Ek moes Hom net eenvoudig vra 💞

“Ek sê vir julle: Bid, en julle sal ontvang; soek, en jy sal vind; klop, en die deur sal vir jou oopgemaak word. Want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, vind; en vir elkeen wat klop sal die deur oopgemaak word.” Luk 11:9-10

Hallo Julle 😊

Afrikaans is nie my eerste taal maar ek wil my prys saam met julle kom deel 🙌

My moeder is hier, sy het saam met my familie kom bly 😊 Sy het voorheens in ‘n ander dorp gebly saam met my ongetroude jonger broer en my niggie. My broer het my gevra of my ma kan kom bly omdat hy voel hy het nooit op sy eie gebly en op sy eie twee voete staan.

Sjoe!! Ek het deur baie veranderings gegaan… Veral in my finansies.. Toe vra ek die Here.. “My Hemelse Lief hoe gaan ons ook bekostig om na my ma ook finansieel te sorg?” Sy is n pensioenaris…

Ek moes tyd wat om alleen saam met Hom te deel en te vas en ook op sy woord te staan en myself te herinner oor sy beloftes 🙏

Hy het my soveel vrede gegee toe ek twyfel 🙌 en my herinner dat Hy sal elke behoefte voorsien volgens sy rykdom 🙌

Ek moes Hom net eenvoudig vra 💞

Julle ek wil net se dat ek in die proses is van n besigheid op te stel vir n inkomste en ek weet niks…

Ek is baie afhanklik op die Here om my te ly en te help en wysheid te gee🙏

Ek weet Hy is vertroubaar omdat ek nou lank saam met Hom loop. Ek sal terugkom en meer saam met julle deel omdat ek weet dat ek nog baie meer prys saam met julle sal deel. Verskoon tog my Afrikaans 😂

Dit is n goeie manier vir my om te leer 😊

Mag Hy julle seën en Sy oorvloeiende lief op julle reen 💖

Filip 4:19 “Maar my God sal in al julle behoeftes voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Ek moes Hom net eenvoudig vra 💞”

  1. Kosbare Atarah, dankie vir hierdie pragtige lofprysing, dit is so lekker om ‘n lofprysing van jou te sien. Jou Afrikaans is pragtig!

    Ek glo absoluut dat niks pertoeval gebeur nie en vanoggend het my wonderlike Liefling weer met my gepraat deur jou lofprysing, want ek gaan oor ‘n maand saam met my ouers bly en net gister het ek gesê ek voel so iewat onseker oor die toekoms, maar dat ek ‘n kans nou kry om die Here te vertrou en na jou skrywe, besef ek daar is nog baie wat ek moet leer en dit gaan ook gebeur terwyl ek weer saam my ouers bly.

    Ek sien uit na jou volgende lofprysing.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui