Die Here Stuur ‘n Koel Briesie en Reën

Ek is in verwondering oor wat ons Liewe Here doen!!!

Die laaste tyd het ons weer 'n hittegolf beleef en daarom het ek my Liefling Here gevra vir koue en reën oor die feestyd.

Vra, en vir julle sal gegee word... M7:7

Maar God hét geluister, Hy hét my gebed verhoor! P66:19

En gister oggend toe ek wakker word was daar lekker koel briesie met reën, dit het die grootste glimlag om my gesig gelos, want dit maak werklik vir ons kosbare Here saak wat ons vra. Ek is so dankbaar dat ek die Here as my Hemelse Man het, Sy liefde vir ons is werklik ewigdurend.

Liewe kosbare bruid, lees hierdie pragtige belofte: nog voor ons roep sal Hy antwoord, WOW, want dis Wie die Here is, Hy kyk diep binne ons harte en alles omtrent ons maak vir Hom saak.

Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor. J65:24 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Die Here Stuur ‘n Koel Briesie en Reën”

  1. Wow! Hoe wonderlik is ons Here nie. Ek is so dankbaar vir die reën, en ek is so dankbaar teenoor die Here dat elke klein ding vir Hom saak maak, dankie vir die pragtige belofte wat jy gedeel het liefste Janine! Dis so lekker om te weet nog voor ons roep sal Hy antwoord.

    1. Dis ‘n pragtige belofte ne kosbare Mila, so ons kosbare Here kyk in ons harte en antwoord voor ons roep, wow.

  2. Ja liefste Janine die Here ons geseen met reen die kersfees na die hittegolf wat ons gehad het. Die Here se liefde is so wonderlike

  3. Dankie liefste Janine, ek het ook hard gebid vir reen oor Kersfees want die hittegolf het regtig ondraaglik geraak. Sondag en gister kon ek net in verwondering staan oor my beantwoorde gebed!! Dit was so wonderlik om op die stoep te sit en na die reen te kyk en die koel briesie te voel!!!

    1. Ek het die reën so geniet kosbare Adina en dit laat my nou dink onbewustelik het ons saamgestem oor reën, wow die Here antwoord werklik.

      Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” M18:19-20 https://www.bible.com/af/bible/6/MAT.18.19-20.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui