EWIGE VREUGDE IS OP MY HOOF

...en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg. J35:10

Mediteer jy op die woord van God. Ek deel met julle 'n vers waarop ek begin mediteer het toe die Here my gelei het om Sy woord in my lewe te begin inspreek. Hierdie is vir my so spesiale vers want alhoewel dit toe nog nie in my hart ingesink het toe ek die eerste keer daarop gemediteer het nie, is dit vandag deel van my lewe want ek leef vandag die vers, want ewige vreugde is op my hoof, vreugde en blydskap het ek verkry in Hom en kommer en gesug het weggevlug want Hy vat al my bekommernisse weg en ek weet en glo met my hele hart dat my Hemelse Man in beheer is van my lewe en my heel beste belange op die Hart dra en elke de laaste ding in my lewe onder beheer het.

Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. S18:21

Spreek God se woord (want Sy woord is vol beloftes) in jou lewe in en jy sal ook die vrug van daardie wonderlike beloftes eet.

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui