Lees Valerie se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"Getroud met My Seun se Vader"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 13 “Wonderbaar Raadsman” 
 

“en Hy word genoem:
Wonderbaar, Raadsman,
Sterke God,
Ewige Vader, Vredevors.”

Jesaja 9:5

My eggenoot wil skei, wat moet ek maak?

Hoe kry ek iemand om my te verdedig?

Hoe kan ek myself beskerm, en veral my kinders?

Mense wat jou omstandighede ken, het dalk vir jou gesĂȘ dat jy ‘n goeie christellike prokureur moet kry om jou, jou kinders en besittings te verdedig. Dit kan dalk ‘n vriendin wees, ‘n sielkundige of selfs jou pastoor. Toe Dan van my wou skei het ek dieselfde advies van ander christene gekry—maar Prys die Here dit is wat my gedryf het om die ‘Wonderbaar, Raadsman’ te soek!” Hier is wat ek gekry het toe ek in die Bybel gesoek het vir wat God te sĂȘ het oor hierdie onderwerp

Ek het gevind dat Sy Woord belowe het om my te beskerm en te verdedig! Gevolglik het ek Hom gekies en gedoen wat Sy Woord vir my gesĂȘ het om te doen. Hy het meer mag gehad as enige skeihof omdat ek alleenlik in Hom gelgo het!

Ek het hierdie beginsels met talle ander gedeel. Elkeen van hulle het gevind dat hierdie beginsels hulle situasie omgekeer het en vreugde gebring het waar daar oorlog was.

Wie het die gedagte van die Here geken? “o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weĂ«! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?” (Rom. 11:33–34). Praat met die Here. Sit dan stil en luister vir Hom.

Wee die opstandige kinders. Egipte verteenwoordig die wĂȘreld. “ ‘Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel; wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.’ ” (Jes. 30:1–2).

Het jy beskerming in die hof sisteem gaan soek? Vertrou jy, jou prokureur meer as vir die Here? “
 Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.” (Jer. 17:5).

Na jou sal dit nie aankom nie. “En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed.” (Matt. 5:38–48). Gewoonlik is ons bekommerd dat ons eggenote nie na ons sal omsien nie en dat hulle te veel sal vat, wat eerder na ons (of ons kinders) toe moet kom. Indien jy optree asof hy die vyand is en baklei, sal hy terug baklei. Het hy dit nie in die verlede gedoen nie?

Baie deel “verskriklike stories” oor ander wat geskei het, sodat jy bang genoeg word en ‘n goeie prokureur soek. Onthou net, “Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand - na jou sal dit nie aankom nie.” (Ps. 91:7). Instede, “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” (Rom. 12:21). Vrywaar jou prokureur en vertrou op God alleen om jou te beskerm.

Durf om voor die onregverdiges en nie voor die heiliges te gaan reg soek. “Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?” (1 Kor. 6:1). Hierdie is ‘n baie ferm Bybelvers. Sal jy God uitdaag? Indien jy in die hof verskyn, dan staan jy “voor die onregverdiges.”

In meeste state breek jy nie die wet indien jy nie opdaag in die hof vir ‘n skeisaak nie. Jy verloor net deur afwesigheid. By sommige state moet jy teken om te sĂȘ dat jy afwesig gaan wees, en in ander (soos in die staat van Florida met die tyd van hierdie skrywe) hoef jy nie in die hof te verskyn nie en ook nie die papiere te teken nie.

Maak seker en moenie net iemand se woord daarvoor vat nie, veral as hulle vir jou vertel wat jy “moet” doen. Ek het hierdie vers te harte geneem toe ek my skei papiere gekry het. Ek het nie die papiere geteken nie en ook nie in die hof verskyn nie – en God het my verlos! Het ek ‘n prokureur gehad, of in the hof verskyn, sou ek nie God se Almagtige verlossing gesien het nie!

Ons sal engele oordeel. “Weet julle nie dat die heiliges die wĂȘreld sal oordeel nie? En as die wĂȘreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?” (1 Kor. 6:2–3). God is besig om ‘n bespotting van ons te maak, en vir ons te wys hoe nietig en onbelangrik die dinge van die wĂȘreld is in vergelyking met ons lewe saam met Hom.

Alledaagse regsake. “As julle dan alledaagse regsake het, moet julle diĂ© persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word. Ek sĂȘ dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?” (1 Kor. 6:4,5). Die Howe van vandag volg nie die Bybel se leringe nie, soos hulle gedoen het in die ou dae nie. Gevolglik, het ons uitsprake en laste wat op ons geplaas word, wat nie van God afkomstig is nie. Indien jy die hof kies om jou te help, sal jy hulle vonnis bo God se beskerming en voorsiening plaas.

Voor ongelowiges. “Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?” (1 Kor. 6:6). Toe die kerk begin het om die Bybelse leringe te ignoreer, het hulle begin om die kerk se tugting ook te ignoreer.

Ek het nog nooit gehoor van ‘n man wat van sy sondes weggedraai het nadat hy deur die kerk gekonfronteer was nie. Sommiges is vir ‘n kort tydperk verander, maar in alle gevalle het hulle terug gekeer na die ander vrou toe! Moet asseblief nie vir jou pastoor vra om met jou man te praat nie. Laat God toe om jou eggenoot se hart sag te maak en terug te lei na jou toe.

Wees eerder berowe en onreg aangedoen. “Dan is dit al werklik 'n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie? Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.” (1 Kor. 6:7–8). God sĂȘ dit is beter as jy toelaat dat iemand jou berowe of onreg aandoen.

Meeste vrouens waarmee ek gesels, wat besig is om te skei, is so vas gevang in wat hulle daaruit sal kry, hoeveel geld of watter besittings hulle gaan kry. Indien jy nie toelaat dat jy liewer berowe word nie, sal jou eggenoot op die ou end baie bitter en kwaad wees. Indien jy nie toelaat dat jy met jou rug na die Rooi See staan nie, sal jy nooit die mag van God se verlossing sien nie! Onthou dat die “
sorg van hierdie wĂȘreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar!” (Matt. 13:22).

Ons word vertel dat Demas vir Saulus verlaat het omdat die sorge van die wĂȘreld die Woord verstik het. Die volgende vers vertel vir ons hoe
 “En by wie in die dorings gesaai is--dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wĂȘreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.” (Matt. 13:22). Die Bybel sĂȘ spesifiek dat dit as gevolg van “sorge” en “rykdom” was.” Moenie daaroor bekommer of vas gevang word in rykdom of besittings nie.

Vertrou dat God vir jou voorsienning sal maak al sĂȘ die skei papiere iets anders. Baie het al geval in hulle geloof omdat die Woord verstik was.

My skei papiere het gesĂȘ dat ek nie naastenby genoeg sou kry om vir my vier klein kindertjies en myself te sorg nie. Maar God het my eggenoot se hart sag gemaak omdat ek op Hom vertrou het. Ek hoef nie eers vir meer te gevra het of vir hom vertel het dat ons nie genoeg geld gehad het nie. God het dit in my eggenoot se hart gesit om al ons skuld te betaal tot die dag toe hy huistoe gekom het!

‘n Gebrek onder julle. “Dan is dit al werklik 'n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?” (1 Kor. 6:7). Hier is jou antwoord: indien jy hof toe gaan met jou eggenoot is dit klaar ‘n vernietiging vir jou. Jy sal dalk al die geld en besittings kry, maar jy sal jou eggenoot verloor!

Niemand sal die Here sien nie. “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.” (Heb. 12:14–15). Indien jy wil optree soos Christus opgetree het (Jesus was heeltemal onskuldig) onthou, dit was Hy “
wie se mond geen bedrog gevind is nie.” (1 Pet. 2:22). God kan begin om in jou eggenoot se lewe te werk omdat jou saadtjies van die lewe plant en nie langer toelaat dat satan sy verwoesting saai nie (sien 1 Pet. 3:1).

Ons wil hĂȘ dat ons eggenote Jesus in ons moet sien. Ons onderdruk die Heilige Gees wanneer ons die dinge doen wat “ons wil” doen inplaas daarvan dat ons doen wat ons “moet doen.” Doen dit op God se manier!

Verwyder word. “Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.” (Efe. 4:31). Indien jy ‘n prokureur het, sal lastering en boosheid plaasvind. Dit is waaroor skei gaan. Dit moet van julle verwyder word. Dit maak nie saak of jy ‘n christellike prokureur het of nie—“
die mens se hulp is vergeefse moeite!” (Ps. 108:13).

Die mens se hulp is vergeefse moeite. “Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite.” (Ps. 108:12–13). Ek het al talle verhale gehoor van mense wat vergeefs hulself probeer red het, en al het die hof ‘n beslissing gemaak oor geld en beskerming, kon die hof dit nie regkry dat hulle eggenote die geld betaal or hulle red van fisiese aanranding nie!

Daar was al baie stories op die televisie van mense wat nie onderhoud betaal nie. Jy het al gehoor van mans wat hulle vrouens fisies aanrand om wraak te neem—en die polisie kan hulle nie help nie! Jy moet toelaat dat God jou eggenoot se hart lei (Spr. 21:1).

Jou eggenoot het nie ‘n strenger straf nodig nie, maar ‘n sagte hart vir jou en jou kinders. Jy het Sy belofte: “As die HERE behae het in die weĂ« van 'n man [jou weĂ«], dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.” (Spr. 16:7).

By die Here te skuil. “Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.” Ps. 118:8. ‘n Prokureur is geen plaasvervanger vir God nie. Kan ‘n Christen beide ‘n prokureur en God se beskerming hĂȘ, of is hulle in opposisie met mekaar? “Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. GeseĂ«nd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.” (Jer. 17:5–8).

Ons het al in ‘n skeisaak gevind dat jy of geseĂ«n of vervloek kan wees deur op God te vertrou of deur wat jy en jou prokureur doen. Jy moet die besluit neem. Ek het besluit dat ek regtig sou verloor as ek teen Dan sou baklei. Ek sou dalk meer geld gewen het, maar dank God my Vader, dat Hy vir my gelei het om my huwelik met Dan te restoreer! Gevolglik het ek besluit om AL my vertroue in die Here te sit en Hy het my verlos omdat ek volle vertroue op Hom gehad het!

Laat staan. “Laat staan en weet dat Ek God is.” (Ps. 46: 8–10). Sit dit in die Here se hande. Hou op om daaroor te bekommer; hou op om dit met almal te bespreek. Wees stil! Indien jou eggenoot alreeds met ‘n skeisaak begin het, en jy nederig is en besluit het om jou sondes te bely, dan moet jy die volgende stappe neem:

Tot vrede geroep. Vertel jou eggenoot dat jy nie wil skei nie, maar dat jy nie in sy pad sal staan (Ps. 1:1) en dat jy ook nie in die hof sal baklei nie. Vertel hom dat jy hom nie “blammeer” vir die feit dat hy van jou wil skei nie. Vertel hom dat jy nogsteeds lief is vir hom (indien die “muur van haat” afgebreuk is), maak nie saak watter keuse hy maak nie. “En sy hart is julle veral toegeneĂ« as hy hom die gehoorsaamheid van julle almal herinner, hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het.

Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.” (1 Kor. 7:15).

Gevlei van ‘n vreemde tong. Weereens, maak seker dat jy vir jou eggenoot vertel dat jy nie teen hom in die hof sal baklei nie en dat jy nie ‘n prokureur sal kry om jou te verdedig nie. Indien jy ‘n prokureur het, dat jy hom sal vrywaar. Vertel jou eggenoot dat jy hom vertrou en weet dat hy regverdig sal wees, en dat hy sal doen wat reg is teenoor jou en jou kinders. Die enigste manier om die oorlog te wen is deur welwillendheid en deur te weier om te baklei! “
vir die gevlei van 'n vreemde tong.” (Spr. 6:24).

Ek haat egskeiding. Vertel jou eggenoot dat jy in die verlede baie foute gemaak het en dat jy nie meer foute wil maak nie. SĂȘ vir hom, jy hoop dat hy jou sal toelaat om eerder nie die egskeidings papiere te teken nie. Ek het vir my man vertel dat omdat ons in ‘n sekere staat woon, die skeisaak deur sou gaan sonder dat ek hof toe moes gaan of die papiere moes teken. Soek nou die Here om uit te vind wat jy vir jou eggenoot moet sĂȘ en te hoor hoe Hy jou wil verlos. Onthou, die Here sĂȘ, “Ek haat egskeiding.” As jou eggenoot aandring daarop dat jy moet teken, stem saam met hom en bid dan vir die Here om sy hart te lei sodat jy nie hoef te teken nie. Indien jy nie dieselfde vrou is nie en jy wys dat jy nederig is, en ‘n stille gees het, sal hy nie aanhou om daarop aan te dring nie. Moenie met voorstelle voorendaag kom om jou eggenoot gelukkig te hou nie; dit is vir die Here onaangenaam. Soek die Here! (Sien hoofstuk 8, “Wives, Be Subject” onder die opskrif “Sarah’s Obedience: Submission unto Sin?” in “A Wise Woman”.)

Niks is onmoontlik. Hoewel, indien jy ‘n deelname gehad het aan die skeisaak, is alles nie verlore nie. Vra vergifnis van die Here en vra dan ook vir jou eggenoot om jou te vergewe. Demonstreer jou begeerte om jou huwelik te herstel deur jou prokureur te vrywaar en op God te vertrou. God sal onmidellik begin om te genees: “By God is alle dinge moontlik.” (Matt 19:26).

Weereens, as jy ‘n prokureur aangestel het om jou te verdedig, vrywaar hom onmiddellik indien jy wil hĂȘ dat die Beste jou moet verdedig. Bid dan, “Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.” (2 Kron. 14:11).

Erger om te oortuig. Indien jy alreeds deur ‘n egskeiding is, is bitterheid, wrok en woede sekerlik wat jou eggenoot nou teenoor jou voel. Bid dat God jou sondes sal vergewe en die slegte beeld wat hy van jou het sal uitwis (Ps. 9:5) en vervang met goeie gedagtes en beeld. Bid harder en wees vriendeliker (weereens, vriendelikheid en gaafdheid vermeerder oorredingskrag) by elke geleentheid wat jy met jou eggenoot mag hĂȘ om hom terug te wen. Onthou, “’n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.” (Spr. 18:19). (Sien hoofstuk 8, “Sonder Woorde.”)

Dan sou ek dit kon dra. God verstaan wel wat jy deurmaak. Lees Psalm 55; Hy praat direk met jou. Begin by vers 6, “Toe het ek gesĂȘ: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly! Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela. Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.” Verse 12–14: “Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek; maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!”

Steel, slag en verwoes. Indien jy “weg gevlieg het” gaan terug huistoe. Satan is in sy glorie omdat hy weereens dit reg gekry het om te steel en verwoes! Vat terug die grond wat hy van jou gesteel het; hy is ‘n dief! “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hĂȘ.” (Joh. 10:10). Gee vir God die oorwinning en die getuigskrif deur die situasie om te draai vir Sy glorie! Instede daarvan dat jy, “jou kruis” (jou gebrokkelde huwelik) weggooi, tel dit weer op en volg Hom!

Elke dag jou kruis opneem. “En Hy sĂȘ vir almal: ‘As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloĂ«n en sy kruis elke dag opneem en My volg.’” (Luk. 9:23). Wees seker dat jou kruis nie swaarder is as wat dit veronderstel is om te wees nie; gooi weg al die bitterheid en onvergifnis. Dit is ‘n swaar gewig om te dra en jy sal dit nie aanhoudend kan dra nie. Jy sal dalk nou nie eers jou kruis kan oplig om Hom te volg nie.

Raak ontslae van die “werke van die vlees.” Die vlees sal jou moeg maak en jou aftakel. Laat staan en laat God jou restoreer. Gebruik hierdie tydperk om verlief te raak op die Here! Indien u kruis voel of dit te swaar is om te dra, is daar laste op jou kruis wat jy daar gesit het. Hy lieg nooit nie en Hy het belowe dat Hy vir jou nie meer sou gee as wat jy kan dra nie!

Niemand kan help soos U. Kom ons bid nou soos Asa gebid het in 2 Kronieke 14:11: “Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.”

Hier onder is ‘n paar kort getuienisse (of Vrugte van die Woord) van die wat die wĂȘreld se weg gevolg het en ander wat God se weg gevolg het:

Getuienis: ‘n Vrou wat na ons klas gekom het vir die eerste keer, het besluit dat sy die “bewyse” van haar man se egbreuk na haar prokureur toe sou vat. Die prokureur het gesĂȘ dat as sy die bewyse na hom toe bring, dat hy vir haar meer geld sou kry. Die les daardie aand was “Wonderbaar, Raadsman.” Sonder om ‘n woord te sĂȘ in die klas, het sy huistoe gegaan en die hele boks vol bewyse in die asblik gegooi. Van toe af, het haar eggenoot aangehou om haar skuld te betaal, al het hy met ‘n ander vrou getrou. Sy bid nogsteeds en vertrou op die Here.

Getuienis: ‘n Jong vrou het God geglo toe sy in die Bybel gelees het dat, “Hy ons Voorsiener is.” Wanneer sy haar egskeidingsbrief gelees het, waarin gestaan het dat sy skaars genoeg geld sou hĂȘ om haar huur te betaal vir haarself en haar kinders, het sy besluit om vir God te vertrou. Sy het opgetree in geloof. Sy het haar eggenoot vertel dat sy hom vertrou en dat sy seker was dat hy vir hulle sou aanhou sorg soos hy gedoen het in die verlede. Hy het aangehou om alle skuld te betaal en het ook af en toe vir haar geld gegee uit die ander vrou se spaar rekening! Die ander vrou en die prokureur het probeer om bedrog te pleeg deur die skei papiere te vervals maar hulle kon dit nie reg kry nie. God het haar eggenoot se hart gelei. Die egskeiding het deur gegaan, maar kort daarna, het hulle weer getrou.

Getuienis: ‘n Vrou het ons gekontak nadat haar man haar gedagvaar het om te skei. Sy was in trane. Sy het vertel dat sy ook ‘n vriendin het wat ook van haar man wou skei. Sy het gesĂȘ dat sy jammer was oor sy nie met haar vriendin gedeel het oor haar eie verbrokkelde huwelik en dat sy op God vertrou om haar te help nie.

‘n Paar weke later het sy die skokkende nuus gehoor: Haar vriendin se eggenoot het probeer om sy vrou dood te maak voordat hy haar sou laat gaan. Maar hy het in ‘n vuur beland en is dood en hulle hele huis het afgebrand.

Getuienis: ‘n Ouerige dame het na Restore Ministries toe gekom nadat haar skeisaak finaal was (haar vriendin het haar vir maande lank gesmeek om te kom!). Sy het die ander sy van skei met ons gedeel, sy het in die hof geveg om te kry wat sy wou hĂȘ. Sy het alles gekry wat sy wou gehad het: die huis, ‘n nuwe kar en onderhoud. Maar haar gewese man wou niks met haar te doen hĂȘ nie. Hy was baie verbitterd oor die geld wat hy aan haar en haar prokureur moes betaal.

Getuienis: ‘n Vrou het na ‘n bid groep gekom (nie Restore Ministries nie) en gevra dat hulle vir haar skeisaak bid. Hulle het gebid dat die Regter goed sou sorg vir haar en vir haar kinders. God het hulle gebede gehoor en die hof het vir haar baie geld gegee. Na ‘n paar maande het sy weer vir gebed gevra, aangesien haar gewese eggenoot nog nie ‘n sent aan haar betaal het nie! Weereens het hulle gebid dat die hof ferm sou wees met haar gewese eggenoot. Die hofbeslissing was weereens in haar guns.

Weke later het sy haar gebeds groep gevra om te bid dat die polisie haar eggenoot sal “kry” en hom terug bring! Hy het land uit gevlug om te verhoed dat hy betaal. Op die stadium het die polisie hom in die tronk gegooi. Die bid groep het nie op God vertrou vir haar beskerming nie, of vir die leiding van haar eggenoot se hart nie. “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” (Fil. 4:19). Net God se weg sal “oorwinning” bring.

Moenie die wĂȘreld se weg volg nie; vertrou op die Here. Ek belowe dat Hy jou nooit in die steek sal laat nie. Net as jy in die vlees staat maak om jou te beskerm, sal dinge verkeerd loop. Nogtans, dit kos baie om saam met God deur die vuur te loop sodat jy oorwinning bereik. Hy wag vir jou. Sal jy, jou kruis optel en Hom volg?

Hoeveel geloof het jy? Het jy genoeg geloof om die stap te neem om God toe te laat om vir jou te veg, sonder ‘n prokureur? My geliefde sister in Christus, vrywaar jou prokureur, en vat die hand van Jesus.

Persoonlike verbintenis: om op God alleen te vertrou. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek my om op God te vertrou om die oorlog vir my te veg. Ek sal my prokureur vrywaar (indien ek een het) en ek sal nie in die hof verskyn nie (tensy dit nie anders kan nie).”

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui