Fantasties Om Te Sien Hoe Hy Werk en Voorsien

♕Belofte van vandag: "Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.” 2 Kronieke 20:17

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Nou hier aan die einde van 2021 kan ek net terugkyk en sê, sjoe wat 'n jaar. Dit was defnitief nie een van die maklikste jare in terme van beproewings nie😂

Maar God ❤️ Hy is so wonderlik en weereens as ek terugkyk kan ek Sy hand oor my en my kinders sien. Die foute wat ek gemaak het en hoe Hy ook in die foute dinge ten goede laat uitwerk het, my opgetel het, afgestof het en my hand gevat het om verder te loop!

Ten spyte van alles wat my voormalige man ophou betaal het, ten spyte van alles, Hy het gesorg!! Ons het nooit gebrek gehad nie, ja party dae was daar nie geld nie, maar my vrieskas was altyd vol. Familie het altyd hier aangekom met vleis of eiers of groente... sonder dat ek daarvoor vra. Dit was net fantasties om te sien hoe Hy werk en hoe Hy voorsien 🙌

Hy hou net aan om my te seën en ten spyte van hierdie nuwe beproewing, my kinders gaan volgende jaar by hul pa en die ander vrou bly, het Hy my op 'n plek waar ek net stil kan wees en stilbly...wel dit is net Hy want al borrel die begeerte op om iets te sê of te vra, Hy keer my, want uit my eie krag kan ek nie stilbly nie😂

Sy tydsberekening is ook perfek, want vroeër die jaar het Hy die begeerte in my hart gesit om die boek, Staar Egskeiding in die Gesig, Weer, in AFR te vertaal. Hy moes geweet het dat ek die beginsels gaan nodig hê, al is ek lankal geskei, want met hierdie saak wat teen my kom ivm my kinders, kan ek net stil wees en wag. Wag en kyk en vashou aan die verse uit Hoofstuk 7 “Verskrikking Vrees” Deel 1: 2 Korintiërs 20:6-25. Hy sal vir my baklei, en ek moet Hom nou al loof en prys vir wat net Hy gaan ek kan doen!

En ten spyte van alles, sien ek uit na 2022, met Hom by my, weet ek dit gaan 'n wonderlike jaar wees!

"Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.” 2 Kronieke 20:17

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Staar Egskeiding In Die Gesig - Weer is as 'n aanlyn kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!