🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruide ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. “Want Ek maak julle bymekaar uit al die nasies en bring julle huis toe na julle eie land toe. Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ‘n nuwe hart met die regte begeertes en ‘n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ‘n nuwe, gehoorsame hart. En ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel” Esegiel 36:24-27 https://www.bible.com/af/bible/6/EZK.36.24-27.AFR83

    1. Sjoe dankie Betty, hierdie is een van my gunsteling verse en een van die eerste verse wat my HM vir my gegee het toe my reis begin het. En toevallig het ek hierdie vers gisteraand ook gekry 💞

  2. ‘En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met ‘n nuwe naam genoem word wat die mond van die Here sal noem. En jy sal ‘n sierlike kroon wees in die hand van die Here en ‘n koninklike tulband in die hand van jou God. Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees. ‘

    JESAJA 62:2-4
    https://my.bible.com/bible/5/ISA.62.2-4

  3. Dear brides, one of my favorite from last days😍

    Submit to God and be at peace with him; in this way prosperity will come to you. Accept instruction from his mouth
    and lay up his words in your heart. If you return to the Almighty, you will be restored: If you remove wickedness far from your tent and assign your nuggets to the dust, Job 22:21-23 https://www.bible.com/nl/bible/111/JOB.22.21.NIV
    ~~~~~~~~

    Liewe bruide, een van my gunstelinge die laaste paar dae😍

    Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê. Laat Hy jou leer en neem sy woorde ter harte. As jy terugkom na die Almagtige toe, sal jy herstel word. As jy die kwaad ver van jou woonplek af hou. J22:21-23 https://www.bible.com/af/bible/6/JOB.22.21-23.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui