Die Here Alleen!

Vandag, 2 jaar terug, het die Here my hart werklik vir die 1ste keer aangeraak.

Die Here het my genees van 'n verslawing wat ek nie op my eie sou kon doen nie. Daardie tyd het ek dit nog nie besef nie maar die Here het geweet wat vir my voorlê en as ek dit aangehou doen het, sou ek in die afgrond beland het! Ek sou die Here nie gevind het en hierdie beproewinge nie kon deurmaak nie.

Vandag kom ek met soveel dankbaarheid in my hart teenoor die Here ... sommer net vir alles! Ek loof en prys die Here!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Die Here Alleen!”

  1. Dankie dat jy hierdie pragtige lofprysing met ons deel kosbare Betty, ek is saam met jou dankbaar vir die Here se verlossing.

    Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen. T2:14 https://www.bible.com/af/bible/6/tit.2.14

    Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God. E1:7 https://www.bible.com/af/bible/6/EPH.1.7.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui