Herstel Jou Huwelik – Hoofstuk 17

Uittreksel uit die Herstel Jou Huwelik boek

Hoofstuk 17 - Staan in die Gaping

“Ek het iemand tussen hulle gesoek wat 'n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie.”—Esegiël 22:30

Daar is niks meer kragtig as om God se Woord en beloftes vir Hom terug te bid nie. Terwyl ek vir God gewag het om my huwelik te herstel en het begin om God se Woord in my hart weg te steek deur 3X5 kaartjies te maak en dit ‘n paar keer elke dag te lees. Baie gou het my gebede meestal Sy Woord geword. Die manier van bid is baie kragtig. Gebruik die gebede in die hoofstuk om jou te leer hoe om die verse wat jy nou hart wegbêre te bid.

~~~~~~

Ek stem heeltemal saam met die skrywer hier en in my eie lewe is ek mal daaroor om God se Woord en beloftes vir Hom terug te bid en ek kan getuig dat so baie van my gebede wat woord gebasseer was, al geantwoord is.

Ek deel ‘n paar beloftes, hoekom dit so kragtig is om God se Woord vir Hom terug te bid:

Op u woord kan ‘n mens hom geheel en al verlaat. P119:160

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. H4:12

My woord is soos vuur, sê die Here, soos ‘n hamer waarmee klippe stukke gebreek word. J23:29

Kosbare bruid ek moedig jou aan om asseblief nog beloftes, oor hoe kragtig God se Woord is, hieronder in die kommentaar te kom los.

https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Herstel Jou Huwelik – Hoofstuk 17”

  1. ‭‭1 JOHANNES‬ ‭4:15‬ ‭NLV‬‬
    [15] Almal wat openlik erken dat Jesus die Seun van God is – God handhaaf ’n hegte verhouding met hulle en hulle met God.
    https://bible.com/bible/117/1jn.4.15.NLV
    ‭‭ROMEINE‬ ‭11:36‬ ‭NLV‬‬
    [36] Hy is die bron van alles. Alles bestaan deur sy krag, en alles is op Hom gerig. Aan Hom behoort die heerlikheid vir altyd en altyd. Amen.
    https://bible.com/bible/117/rom.11.36.NLV
    ‭‭PSALMS‬ ‭82:1‬ ‭NLV‬‬
    [1] ’n Asafpsalm. God staan op in die hemelse vergadering. Tussen die hemelse wesens lewer Hy uitspraak:
    https://bible.com/bible/117/psa.82.1.NLV
    ‭‭MIGA‬ ‭7:7‬ ‭NLV‬‬
    [7] Ek, daarenteen, sien met verwagting uit na wat die Here gaan doen. Ek wag in vertroue dat God my moet red. My God sal my verseker verhoor!
    https://bible.com/bible/117/mic.7.7.NLV
    ‭‭MALEÁGI‬ ‭3:3‬ ‭AFR53‬‬
    [3] En Hy sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid ‘n offer sal bring.

    https://bible.com/bible/5/mal.3.3.AFR53

  2. U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Ps.119:105

    Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit. Matteus 24:35

    Wat die Here se, gebeur, alles wat Hy doen, staan vas. Ps. 33:4

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui