BITTER OF BETER

NEW-COVER-WW-AFR-Front

"Bitterheid. Om iemand nie te vergewe nie, veroorsaak bitterheid. Die definisie van bitterheid is “gif”! “Moet nie verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie.” Efe. 4:31. Deur iemand anders nie te vergewe nie, vreet aan jou, nie die ander persoon nie. “Net ‘n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed.” Spr. 14:10. “Hy ken immers die geheime van die hart.” Ps. 44:21."

Ek het nog altyd gedink dat ek dit reggekry het om te vergewe, maar ek moes eerlik wees en dit teenoor myself erken dat ek dit nie op my eie kon regkry nie. Ek moeS selfs aan myself erken dat die doeie gevoel wat ek gevoel het die oorsaak van bitterheid was, maar my wonderlike Hemelse Man het my nie net so gelos nie. My Hemelse Man het Die Wyse Vrou boek gebruik om my te laat insien dat ek hulp nodig het en die oomblik wat ek Hom gevra het om my asseblief te help om te vergewe, het Hy my gehelp en die vyand kon dit nie meer gebruik dat dit aan my vreet nie. En die oomblik wat slegte gedagtes by my opkom is Hy die heel eerste een wat ek vir hulp vra en Hy is so getrou en help my onmiddelik. Wat 'n wonderlike Hemelse Man is hy net nie!!! Altyd so gretig om ons te help. EK IS BETER AS GEVOLG VAN MY HEMELSE MAN.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “BITTER OF BETER”

  1. Dankie Janine, om te vergewe is so moeilik maar dit is iets wat ons moet doen, Hy se dit in Sy woord. En as ons nie kan nie, moet ons Hom vra om ons te help om te vergewe, en Hy sal. Ons vergewe nie om die ander persoon te help nie, ons vergewe om vrygestel te word en die swaar las wat ons probeer dra vir Hom te gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui