Herstel Jou Huwelik – Hoofstuk 16

Uittreksel uit die boek Herstel Jou Huwelik

Hoofstuk 16 Sleutels van die Koninkryk van die Hemel

Geestlike Oorlog

Neem elke gedagte gevangenne. Jou stryd sal gewen of verloor word in jou gedagtes. “Terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.” (2 Kor. 10:5–6). Moenie toelaat dat die vyand jou manipuleer nie. Wees versigtig waaroor jy dink. Neem jou gedagtes gevangenne!

https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/

Ek moet erken, ek het vir jare 'n probleem met my gedagtes gehad en telkemale is die stryd in my gedagtes verloor. Ek sou ure en ure spandeer om die sleg wat in my lewe gebeur het oor en oor in my kop te maal in plaas daarvan om net my gedagtes op die Here te rig. Vandag besef ek dat dit bygedra het tot my depressie en hoe ek so baie dinge in my lewe verkeerd handteer het, want as iets of iemand my onstel het, het ek dit so baie oordink dat as ek die persoon weer gesien het, was ek so opgewerk. En al my wat as vrae het in my gedagtes ontstaan, maar natuurlik is die Here se genade so groot en het Hy my nie net so laat staan nie en Hy was die een wat my wat as vrae in hoop in verander het. Luister asseblief na hierdie koffiekuier oor my wat as vrae wat verander is: https://youtu.be/yEbEttqb--c

Kosbare bruid ons het beheer oor ons gedagtes, ons moet net self beheer neem oor ons gedagtes. So gaan die stryd gewen word of verloor word in jou gedagtes?

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Herstel Jou Huwelik – Hoofstuk 16”

  1. ja liefste Janine wanneer ek dink aan iets wat ek nie aan wil dink nie vra ek die Here om dit weg te vat en om die vyand uit my gedagtes te haal.Want ek wil nie die gedagtes he van die vyand nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui