Herstel Jou Huwelik – Hoofstuk 16

Uittreksel uit die boek Herstel Jou Huwelik

Hoofstuk 16 - Sleutels van die Koninkryk van die Hemel

Die Krag Van Drie

Om jou maat op te tel. “Twee is beter as een, want hulle het ‘n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ‘n tweede is om hom op te tel.” (Pred. 4:9–10).

Hierdie is vir my so pragtige belofte, want ons is nie altyd op dieselfde tyd dalk swak nie en daarom kan ons mekaar optel en ek glo ek dat ons wonderlike Here vir ons mense stuur sodat ons mekaar kan help optel. Dit laat my nou dadelik dink toe Moses se vriende sy hande ophoog gehou het toe hy moeg geword het. "Moses se arms het naderhand begin moeg word. AĂ€ron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit. Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het." E17:12 En dit is presies wat by Uiteindelik Hoop gebeur, ons hou mekaar se hande omhoog en ek is so dankbaar dat ons wonderlike Here ons na RMI toe gelei het.

Stem saam. “Weer sĂȘ Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.” (Matt. 18:19). Wanneer jy sukkel om vrede te hĂȘ, kry iemand wat glo om saam met jou te bid.

Hierdie pragtige belofte het een van my gunsteling beloftes geword en ek het al soveel keer ervaar hoe die Here antwoord as ek my suster of vriendin vra om saam te stem, want "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart." H4:12

https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui