Het Het Deurgekom

♕Belofte van vandag: "Maar soos daar geskrywe staan: 'Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,' en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet." 1 Korintiërs 2:9

~Yvonne in Suid Afrika

Liewe Bruide, wag jy vir 'n wonderwerk in jou lewe? Kom dan in en lees hierdie hoofstuk [" My Johnathan "] en kyk wat jy moet doen om dit te ontvang.

Net om te lees hoe die Here vir die skrywer deurgekom het toe sy geen geskenke vir haar kinders vir Kersfees gehad het nie, was so 'n ongelooflike lofprysing!!! Dit het my net weer herinner hoe lief Hy ons het dat selfs dit vir Hom saak maak.

Dit is nie iets wat vir hulle nodig is om van te lewe nie, maar tog het Hy ons genoeg lief om ons so te seën met soveel dinge wat ons nie regtig nodig het nie, maar waarmee Hy ons wil bederf. Verbasend is Hy nie?

Elkeen van ons ervarings is anders en daar is soveel Jonathans in my lewe. Soveel dinge waarvoor ek die laaste paar jaar gebid het en wat Hy vir my deurgekom het op maniere wat ek nooit kon dink nie.

Van die huis af werk, my kinders tuisonderrig. Dit is die tweede keer in 2 jaar dat ek met my kinders met vakansie sal kan weggaan. Is Hy nie verstommend hoe Hy voorsien en hoe Hy dit vir ons laat gebeur nie?

My grootste Jonathan was eintlik toe ek Hom gevind het as eers my Redder, toe my Vriend en nou my Hemelse Man. Ek sal vir ewig dankbaar wees dat Hy vir soveel jare so geduldig met my was, sodat ek Hom kon vind te midde van wat ek gedink het 'n groot gemors in my lewe was.

Hierdie hoofstuk sal my herinner dat elke Jonatan waarvoor ek wag, Hy vir my sal gee, as ek op Hom alleen vertrou en staatmaak. As ek al my vertroue in Hom plaas en Hom alles in my lewe laat wees.

Liewe Bruide, om die wonderwerke in ander se lewens te sien gebeur, gee ons daardie hupstoot om Hom te vertrou vir ons eie wonderwerke. Elke keer as ek lees hoe Hy deurgekom het en selfs net terugkyk en sien hoe Hy vir my deurgekom het, sjoe, dit verstom my. Lees hierdie hoofstuk, sit dan en drink 'n koppie koffie saam met Hom en onthou alles wat Hy vir jou gedoen het en onthou dan, wat die oog nie gesien het en die oor nie gehoor het nie, en in die hart nie opgekom het nie, dit het God voorberei vir diegene wat Hom liefhet nie.

"'Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.'" 1 Korintiërs 2:9

Wat 'n pragtige belofte van ons Hemelse Man.

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg ons #VB Tag om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Versit Berge is as e-boek en sagteband beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!