HERSTEL JOU HUWELIK-HOOFSTUK 13

Ek loof en prys ons wonderlike Here vir die hulpmiddels wat Hy beskikbaar stel deur RMI, alles ons wonderlike Here se werk. Jare gelede toe my aardse man my gelos het, was ek so gebreek en ek het nie sulke hulpmiddels gehad nie (maar bygesê ek weet ek was ongelooflik hardkoppig en natuurlik weet ons wonderlike Here presies hoe om ons reg te kry vir Sy doel) en ek het natuurlik alles verkeerd hanteer, maar in dieselfde asem weet ek ons wonderlike Here gebruik nou my baie foute om ander vrouens te waarsku dat hardkoppigheid beslis nie die antwoord is nie. Die antwoord is om totaal en al aan die Here oor te gee, want Hy is ons Hulp, Hy is ons Voorsiener, Hy is Alles wat ons nodig het.

Lees asseblief hierdie pragtige gebed uittreksel uit die Herstel jou Huwelik boek, Hoofstuk 13:

Niemand kan help soos U. Kom ons bid nou soos Asa gebid het in 2 Kronieke 14:11: “Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.”

Dis werklik net die Here wat alles kan verander. Vandag loof en prys ek ons wonderlike Here dat ek deur al die seer gegaan het en die Here my nie net so gelos het met my hardkoppigheid nie (en nog daagliks in my werk), want ek is die klei in die Pottebakker se hande. Asseblief moenie hardkoppig wees soos ek was nie, vetrou die Pottebakker, Hy weet wat Hy doen. J18:6

Lees asseblief hierdie stuk geneem uit ons Krisishoekie en dit is ook my hoop en gebed vir elke vrou wat hiernatoe kom:

Ek hoop en bid dat jy sal neem wat jy geleer het en sal soek om die “vrede wat alle vertand te bowe gaan” in die “middel van jou storm” te vind. Dit is die gedagte-ingesteldheid, hart-ingesteldheid en gees-ingesteldheid wat jy outomaties moet kan vind gedurende elke beproewing wat jy in die gesig staar. Slegs dan sal jy jou pad UIT die woestyn vind en deur die rivier beweeg en in jou Beloofde Land in.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui