar lei om regs te draai en by die straat af te loop na ‘n besiger straat en toe hoor sy iemand sê “Wag!!!”

Instead of looking back, Erin began walking faster, not wanting anyone to try to persuade her to go back inside where she knew something wasn’t right. Then the girl began to overtake her, catching up to her saying, “Where are you going?” Erin replied, “I don’t know but I don’t want to be part of whatever is going on back there.” Then Liesel said, “Me either! I’m going home, do you want to come? I only live two blocks from here.”

In plaas daarvan om terug te kyk, het Erin begin om vinniger te loop, sy wou nie gehad het dat iemand haar moet oorreed om terug te gaan binne toe nie waar sy geweet het dat iets nie reg was nie. Toe begin die meisie haar inhaal, en toe sy haar inhaal sê sy, “Waar gaan jy heen?” Erin het geantwoord, “ek weet nie maar ek wil nie deel wees van wat besig is om daar anderkant te gebeur nie.” Toe sê Liesel, “ek ook nie! Ek gaan huis toe, wil jy kom? Ek bly net twee blokke van hier af.”    

That day Liesel and Erin became close friends and years later when they each got married both of them had a little blonde-haired boy—right at the appointed time—just like they dreamed and talked about when they became friends. Having just one like-minded friend (who God will choose for you if you ask) was such a blessing. Even though Erin didn’t get to see or talk to Liesel much (because they were only in the same school for one year), it strengthened both of them to remain walking along the narrow path, each set apart.

Daardie dag het Liesel en Erin intieme vriende begin word en jare later toe elkeen getroud is het albei ‘n klein blonde-haar seuntjie gehad—reg op die vasgestelde tyd—net soos wat hule gedroom het en van gepraat het toe hulle vriende begin word het. Om net een eendersdenkende vriendin te hê (wie God vir jou sal kies as jy vra) was so ‘n seën. Alhoewel Erin nie vir Liesl baie gesien het of met haar gepraat het nie (omdat hulle net vir een jaar in dieselfde skool was), het dit albei van hulle versterk deur langs die nou pad te loop, elkeen afgesonder.

Many events happened over the years that set Erin apart, which we trust God will no doubt lead Erin to share in later Wise Woman 4 His Princess stories!

Baie gebeure het oor die volgende jare gebeur wat Erin afgesonder het, wat ons vertrou sal God sonder twyfel vir Erin lei om later in Wyse Vrou vir Sy Prinses stories te deel!

We are excited that you are building YOUR life and future on the Rock—watching from above—not enjoying what everyone else is doing but instead being elevated, set apart, and attaining royalty at the appointed time, for such a time as this!

Ons is opgewonde dat jy JOU lewe en toekoms op die Rots bou—dophou van bo—nie geniet wat almal doen maar in plaas daarvan om verhoog te wees, afgesonder, en koninlikheid te bereik op die aangestelde tyd, vir ‘n tyd soos dit!

The more you build your life and future on the Rock, the more you’ll understand that choosing the narrow road is a moment-by-moment decision that only happens by holding the hand of your Forever Best Friend who you got to know in My First Love “Closer than a Brother.

Hoe meer jy jou lewe en toekoms op die Rots bou, hoe meer sal jy verstaan dat om die nou pad te kies is ‘n oomblik tot oomblik besluit wat net gebeur die die hand van jou Vir Ewige Beste Vriend wie jy leer ken het in My Eerste Liefde “Nader as ‘n Broer” vas te hou.

Now it’s the appointed time to record and inscribe your dreams by writing it down in your journal.

Nou is die vasgestelde tyd om jou drome op te neem en te graveer deur dit in jou joernaal neer te skryf.

Dit is tyd om jou JOERNAAL in te vul

Begin om jou Joernale in te vul soos jy in jou dagboek sou doen, deur eenvoudig vir jou Hemelse Vader alles wat op jou hart is te vertel en hoe die storie jou gehelp het.

Onthou net wat jy hier in jou joernaal skryf mag gekies en gedeel word met meisies rondom die wêreld om hulle aan te moedig (as jy ons jou toestemming gee). So maak seker jy is diskreet (versigtig met wat jy sê), maar skryf nog steeds wat op jou hart is en wat jou Hemelse Vader jou gewys het in die hoofstuk van hierdie storie.

Lees LOF 🙌🏼 wat Bemoedigende Vrouens op ons Bemoediger plaas oor om ‘n Hemelse Vader te hê #HV.

As jy Hom VRA, sal Hy jou wys wat om te sê. Jy kan ook jou Ma vra om te help om seker te maak.

As dit jou EERSTE joernaal is, gaan nou om Jou SN “Splinternuwe Naam.” te kry. Weereens kan jy jou ma vra om te help aangesien jou ma dalk self ‘n SN gebruik—’n naam wat sy vir haar bediening gebruik.

Ek is seker jy is baie opgewonde om te begin en ons is opgewonde om van jou te hoor, so lees elke vraag versigtig en as jy nie seker is van iets nie, kan jy op die vraag klik en ‘n grys blok sal aan die kant verskyn om jou die instruksies te wys. Jy kan ook jou ma vra om jou te wys as jy nie weet nie.

Dankie!

v💝BONUS💝
vSY BELOFTES

“Kinders is geskenke van God...'n beloning!" "Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee. Soos pyle in die hand van 'n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was.” Psalms 127:3 Afr 83

“vol van haar eie kinders” “Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het!.” Psalms 127:5

“God se plan” “‘My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.”’ Jesaja 55:8-9

“ten GOEDE” “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Romeine 8:28

“My oog oor jou hou” “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. Hy het gesê: Ek is soos ’n onderwyser vir jou. Ek vat jou aan die hand om jou op die regte pad te lei. Ek sal jou elke keer die regte raad gee. Ek sal jou oppas. Die Here sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees." NLV Psalms 32:8

“nooit verlaat of in die steek laat nie” "want Hy Homself het gesê, 'Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie,”’  “Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie”DB,  “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie” NLT, Hebreërs 13:5

“bepaalde tyd” "Die HERE het toe vir my gesê: 'Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.'" Habakuk 2:2-3

“Vredevors, Prins van Vrede” “...en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.” Jesaja 9:6

geen kommer oor die toekoms nie” Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.” Spreuke 31:25

Hou aan u beloftes vas” “Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.” Psalms 119:11

‘n Knap vrou” “'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Spreuke 31:10

alles aan God bely” “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” 1 Joh. 1:9

haar broer gestraf wil hê” Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg.” Matteus 5:44

ligter” “My juk is sag en my las is lig.” Matteus 11:30

Alle verstand te bowe gaan” “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”1 Petrus 1:8

oombliklik en radikaal verander” “Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie.’” Joh. 3:7

Afgesonder” “As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy 'n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens.” 2 Timoteus 2:21 AFR 83

Op ‘n tyd soos hierdie, Bepaalde Tyd” Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” Ester 4:14

in die steek laat” “So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai;... “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is.” Jeremia 17:5,7

wangedra” “Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” Efesiërs 6:1-3

nader as ‘n broer” "Maats kan jou breek, maar daar kan ook 'n vriend wees wat nader is as 'n broer.” Spreuke 18:24

Ontferm meer as ‘n moeder” “Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Jesaja 49:15 AFR 83

Wag vir jou” “Tog is die Here gretig om julle genadig te wees …dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.” Jesaja 30:18

na ‘n stem agter haar luister” "loop hierlangs.”  “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” Jesaja 30:21

Hy lei” “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. HY LEI MY  op die regte paaie tot die eer van sy Naam.” Psalms 23: 1-3

bemoedig hulle” “‘Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê. Jesaja 40:1 “In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig.” 2 Korintiërs 1:4.

Aangegee aan baie geslagte” “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam.” Deuteronomium 7:9 AFR 83

 “baie tale” “Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal …” Die Openbaring 7:9 AFR 83

 “getuienis” Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.” Die Openbaring 12:11

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui