DIE HERE KEN MY

Ek dink aan myself as 'n stadige leerder en al moet ek dit nou self erken, maar as ek iets gesnap het, het ek dit gesnap en vandag wil ek my Hemelse Man al die lof en eer gee dat Hy presies weet wat die beste vir my is.

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! P139:1317
En hoe dan anders, want God het my gevorm in my moeder se skoot.

Toe ek by RMI begin het, het ek begin met proeflesing en ek het onder Adina se leiding gewerk en daarvoor wil ek ons wonderlike Here voor prys, want sy het my so mooi geleer met soveel geduld en leer my nou nog so mooi en ek weet dis al die Here se werk, want Hy ken my persoonlikheid en alles omtrent my, soos wat ek nie self eers kan ken nie. Dankie my Hemelse Man!!! En dan moet ek by sê deur RMI leer ek om eerste na die Here toe te hardloop en Hy sal besluit watse hulp Hy vir ons stuur, Hy het werklik als onder beheer en weet die beste!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui