HERSTEL JOU HUWELIK…

Herstel Jou Huwelik

Hoofstuk 2 vervolg:

“Geestelike Opgeblasenheid. Meer as die helfte van die mense wat na ons bediening toe draai om hulp, vertoon ‘n geestelike opgeblasenheid of eiegeregtigheid. Dit is waarna ek verwys as ‘n Fariseër gees. Dames, dit is so gevaarlik. Dit sal voorkom dat God jou huwelik herstel, en dit is juis die rede hoekom jou eggenoot weggedryf word.”

Liefste bruid ons moet besef dat God ons niks skuld nie, dat als uit genade is. Nederigheid is so ongelooflik belangrik en dis so belangrik dat ons aan ons eie foute werk saam met God en glad nie fokus op ons man se foute nie, want ek weet ek het soveel meer God se hulp nodig met my eie foute.

“Ons kan op God staatmaak en God vertrou want… “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, die wat Hy lank tevore verkies het…” (Rom. 8:28).”

Hier kan ek werklik getuig dat ons op God kan staatmaak, Hy het my nog nooit ooit in die steek gelaat nie en ek weet met my hele hart dat Hy jou ook nie in die steek gaan laat nie, vertrou Hom.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui