Die Here is die Een

Uittreksel uit Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 7 ”Hunker na Wie?"

Wanneer ons, as gelowiges, die soort vreugde uitbeeld wat Hy alleen vir ons sal gee, wat volg deur die verbintenis en getrouheid om net die Here alleenlik te wil hê, sal ons in staat wees om ‘n lewe te lei en ‘n gesig te vertoon wat gloei soos ‘n baken in ‘n ewige donker wêreld. Dit is hierdie soort lewe, wat elke vrou wat leef in voortdurende en eindelose storms in hul lewens, sal aantrek om dit te wil hê en te hunker na wat ons besit, Sy liefde.

In plaas daarvan moet ons meer van God najaag en om meer intiem te word met ons geliefde Man. Om Hom toe te laat om alles vir ons te wees: Voorsiener, Minnaar, Vriend, Vertrooster en Beskermer. Dit beteken om weg te beweeg van wat ons sien, tot die vlak van geloof waar ons in die Gees lewe. Want ‘n vrou wat kies om hierdie vir haar lewe na te jaag, sal haar pyn vir vreugde verruil en dit sal haar immuun hou teen die siektes, boosheid en laste van hierdie wêreld.

Hoe het ek van hierdie obsessie laat gaan? Dit was eenvoudig deur meer intiem te word met die Een wat daar reg by my was, my aangelok het en sagmoedig met my gepraat het—net soos Hy aanloklik en sagmoedig met jou praat! Daar is geen formule vir intimiteit nie. Net soos alles, is dit iets waarvoor jy Hom moet VRA. Vir my, ek het eenvoudig vir die Here gesê dat ek nader, nader as enige mens wat op die aarde geloop het, wou wees…maar ek het nie geweet hoe nie en ek het Hom gevra om dit te doen. As ‘n resultaat van eenvoudig vra, gaan ek elke dag voort om meer en meer verlief te raak op die Minnaar van my siel. Ek kan elke dag sien hoe Hy nie net in my behoeftes voorsien nie, maar ook in die begeertes van my hart!

~~~~~~

Toe ek die les geleer het van Hunker na Wie, het ek besef dat ek net na die Here my HM moet hunker. Hom eerste moet soek in alles. En dat die Here eerste moet wees in my lewe. Die Here is werklik alles wat ek wil hê en ek is dankbaar die Here is so geduldig met my en dat Hy my met Sy liefde vul.

Hier is n paar beloftes.

Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees,en wil Hy hom oor julle ontferm: Die HERE is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou—Jesaja 30:18

Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer—Psalm 37:4

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Die Here is die Een”

  1. Dankie dat jy deel wat jy uit hierdie les geleer het kosbare Kristy, ek het gesien as ek in my eie lewe net na die Here hunker is ek gevul met soveel vrede en vreugde en sodra mens na iemand of iets anders hunker, is dit dan wat ons nie vrede en vreugde het wat alle verstand te bowe gaan nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui