Hy Draai die Hart
Oorvertaal uit die Engelse boek: "Restore Your Relationships" - Hoofstuk 5:
Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil. S21:1
Het almal vir jou gesê dat jou seun of dogter of man (of iemand anders wat jou verwerp het) sy of haar eie wil het en daarom kan hy of sy “kies” om nie terug te keer huis toe of met jou versoen te word nie? Wanneer jy probeer om jou verhouding te herstel, sal jy gebombardeer word (soos almal anders is wat herstel soek) deur die aanslag van daardie welmenende individue wat daarvan hou om jou te vertel dat dit 'n persoon se "keuse" en sy of haar eie "vrye wil" is ”om te kies om jou te verlaat of om saam met iemand anders te woon"—maar, loof die Here, hulle wil is nie wat belangrik is nie.
Dit is nie “mens se wil” nie maar “God se wil” wat saak maak!! Aangesien dit regdeur die Skrif vir ons sê dat “soos Hy wil . . .” (Dan. 4:32).
God is meer as in staat om enigiemand, selfs jy, gewillig te maak om te doen wat Hy wil—gee dit net vir God en kyk hoe Hy namens jou werk!!
God is meer as in staat om jou geliefde in 'n oomblik te verander!! Ek het dit al male sonder tal gesien gedoen met mense wat aangevoer het dat hul man of seun of dogter 'n hopelose individu was—totdat God beweeg het! As jy sê “Maar jy ken nie my...” sal ek sê dat dit net bewys dat jy God nie ken nie!! Onthou net, Hy het jou en my radikaal verander, nie waar nie?
~~~~~~
Ek sal nooit vergeet toe my aardse man my jare gelede gelos het en so baie mense klem gelê het op my aardse man se wil nie en ja ek het so baie daarna geluister en dit het my net meer moedeloos gemaak. Selfs my aardse man het gesê hy sal nooit weer terugkom nie, maar ek het 'n herstelde huwelik beleef want God draai harte waarnatoe Hy dit wil draai.
Met hierdie les is ek net weer daaraan herinner dat God werklik meer as in staat is om enige hart te draai waarnatoe Hy dit wil draai, dat dit alles van God afhang, GOD SE WIL en dit is vir elke moeilike situasie in ons lewens, hetsy dit 'n verhouding met 'n baas, 'n huweliksmaat of kind is, ons moet dit net vir God gee.
Ja liefste Janine ons moet dit net vir die Here gee. Hy kan eninge verhouding herstel en mense se harte verander na sy wil toe.
Ja kosbare Kristy en die Here se wil vir ons is die heel beste en selfs Sy tyd is die beste.