DAAGLIKSE OORDENKING – 4 APRIL

Vandag se oordenking is so mooi en so belangrike beginsel: OM IN STILTE NET VIR GOD TE WAG
En ja dis juis in daai stilte wat jy God hoor. Vertrou Hom met daai rustige wete dat Hy weet wat Hy doen en vir jou gaan deurkom.

“My siel, wag in stilte op God alleen, want my hoop is van Hom” (Ps. 62:5).

Geliefde, hier is een van die wonderlikste en ontsagwekkendste beginsels: om in stilte net vir God te wag. O, hoe hou ons daarvan om te vertel, en oor te praat en te skryf oor ons probleme, ons gedagtes en ons vrese. O, om stil te wees en God toe te laat om ons te verander en ons deur die stilte te vorm! En in die stilte, in die stilte, hoor jy Hom omdat jy aan Hom en ander bewys het dat jou hoop van Hom af kom. Dit is hoekom jy in stilte en in vrede kan wag, want op Hom alleen kan jy vertrou.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui