Sê DANKIE

Sluit elke Sondag hier by my aan vir Dankbaarheidsterapie.

Psalm 50:23
Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.

Ek het altyd so vasgekyk teen my eie seer en daardeur het ek oor niks dankbaar gevoel nie, maar daar is altyd iets om voor dankbaar te wees. Liefste bruid moenie dieselfde fout as ek maak nie en daarom lê ek so baie klem op dankbaarheid.

Ek het al 'n paar keer oor die DANKBAARHEIDSTERAPIE gepraat en watse uitwerking dit op my gemoed het en nee ons moenie net op Sondae dankbaar wees nie, ons moet dit deel van ons daaglikse lewe maak. Kom ons begin saam op Sondae, swart op wit, 7 dinge te noem waaroor ons dankbaar is en so is ons gereed om ons week elke oggend so te begin.

💞 Dankie my Lieflike Wonderlike Hemelse Man ek is ongelooflik dankbaar vir 💞
💗 U liefde en leiding.
💗 My seuns.
💗 My ouers.
💗 My suster, haar man en hulle 2 dogters en kleinkind.
💗 Genesing.
💗 'n Blyplek.
💗 RMI bediening en hierdie blog wat my lewe in so baie opsigte aanraak.

Foto.1

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Sê DANKIE”

  1. Dankie Janine, en hier is my lysie:

    Ek wil vir Hom dankie se vir:
    💗 Sy ongelooflike liefde vir my ten spyte van my foute
    💗 Sy voorsiening al verdien ek niks en Hy verdien alles
    💗 My kinders
    💗 Vrede en vreugde wat binne ons bereik is ten spyte van ons omstandighede
    💗 Sy ongelooflike genade
    💗 Wonderlike vriendinne
    💗 Familie
    💗 My boetie en sy redding
    💗 Huis / kos/ klere / bed ens ens ens
    💗 Gesondheid

    En ek kan aangaan…

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui