Dag 17: Psalms en Spreuke

1983 Vertaling

Psalm 17

Gebed van 'n onskuldig vervolgde
1'n Gebed van Dawid.
Luister tog, Here, na my regverdige saak,
let op my hulpgeroep.
Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid.
2U sal uitspraak lewer in my guns:
u oë sien immers self wat reg is.
3As U my sou toets,
my selfs in my slaap sou ondersoek,
my deeglik sou keur,
sou U niks verkeerds vind nie.
4Oor die doen en late van mense
het ek niks verkeerds gesĂȘ nie:
ek het my aan u bevel gehou.
5Elke stap van my was vas
op die koers wat U aangewys het.
My voete het nie daarvan afgewyk nie.
6Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God!
Luister tog na my en hoor wat ek sĂȘ.
7Toon u wonderlike trou,
U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.
8Beskerm my soos die appel van u oog,
steek my weg in die skaduwee van u vleuels
9vir die goddeloses wat my wil oorweldig,
die doodsvyande wat my omsingel.
10Sonder enige meegevoel,
met monde wat aanmatigende dinge sĂȘ,
omsingel hulle my 11waar ek ook gaan.
Hulle soek my ondergang.
12Hulle is soos leeus, oorgehaal om te verskeur,
soos jong leeus wat iets voorlĂȘ.
13Kom tog, Here, staan hulle voor,
dwing hulle op die knieë.
Red my met u swaard uit die mag van die goddeloses,
14met u eie hand, Here, van hierdie mense.
Laat hulle ontydig omkom, sny hulle lewens af;
laat hulle hulle vol eet aan die onheil
wat U vir hulle gereed hou;
laat daar oorgenoeg wees vir hulle kinders
en laat daar nog oorbly vir die kindskinders.
15Maar wat my betref,
omdat die reg aan my kant is, sal ek weer voor U staan.
As ek wakker word, sal ek my verbly in u teenwoordigheid.

Psalm 47

God is bo almal verhewe
1Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2Al julle volke, klap julle hande;
juig tot eer van God met 'n jubelende stem,
3want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe;
Hy is die Groot Koning oor die hele aarde:
4Hy het volke aan ons onderwerp
en nasies aan ons onderhorig gemaak;
5Hy het ons besitting vir ons uitgekies,
die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet.Sela
6God gaan op na sy tempel toe onder gejubel,
die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.
7Prys God, prys Hom met psalms,
prys ons Koning, prys Hom met psalms!
8God is koning oor die hele aarde;
sing vir Hom 'n lied.
9God is koning oor die nasies,
God is op sy heilige troon.
10Die leiers uit elke volk sal hulle verenig met die volk van die God van Abraham.
Die heersers van die aarde is onderworpe aan God,
Hy is bo almal verhewe.

Psalm 77

Sal die Here vir altyd verstoot?
 
1Vir die koorleier. Ter herinnering. Van Asaf. 'n Psalm.
2Ek roep na God om hulp,
ek roep na God, want Hy sal my hoor.
3In my nood soek ek hulp by die Here;
ook in die nag bly my hande in gebed uitgestrek
sonder om moeg te word;
maar ek vind geen troos nie.
4Ek dink aan God en ek sug,
ek dink na en ek is verslae.Sela
5U laat my wakker lĂȘ,
ontsteld en sprakeloos.
6Ek dink aan vroeër dae,
aan jare lank gelede.
7As ek so in die nag lĂȘ en terugdink
en peins, vra ek my af:
8“Sal die Here vir altyd verstoot
en nooit weer genade betoon nie?
9Het daar vir altyd 'n einde gekom aan sy trou?
Geld sy beloftes dan glad nie meer nie?
10Het God vergeet om medelye te hĂȘ?
Het Hy in sy toorn
sy ontferming onttrek?”Sela
11En ek sĂȘ:
“My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.”
12Ek wil dink aan die dade van die Here,
ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.
13Ek wil nadink oor al u werk
en oor al u dade peins.
14Alles wat U doen, is heilig, o God.
Waar is 'n god so groot soos God?
15U is die God wat wonderdade doen;
U het u mag onder die volke geopenbaar.
16U het u volk deur u krag gered,
die kinders van Jakob en Josef.Sela
17Toe die waters U sien, o God,
toe die waters U sien, het hulle gebewe,
die diep waters het gesidder.
18Die wolke het water uitgegiet,
uit die donderwolke het dit gedreun,
u weerligte het in alle rigtings geblits.
19U donderslae het die lugruim gevul,
weerligstrale het die wĂȘreld verlig,
die aarde het geskud en gebewe.
20U het deur die see gekom,
u weg deur magtige waters gebaan.
Niemand het u spoor gesien nie.
21U het u volk soos 'n kudde gelei
deur die hand van Moses en AĂ€ron.

Psalm 107

Let op die Here se dade van trou
 
1“Loof die Here, want Hy is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie!”
2So moet die mense sĂȘ wat deur die Here bevry is,
dié wat Hy uit hulle nood bevry het
3en uit baie lande versamel het,
uit die ooste en die weste,
die noorde en die suide.
4Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wĂȘreld,
en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie.
5Hulle was honger en dors,
hulle was uitgeput,
6maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp
en Hy het hulle gered uit hulle ellende.
7Hy het hulle op die regte pad gebring
en by 'n bewoonde stad laat uitkom.
8Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
9Hy het die dors geles van dié wat versmag het,
Hy het die goeie in oorvloed gegee
aan dié wat honger gely het.
10Party het in die donker gesit, in diep duisternis,
hulle was gevangenes, in ellende en in boeie,
11want hulle het hulle verset teen die bevele van God,
hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan.
12Hy het hulle laat knak onder swaarkry,
hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie.
13Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,
en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
14Hy het hulle uit die donker, uit die diep duisternis, laat uitkom,
Hy het hulle boeie stukkend gebreek.
15Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen,
16want Hy het koperdeure oopgebreek,
ystergrendels stukkend geslaan.
17Party het dwaas opgetree,
en deur hulle rebelse optrede, hulle sonde,
het hulle in die ellende beland.
18Alle kos het hulle laat walg,
en hulle het by die dood omgedraai,
19maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,
en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
20Hy het hulle met 'n enkele woord gesond gemaak,
hulle aan die dood laat ontkom.
21Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
22Hulle moet dankoffers bring
en met blydskap van sy dade getuig.
23Party het met skepe die see bevaar
en hulle bestaan op die groot waters gemaak.
24Hulle het die werk van die Here ervaar,
sy wonderdade op die diep waters.
25Op sy bevel het 'n stormwind opgesteek
en die golwe opgejaag.
26Die skepe het hemelhoog gestyg
en na die dieptes afgeduik.
Die bemanning was radeloos van angs
27en het soos dronk mense gesteier en gewaggel;
al hulle seemanskuns het niks gehelp nie.
28Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,
en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.
29Hy het die stormwind stilgemaak,
en die golwe van die see het bedaar.
30Die seevaarders het hulle verheug oor die kalmte.
God het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom.
31Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
32Hulle moet van sy grootheid getuig in die volksvergadering,
Hom prys in die byeenkoms van die leiers.
33Hy verander waterryke gebied in woestyn,
fonteinwĂȘreld in dorsland,
34Hy maak vrugbare grond brak
oor die slegte dade van dié wat daar woon.
35Hy verander woestyngebied in rietvlei,
dor land in fonteinwĂȘreld
36en laat honger mense hulle daar vestig
dat hulle stede kan stig om in te woon.
37Hulle bewerk lande en plant wingerde,
en dié lewer hulle oeste.
38Hy seën hulle en hulle word vinnig meer,
Hy laat hulle vee nie minder word nie.
39En as die mense minder word en wegkwyn
onder die druk van teëspoed en moeilikheid,
40dan is dit die magtiges wat Hy tref met vernedering
en wat Hy laat ronddwaal in 'n wilde wĂȘreld sonder pad.
41Hy beskerm die armes teen verdrukking
en maak hulle nakomelinge so talryk soos kleinvee.
42As die opregtes dit sien, is hulle bly:
alle onreg het tot 'n einde gekom.
43Wie verstandig is, moet op hierdie dinge ag gee,
hulle moet let op die Here se dade van trou.

Psalm 137

As ek jou sou vergeet, Jerusalem
 
1By die riviere van Babel,
daar het ons gesit, en ons trane het gevloei
as ons aan Sion dink.
2Aan die wilgerbome in daardie land
het ons ons liere opgehang
3toe dié wat vir ons gevange weggevoer het,
ons gevra het om 'n lied te sing,
toe dié wat vir ons leed aangedoen het,
van ons vrolikheid wou hĂȘ:
“Sing vir ons 'n lied oor Sion!”
4Hoe kan ons die lied van die Here sing
in 'n vreemde land?
5As ek jou sou vergeet, Jerusalem,
mag my regterhand dan verlam raak.
6Mag my tong aan my verhemelte vaskleef
as ek aan jou nie dink nie,
as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.
7Onthou die Edomiete, Here,
die dag toe Jerusalem ingeneem is,
hoe hulle aangehou het met sĂȘ:
“Breek af, breek af die stad
tot op sy fondamente!”
8Dat jy verwoes sal word, Babel, is seker.
Gelukkig is die man wat jou terugbetaal
vir wat jy ons aangedoen het!
9Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp
en teen 'n klip verbrysel.

Spreuke 17

1Liewer 'n stukkie droë brood met vrede daarby
as 'n huis vol kos met 'n getwis daarby.
2'n Verstandige slaaf sal gesag kry oor 'n seun
wat 'n verleentheid is
en sal 'n erfgenaam word saam met die seun se broers.
3Silwer word in 'n smeltkroes gelouter en goud in 'n oond,
maar dit is die Here wat die gesindheid toets.
4Wie op onreg uit is, luister gretig na kwaadwillige woorde;
wie van valsheid hou, hoor graag woorde wat verderf saai.
5Wie met 'n arm mens spot, beledig sy Maker;
wie hom verheug oor die ongeluk van 'n ander,
sal self nie vrykom nie.
6Kleinkinders is vir oumense 'n trots;
vaders is vir hulle seuns 'n sieraad.
7Verstandige woorde soek jy nie by 'n dwaas nie,
nog minder leuens by 'n man van aansien.
8Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag;
vir hom moet dit sukses verseker waar hy ook gaan.
9Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam,
soek goeie verhoudinge;
wie 'n saak bly ophaal,
bring verwydering tussen vriende.
10'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mens
as honderd houe op 'n dwaas.
11'n Slegte mens is net op kwaad uit,
maar iemand sal gestuur word om hom te straf.
12'n Mens kan liewer 'n beerwyfie raakloop
wat van haar kleintjies beroof is,
as 'n dwaas met sy sotheid.
13As jy goed met kwaad vergeld,
sal die kwaad nooit uit jou huis wyk nie.
14Om rusie te begin, is om 'n damwal te breek;
staak liewer die getwis voor die vloed jou tref.
15Die Here het 'n afsku van wie die skuldige onskuldig verklaar
Ă©n van wie die onskuldige skuldig verklaar.
16Watter nut het dit as 'n dwaas geld in die hand het
om wysheid te koop en hy het nie verstand nie?
17Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken;
jou broer is daar met die oog op jou nood.
18Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan,
wat instaan vir die skuld van sy naaste.
19Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie;
wie homself hoog aanslaan, soek sy eie ondergang.
20'n Vals mens sal nie voorspoed hĂȘ nie;
wie die waarheid verdraai, sal ondergaan.
21Daar wag hartseer vir die vader van 'n dwaas;
wie 'n ongemanierde seun het, het geen vreugde nie.
22'n Vrolike mens is 'n gesonde mens,
'n neerslagtige mens raak uitgeput.
23'n Goddelose mens bied omkoopgeskenke aan en verdraai die reg.
24'n Verstandige mens hou hom besig met wysheid,
maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.
25'n Onverstandige seun is vir sy ouers 'n ergernis,
hy is vir hulle 'n bitter verdriet.
26Selfs al beboet jy 'n onskuldige mens net, is dit verkeerd,
en om 'n man van aansien te laat slaan, druis in teen die reg.
27Wie die kennis het, kan spaarsaam met sy woorde wees;
'n mens met insig bly kalm.
28As 'n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir 'n wyse,
en as hy sy mond toehou, vir 'n verstandige mens.

☊ Nuwe Lewende Vertaling

Psalm 17

Here, U ken my opregtheid
1’n Dawidsgebed.
Luister na my
wanneer ek smeek
dat U aan my reg moet laat geskied,
Here,
luister na my geroep om hulp.
Gee tog aandag aan my gebed,
want wat ek sĂȘ,
is met opregtheid.
2Verklaar my nou onskuldig;
U sien tog self
wat reg is!
3U het my gedagtes getoets,
my in die nag ondersoek.
U het my deeglik beproef,
maar niks verkeerds gekry nie;
ek is vasbeslote om
nie te sondig
in wat ek sĂȘ nie.
4Wat mensewerk betref –
ek het volgens u voorskrifte
gelewe
en nie die paaie gevolg
van geweldenaars nie.
5My voetstappe
was in u voetspore.
My voete het nie gewankel nie.
6Ek roep tot U, o God,
want ek weet U sal antwoord.
Draai na my toe en luister as ek bid.
7U wat red met u sterke hand,
toon u wonderlike trou
aan hulle
wat beskerming soek
van vyande.
8Beskerm my
soos die appel van u oog.
Bedek my
in die skadu van u vlerke,
9van bose mense wat my aanval,
van wrede vyande
wat my omring.
10Hulle het opstandig geword.
Hulle praatjies is verwaand.
11Hulle spoor my op
en omsingel my,
hulle is gereed
om my neer te gooi
op die grond.
12Hulle is soos honger leeus,
gretig om my te verskeur,
soos jong leeus wat wegkruip
en wag vir hulle kans.
13Staan op, Here!
Weerstaan hulle
en bring hulle op hulle knieë!
Red my van bose mense
met u swaard!
14Red my met u magtige hand,
Here,
van mense van hierdie wĂȘreld
wat hulle loon
in hierdie lewe kry.
Mag hulle die volle straf ontvang,
hulle kinders
nog meer as dit erf,
en ook hulle kleinkinders.
15Maar omdat ek reg gedoen het,
sal ek U sien.
Wanneer ek wakker word,
sal ek tevrede wees
in u teenwoordigheid.

Psalm 47

Prys die Koning
1Vir die koorleier: Van die Koragiete.
’n Psalm.
2Al julle volke, klap julle hande!
Juig voor God
met groot gejubel!
3Want ontsagwekkend
is die Here,
die Allerhoogste,
die groot Koning wat heers
oor die hele aarde.
4Hy onderwerp volke aan ons,
maak mense onderhorig
aan ons.
5Hy het vir ons ’n erfdeel gekies,
die trots van Jakob
wat Hy liefhet.
Sela
6God gaan op met groot gejuig,
die Here gaan op
terwyl die ramshorings blaas.
7Prys God, prys Hom;
prys ons Koning, prys Hom!
8Want God regeer
oor die hele aarde.
Sing vir Hom ’n pryslied!
9God regeer oor die nasies,
God sit op sy heilige troon.
10Die heersers van die volke
vergader saam met die volk
van die God van Abraham.
Die konings van die aarde
behoort aan God.
Hy is hoog verhewe.

Psalm 77

Het die Here my verwerp?
1Vir die koorleier: Op die wysie van
“Jedutun”. ’n Asafpsalm.
2Ek roep hardop tot God.
Ek roep hardop tot God
om na my te luister!
3In my nood soek ek die Here.
Ook in die nag
strek ek onvermoeid
my hande uit in gebed.
Tog het ek geen troos gekry nie.
4Ek dink aan God, en ek sug,
ek peins daaroor
en is moedeloos.
Sela
5U verhinder dat ek slaap;
van ontsteltenis
kan ek nie praat nie!
6Ek dink aan die dae van vroeër,
aan jare van lank gelede,
7toe ek gesing het in die nag,
nagedink het oor sake.
Dan vra ek my af
in my binneste:
8Het die Here
my vir altyd verwerp?
Sal Hy ooit weer
sy genade bewys?
9Het sy troue liefde
vir altyd verdwyn?
Het sy beloftes
tot ’n einde gekom?
10Het God sy medelye
vergeet?
Het Hy in toorn
sy simpatie onttrek?
Sela
11Ek het gesĂȘ:
“Dit is my droefheid:
dat die Allerhoogste nie optree
soos Hy voorheen
gedoen het nie.”
12Here, ek onthou
wat U gedoen het,
ja, ek onthou
u wonderlike dade van destyds.
13U dade bly in my gedagtes.
Al u werke wil ek bepeins.
14O God, u weë is heilig.
Is daar enige god
so magtig soos U?
15U is die God
wat wonders doen!
U het u mag
aan die nasies getoon.
16Deur u mag
het U u volk gered,
die nageslag van Jakob en Josef.
Sela
17Toe die waters U sien, o God,
toe hulle U sien,
het hulle gebewe,
selfs die diepsee het gesidder.
18Die wolke het reën neergestort,
die donderslae het gerammel,
u weerligpyle het oral geblits.
19U donder het gebulder
in die storm;
weerligstrale het die wĂȘreld verlig!
Die aarde het gebewe en geskud.
20U pad loop deur die see,
u weg
was deur magtige waters,
maar u spoor
kon niemand sien nie.
21Soos ’n kudde
het U u volk gelei;
Moses en AĂ€ron
was hulle herders.

Psalm 107

BOEK VYF (Psalm 107-150)
 
Here, help ons!
 
1Dank die Here, want Hy is goed!
Sy trou ken geen einde nie.
2Hulle wat deur die Here gered is,
sal sĂȘ dat Hy
hulle verlos het
van die vyand,
3en dat Hy hulle versamel het
uit baie nasies
uit die ooste en die weste,
uit die noorde en die suide.
4Sommige mense
het in ’n dorre land rondgedwaal,
in ’n woesteny;
maar die pad na ’n bewoonde stad
kon hulle nie kry nie.
5Hulle was honger en dors,
hulle was heeltemal uitgeput.
6“Here, help ons!”
het hulle geroep,
en Hy het hulle
uit hulle nood gered.
7Hy het hulle
op die regte pad gelei,
na ’n stad waar hulle kon woon.
8Laat hulle die Here loof
vir sy liefde,
en vir sy wonderdade
aan mense.
9Want Hy les die dors
van hulle wat dors is,
en versadig hulle wat honger is
met goeie dinge.
10Sommige mense
was in duisternis,
in diep donkerte,
ellendige gevangenes
in ysterboeie.
11Hulle het in opstand gekom
teen die voorskrifte van God.
Die leiding
van die Allerhoogste
het hulle geminag.
12Daarom het Hy hulle onderwerp
deur hulle harde arbeid
te laat doen;
hulle het gestruikel,
en daar was niemand
om te help nie.
13“Here, help ons!”
het hulle geroep
toe hulle in nood was,
en Hy het hulle
uit al hulle ellende bevry,
14hulle uit duisternis en somberheid
gered,
en hulle boeie stukkend gebreek.
15Laat hulle die Here loof
vir sy liefde
en vir al sy wonderdade
aan mense.
16Want Hy breek koperdeure af,
en kap ystertralies stukkend.
17Sommige mense
was dwaas in hulle opstand
en het weens hulle eie sondes gely.
18Al hulle eetlus was weg,
en die dood was naby.
19“Here, help ons!”
het hulle geroep in hulle nood,
en Hy het hulle
uit al hulle ellende gered.
20Met ’n woord wat Hy gestuur het,
het Hy hulle genees,
en hulle van die dood weggeruk.
21Laat hulle die Here loof
vir sy liefde,
en vir al sy wonderdade
aan hulle.
22Laat hulle dankoffers bring
en met vreugde
van sy dade vertel.
23Sommige mense
het met skepe
op die see gevaar,
en op die groot oseane
handel gedryf.
24Hulle het die Here se werk
gesien,
sy wonderdade op die diepsee.
25Hy praat,
en die stormwinde steek op,
en die golwe word al hoër.
26Die skepe is
hemelwaarts geslinger
en het dan weer
dieptes toe getuimel.
Die matrose,
radeloos van vrees,
27het net soos dronkaards
getol en gewaggel,
en al hulle kennis
was tevergeefs.
28“Here, help ons!”
het hulle geroep in hulle nood,
en Hy het hulle
uit al hulle ellende gered.
29Hy het die storm stilgemaak
en die golwe het bedaar.
30Hulle was bly
toe dit kalm word
en Hy hulle
na die hawe toe lei
waar hulle wou wees.
31Laat hulle die Here loof
vir sy liefde
en vir al sy wonderdade
aan hulle.
32Laat hulle Hom verheerlik
in die vergadering
van die volk,
en Hom prys
in die byeenkoms
van die leiers.
33Hy verander
riviere in woestyne,
fonteinryke plekke
in ’n dorsland,
34en vrugbare landerye
in brakgrond,
weens die kwaad
van die inwoners.
35Maar Hy verander ook
woestyne in waterryke vleie,
droë grond in fonteinryke plekke
36waar Hy hongeriges laat bly
wat stede kan bou
om in te woon.
37Hulle bewerk lande,
en plant wingerde
wat goeie oeste oplewer.
38Hy seën hulle
en hulle vermeerder;
ook hulle beeste
laat Hy nie verminder nie.
39Wanneer hulle verminder
en kwyn,
deur verdrukking,
onheil en verdriet,
40tref Hy hulle leiers
met vernedering
sodat hulle rondswerf
in ’n woesteny sonder ’n pad.
41Maar die armes in nood
beskerm Hy,
en Hy maak hulle nageslag
so talryk soos troppe vee.
42Die opregtes sal dit sien
en bly wees,
maar al die goddeloses
sal stom word.
43Laat dié wat verstandig is
dit ter harte neem,
en hulle aandag vestig
op die trou van die Here.

Psalm 137

By die riviere van Babel
1By die riviere van Babel
het ons gesit en gehuil
wanneer ons aan Sion dink.
2Ons het ons liere
daar aan die wilgerbome
opgehang.
3Dié wat ons weggevoer het,
het ons gevra
om ’n lied te sing.
Ons verdrukkers het gesĂȘ
ons moet
’n vreugdelied sing:
“Sing vir ons ’n Sionslied!”
4Maar hoe kan ons
in ’n vreemde land
’n lied van die Here sing?
5As ek jou vergeet,
Jerusalem,
laat my regterhand
dan uitdroog.
6As ek nie meer aan jou dink nie,
as Jerusalem
nie my grootste vreugde is nie,
mag my tong kleef
aan my verhemelte.
7Onthou tog die Edomiete,
Here,
en wat hulle gedoen het
toe Jerusalem ingeneem is.
Hulle het geskreeu:
“Slaan plat! Slaan plat
tot op die fondamente!”
8Babel, jy is gedoem
tot verwoesting.
Geseënd is die een wat jou
vergeld
vir wat jy aan ons gedoen het.
9GeseĂ«nd is hĂœ
wat jou babatjies neem
en hulle teen ’n klip
verpletter!

Spreuke 17

1Dit is beter om in vrede
droë brood te eet
as om by ’n fees te sit
in ’n huis waar daar gestry word.
2’n Verstandige slaaf kan heers
oor ’n seun wat skande maak.
Hy sal saam met die broers
hulle pa se goed erf.
3Silwer word in vuur gesuiwer
en goud in ’n oond.
Maar die Here
toets die hart van ’n mens.
4Moeilikheidmakers luister graag
na kwaadwillige woorde.
Leuenaars gee aandag
aan bedrieglike idees.
5Iemand wat ’n arm mens spot,
beledig sy Maker.
Iemand wat lekker kry
oor ’n ander se ongeluk,
sal self nie daarvan vrykom nie.
6Kleinkinders is vir grootouers
soos ’n koning se kroon.
Pa’s is vir hulle seuns ’n trots.
7Welsprekendheid
pas nie by ’n dwaas nie.
Nog minder pas leuens
by ’n man van aansien.
8Omkoopgeskenke
sluit deure oop
vir dié wat dit gee,
dit maak hom suksesvol
oral waar hy gaan.
9Iemand wat stilbly oor onreg
teenoor hom,
bevorder liefde tussen mense.
Om gedurig daaroor te praat,
dryf vriende uitmekaar.
10Een teregwysing
bereik meer
by ’n verstandige mens
as 100 houe
oor die rug van ’n dwaas.
11Hulle wat daarop uit is
om kwaad te doen,
veroorsaak rebellie.
Hulle sal
genadeloos gestraf word.
12Dis beter om ’n beer teĂ« te kom
wat van kleintjies beroof is,
as om ’n dwaas
met sy sotheid te konfronteer.
13As jy goed met kwaad vergeld,
sal kwaad nooit
uit jou huis verdwyn nie.
14Om rusie aan die gang te sit,
is soos om ’n sluis oop te trek.
Staak liewer die stryery
voor die vloed jou tref.
15Die Here verafsku twee dinge:
iemand wat die skuldige
onskuldig verklaar;
en iemand wat onskuldige mense
skuldig verklaar.
16Dit het geen nut
om vir ’n dwaas geld te gee
om wysheid te koop nie.
Hy het geen behoefte
aan wysheid nie.
17Op ’n vriend se lojaliteit
kan jy altyd reken.
Jou broer is gebore
om jou te help
wanneer daar probleme is.
18Iemand wat borg staan,
het nie verstand nie.
Net só ’n persoon sal instaan
vir die skuld van sy naaste.
19Iemand wat bakleierig is,
hou van sonde.
Iemand wat arrogant is,
soek sy eie ondergang.
20’n Huigelagtige mens
sal nie voorspoed hĂȘ nie.
Hy wat die waarheid verdraai,
stort homself in die ongeluk.
21Die pa van ’n dwaas
ervaar baie hartseer.
Daar is geen vreugde vir ’n pa
as sy seun ’n dwaas is nie.
22’n Vrolike mens
is soos goeie medisyne.
’n Neerslagtige mens
tap jou krag.
23’n Goddelose mens
aanvaar omkoopgeskenke
en verdraai so die reg.
24’n Verstandige mens
hou wysheid goed in die oog.
’n Dwase mens se gedagtes
dwaal doelloos rond.
25’n Onverstandige seun
is vir sy pa ’n ergernis.
Vir sy ma is hy ’n bitter verdriet.
26Dis verkeerd om ’n onskuldige
’n boete op te lĂȘ,
of om ’n persoon van aansien
te straf
omdat hy eerlik is.
27Iemand wat kennis het,
praat nie baie nie.
Iemand met insig
bly kalm.
28Wanneer ’n dwaas stilbly,
kan dit lyk of hy wys is;
en as hy sy mond toehou,
lyk hy soos iemand met insig.

Die Boodskap

Psalm 17

’n Dawidsgebed
1Here, help my! My saak is regverdig.
Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe.
Hoor tog terwyl ek na U roep!
Ek is opreg as ek dit vra.
2Neem asseblief die regte besluite oor my lewe.
U weet tog of ek eerlik en opreg is.
3U wou weet hoe ek optree as ek alleen is;
daarom het U gekyk of U op my kan staatmaak.
U het my getoets.
Maar U kon geen fout vind nie.
4Oor wat ander doen, bly ek stil. Ek praat nie van mense nie.
Ek het net gedoen wat U van my verwag.
Ek weet ek doen net wat U wil hĂȘ.
5Ek het net agter U aangeloop.
Ek dwaal nie van u pad af nie.
6Nou roep ek na U, want U sal my mos antwoord, o God!
Draai u oor na my toe en luister na wat ek sĂȘ.
7Wys met wat U doen hoe lief U vir my is.
Want U red mense wat by U kom wegkruip
uit die kloue van ander wat hulle wil seermaak.
8Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip.
Daardie mense wil my met geweld vernietig.
9Hulle hou niks van my nie en storm van alle kante op my af. Hulle wil my dood sien.
Hulle voel niks vir niemand.
10Wanneer hulle praat, hoor jy hoe baie hulle van hulleself dink. Dit straal uit hulle uit.
11Oral waar ek gaan, loop hulle agter my aan.
Van alle kante bekruip hulle my.
Hulle wag net vir die regte oomblik om my tot ’n val te bring.
12Mense wat weier om U te dien is soos ’n spul leeus wat regstaan om hulle prooi uitmekaar te skeur.
13Staan op, Here! Vat daardie skelm spul vas!
Bring hulle tot ’n val.
Red my van almal wat niks met U te doen wil hĂȘ nie.
14Red my self van hulle wat nie doen wat U sĂȘ nie.
Straf hulle soos U reeds besluit het om te doen. Laat hulle in die fleur van hulle lewe doodgaan. Moenie dat hulle kinders en kleinkinders wegstap sonder dat hulle ook gestraf word nie.
Laat hulle almal vir hulle sondes betaal.
15Ek sal na U toe kom, want ek doen wat U sĂȘ! Ek is reg.
Elke keer wanneer ek sien hoe U by my is, is ek sommer baie bly.

Psalm 47

1Geskryf as lied vir die koor van Korag
2Wees saam met ons bly. God maak ons so bly! Ons loop oor van al die wonderlike dinge wat ons oor Hom wil sĂȘ.
Ons wil dit uitsing, ons wil daaroor juig, ons wil aan God al die lof gee wat ons kan.
3Hoe ongelooflik groot is ons Here, die Allerhoogste! Niks en niemand kan met Hom vergelyk word nie.
4Hy regeer oor alles. Wat Hy wil hĂȘ, gebeur net so.
Ons vyande het geen kans teen Hom nie; met gemak vee Hy hulle eenkant toe.
5Maar vir ons, sy kinders, kies Hy die pragtigste land, want Hy het ons lief.
6Soos ’n koning wat na sy troon toe stap terwyl die mense hom hardop toejuig,
so juig ons oor die Here as Hy na ons toe kom.
7Sing, maak God groot met elke lied.
Ja, sing en moenie ophou nie, want God is jou koning.
8Hy heers oor alles. Daarom moet ons liedere sing wat vertel hoe groot Hy is.
9Hy heers oor elke mens, belangrik of onbelangrik, want Hy is die Here wat regeer.
10Regeerders, heersers, ja, al die belangrikste mense sal by God kom staan omdat hulle graag sy mense wil wees. Hy is Abraham se God.
Hoe groot is God nie; Hy heers oor al die heersers.
Niks en niemand is so groot soos Hy nie.

Psalm 77

1Opgedra aan die musiekleier. ’n Lied wat op die wysie van “Jedutun” gesing word. ’n Psalm van Asaf
2Ek vra vir God om my te help.
Ek pleit by God dat Hy in my krisis moet ingryp. Luister tog na my!
3In my nood soek ek hulp by die Here.
Ek word nie moeg om te bid nie. Snags maak ek nie ’n oog toe nie. Maar ek vind geen troos nie.
4Wanneer ek aan God dink, roep ek na Hom.
Ek wil hĂȘ Hy moet hoor hoe swaar ek kry.
Maar dit voel vir my of God Hom nie meer aan my steur nie. Ek is moedeloos.
5U hou my wakker. Daar is geen rus vir my nie.
Ek is baie omgekrap. Ek het nie meer woorde oor om te sĂȘ hoe omgekrap ek is nie.
Daarom praat ek nie baie nie.
6My gedagtes gaan baie ver terug.
Ek dink terug aan dinge wat jare gelede gebeur het.
7Ek lĂȘ in die nag wakker en dink hoe ek musiek gemaak het.
Ek dink ver terug en vra my af: 8“Gaan die Here my altyd van Hom af wegstoot?
Sal Hy ooit weer vir my goed wees?
9Gaan Hy sy troue liefde altyd van my af wegvat?
Het sy belofte om sy kinders in hulle swaarkry te help,
nou eens en vir altyd tot ’n einde gekom?
10Het God dan vergeet om weer goed aan ons te doen? Is hy so kwaad dat Hy Hom nooit weer oor ons gaan ontferm en ons jammer kry nie?
11En ek dink: My grootste bekommernis in die lewe is dat die Allerhoogste nie weer soos voorheen goed aan ons gaan doen nie!
12Toe het ek ver teruggedink, na dit wat God lank terug gedoen het.
Vroeër het die Here buitengewone, wonderlike dinge gedoen.
13My gedagtes het stilgestaan by al u groot werke.
Ek kon nie ophou nadink oor alles wat die Here gedoen het nie.
14God, U is heeltemal anders as ons. Daar is niemand wat sterker is as U nie! Wie is so groot soos U?
15U het wonderlike dinge in die verlede gedoen.
Vir vreemde volke het U gewys hoe sterk U is.
16U het die Israeliete met u groot krag uit hulle moeilikheid gered.
17Almal wat u kinders in die moeilikheid probeer bring het, bewe, want hulle het u krag leer ken, Here.
God, hulle weet dat U die sterkste is.
18Soos swaar reën en weerligte wat helder blits, het U u groot krag gewys.
Almal was baie bang. Die hele aarde het gebewe.
19U het die donderweer laat slaan. Dit was soos ’n leeu wat aanhou brul.
Die weerligstrale het die wĂȘreld helder verlig. Alles het geskud.
20U krag het groot respek afgedwing.
Deur al die gevaar het U u kinders veilig beskerm.
Deur die grootste krisis het U hulle gelei.
U het dit op u eie manier gedoen. En niemand kon uitvind hoe U dit doen nie.
21Here, U het u kinders gelei soos ’n herder sy skape lei.
U het dit gedoen deur hulle leiers wat U gedien het.
Moses en AĂ€ron het vir hulle die regte pad gewys.

Psalm 107

1SĂȘ vir die Here baie dankie met al julle liedere, want Hy is goed.
Ja, Hy het sy kinders altyd lief!
2Dit moet mense sĂȘ as die Here hulle uit die moeilikheid help;
ja, almal wat Hy uit nood gered het, moet so sĂȘ.
3Dit maak nie saak uit watter land of van waar hulle kom nie.
4Party mense sukkel in die lewe; hulle weet nie watter kant toe nie. Dis of hulle in die woestyn verdwaal het.
NĂȘrens kan hulle rus vind nie. Hulle wil graag gelukkig wees.
5Hulle soek oplossings, maar kry niks. Dit maak hulle moedeloos. Hulle het geen krag oor nie.
6In hulle nood het hulle die Here gevra om te help.
Hy het hulle uit daardie moeilikheid gehelp. 7Hy het hulle gehelp om weer gelukkig te wees.
Sy hulp het hulle weer nuwe koers in die lewe gegee.
8Nou sĂȘ hulle vir die Here baie dankie vir sy liefde.
Hulle loof Hom vir die wonderlike dinge wat Hy doen.
9Ja, Hy het gesien mense het Hom nodig en Hy het hulle uit die moeilikheid gehelp. Hy gee vir hulle meer as wat hulle nodig het.
10Daar is mense wat in baie groot moeilikheid is.
Dit lyk of hulle in ’n pikdonker plek vasgekeer is. Hulle is vas en kan nie uitkom nie. Dit het vir hulle gevoel of hulle swaarkry hulle soos in ’n tronk vashou.
11Hulle het nie na God geluister nie.
Hulle het nie gedoen wat die Allerhoogste van hulle gevra het nie.
12Hy het toegelaat dat ander hulle verneder. Hy het hulle soos vloerlappe laat werk.
So het alles vir hulle inmekaargeval.
Daar was niemand om hulle te help nie.
13In hulle nood het hulle die Here gevra om asseblief te help.
Hulle het na Hom geroep.
Hy het hulle uit daardie moeilikheid bevry.
14God het hulle donkerte in lig verander.
Hy het hulle uit die tronk uit laat stap as vry mense.
15Nou prys hulle die Here vir sy liefde.
Hulle sĂȘ vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy doen.
16Ja, die Here se krag is baie groot.
Hy breek die greep van die donkerste krisis. Niks is sterker as Hy nie.
17Daar is dwase wat baie dom dinge doen.
Deur verkeerde dinge te doen het hulle hulleself in groot swaarkry gedompel.
Hulle was baie siek. 18Alle soorte kos het hulle naar gemaak.
Hulle het by die dood omgedraai.
19In hulle swaarkry het hulle die Here gevra om te help. Hy het hulle gehelp.
20Die Here het net een woord gesĂȘ, en toe word hulle gesond.
So het Hy hulle uit die dood se kloue gered.
21Nou prys hulle die Here vir sy liefde.
Hulle sĂȘ vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy doen.
22Hulle sal opgewonde bly vertel van alles wat die Here gedoen het. Hulle moet vir Hom aanhou dankie sĂȘ.
23Partymaal beland mense in groot gevaar op die see.
Hulle klim in klein skepies om handel te gaan dryf.
24Hulle sien dan wat die Here doen.
Hulle besef watter wonderlike dinge Hy ver van die land af laat gebeur.
25Daar in die diepsee sĂȘ Hy net een woord, dan kom daar ’n groot storm op.
26Die water slaan meters hoog bokant hulle ou skepies.
Eers skiet die golwe die ou skepies hoog in die lug in op. Hulle vlieg byna tot by die wolke. Dan laat val hulle hulle tot op die bodem van die see.
Die mense word baie bang. 27Hulle word seesiek.
Soos dronk mense word hulle heen en weer geslinger.
Hulle kan nie eens dink wat om te doen nie. Almal is deurmekaar.
Hulle is baie bang.
28In hulle nood het hulle die Here gevra om te help.
Hy het hulle uit daardie moeilikheid gehelp. 29Hy het die storm stilgemaak.
’n Mens kan die klank van stilte hoor. Al die hoĂ« golwe het gaan lĂȘ.
30Die mans was baie bly toe die storm bedaar het.
Daarvandaan het God hulle veilig laat vaar tot by die volgende hawe.
31Nou prys hulle die Here vir sy liefde.
Hulle sĂȘ vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy vir mense doen.
32Waar al sy kinders bymekaarkom, sal hulle sy Naam grootmaak.
In die byeenkoms waar die leiers ook is, sal hulle vertel wat Hy gedoen het. Hulle sal Hom bewonder.
Die Here is baie sterk.
33Hy het riviere in droë woestyne verander.
Fonteine het Hy heeltemal laat opdroog. Daar het net ’n kaal stuk grond oorgebly.
34Vrugbare grond het Hy heeltemal onvrugbaar gemaak.
Slegte mense het daar gebly. Dit is hulle skuld.
Hulle het verkeerde dinge gedoen. Toe straf die Here hulle.
35Tog verander die Here die woestyn in ’n waterryke land.
Droë gebiede omskep Hy in waterplasse en fonteine.
36Daar gee Hy kos vir mense wat niks het om te eet nie.
Rondom die water begin alles lewe.
Mense trek daarheen om daar te bly. Gou-gou is daar ’n dorpie.
37Die mense begin plant en saai. Wingerde wat hulle aangelĂȘ het, begin druiwe dra.
38Die Here is baie goed vir hulle. Hy het vir hulle goeie dinge gegee.
Die dorpie het gegroei. Die mense het al hoe meer geword.
Hulle vee het aangeteel en baie geword.
39Maar hulle het weer minder geword. Hulle was moedeloos.
Ander mense het hulle sleg behandel. Ongelukke het hulle begin tref.
Hulle probleme het net te veel vir hulle geword.
40Die Here sien dit alles raak.
Hy straf die magtige leiers en laat toe dat ander hulle verneder.
Wanneer hulle doen wat Hy nie wil hĂȘ nie, sorg Hy dat ander op hulle neersien.
Hy sal hulle koers laat verloor. Hulle sal nie meer gelukkig wees nie.
41Die Here beskerm mense wat sy hulp nodig het.
Hy keer dat ander hulle onderdruk. Hy sorg vir hulle en hulle kinders. Soos ’n herder na sy kudde skape omsien, so versorg Hy hulle.
42Elkeen wat die Here dien, weet wat Hy vir sy kinders doen. Hulle is baie bly.
Die Here stop slegte dinge. Hy laat dit verdwyn.
43As iemand die lewe wil verstaan of gelukkig wil wees, moet hy hierdie dinge ernstig opneem. Hy moet raaksien dat die Here sy kinders baie liefhet.

Psalm 137

1Ver van die huis af het ons gesit, eensaam by ’n rivier in Babilon.
Daar was ons slawe in die vreemde. Ons het gehuil.
Sonder ’n land en ons eie plek om die Here te aanbid
het ons gehuil as ons aan die huis terugdink.
2Ons wou nie meer sing en musiek maak nie.
3Die mense wat ons gevang en so sleg behandel het, het ons gespot.
Hulle wou hĂȘ ons moet vrolik sing en bly wees, maar ons kon nie. Hulle het geĂ«is: “Sing ’n lied oor die Here se woonplek in Jerusalem!”
4Hoe kan ons liedere sing wat al die ou herinnerings terugbring?
Dit is net nie dieselfde om die Here hier te loof nie.
Ons is te ver van die plek af waar ons Hom altyd gedien en aanbid het.
5Ek sal Jerusalem, waar ons die Here aanbid het, nooit vergeet nie, al is dit nou ’n ashoop.
6As ek die stad vergeet, kan ek net sowel vergeet om my regterhand te gebruik.
Dit sal nie gebeur nie.
Mag ek vir altyd ophou praat as ek daardie plek vergeet waar ons die Here aanbid het.
Niks maak my blyer as om daaraan te dink nie.
7Here, straf die mense wat ons kosbare tempel platgeslaan het.
Hulle het ons besteel. Hulle het gesĂȘ: “Breek dit af; slaan dit plat tot op die grond.”
8O, julle mense van Babel wat ons plek verwoes het, die Here gaan julle ook verwoes.
Julle verdien ’n swaar en wrede straf. Gelukkig is die een wat jou vergeld vir wat jy aan ons gedoen het.
9As iemand julle kinders se koppe teen die mure stukkend slaan, is dit julle verdiende loon.

Spreuke 17

Wees tevrede
1Eerder met min klaarkom en gelukkig wees, as om oorvloed te hĂȘ en heeltyd te baklei.
2Iemand wat niks het nie, kan deur harde werk baie bereik. Hy kan selfs ’n hoĂ« pos beklee en belangrike besluite neem.
3Soos ’n onderwyser jou kennis toets, so toets die Here ons ook. Hy wil vasstel hoe eg ons liefde vir Hom is.
4’n Mens wat die Here verag, luister graag na smerige praatjies oor seks, geweld en moord. Hy kan nooit genoeg daarvan kry nie. ’n Leuenaar kan ook nie met sy gelieg ophou nie. Hy hou net aan en aan.
5Wie vir armes se eenvoud lag, spot met die Here. Wie hom in hulle ellende verlustig, sal gestraf word.
6Kleinkinders verskaf hulle oupas en oumas hope geluk en vreugde. Kinders wat trots is op hulle ouers, staan sterk.
7Keurige taal hoor jy nie sommer by ’n domme nie. Leuens en vuiltaal verwag jy tog nie van iemand wat jy respekteer nie. 8Omkoopgeld help mense. Dit kan baie deure vir hulle oopsluit.
9As jy mense vergewe wat jou te kort doen of sleg van jou praat, verstaan jy God se liefde baie goed. Wie iemand altyd verwyt of hom aan sy skuld herinner, verloor gou al sy vriende.
10’n Persoon wat die Here ken, luister as iemand hom op sy foute wys. Hy neem dit ernstig op en dink daaroor na. ’n Dom mens kan jy slaan en slaan, maar hy hou aan om verkeerd te doen.
11Moeilike mense maak met almal rusie. Op ’n dag sal hulle nog hulle moses teĂ«kom.
12’n Woedende leeuwyfie wie se kleintjies van haar af weggeneem is, is nie naastenby so gevaarlik soos al die onsin wat ’n dom mens praat nie.
13As jy mense wat vir jou lief is, sleg behandel, vernietig jy eintlik jouself. Jy sal ’n baie ongelukkige mens word.
14’n Rusie begin altyd klein en word dan erger en erger. Dit is soos ’n damwal. Eers is die lek klein, en dan breek die wal. Keer die rusie voordat dit te ver gaan.
15Die Here hou niks van mense wat verkeerde dinge goedpraat en gelowiges afkraak nie.
16Wysheid kan ’n mens nĂȘrens koop nie. Net mense wat nie die lewe ken nie, dink hulle kan groot somme geld daarvoor betaal.
Oppas! Leef versigtig
17Kies jou vriende versigtig. ’n Ware vriend sal jou deur dik en dun bystaan. Soos ’n goeie broer is hy altyd by jou. ’n Mooiweersvriend sal jou net ondersteun terwyl dit goed gaan.
18Pas op vir finansiĂ«le risiko’s, vir lenings waaraan jy swaar afbetaal. Moet tog nie vir iemand borg teken nie. Dit is ’n dom ding. Jy gaan aan die kortste ent trek.
19Wie mense beledig, lok rusie uit. Wie baie van homself dink, word verneder.
20’n Mens wat met niks tevrede is nie, sĂȘ nooit iets goeds van ander nie. Hy kraak net heeltyd af. Niks is ooit reg nie. Later wil niemand met hom bevriend wees nie.
21Dit is nie lekker vir ouers as ’n kind die Here verwerp en nie weet hoe om reg te leef nie. Dit maak hulle diep ongelukkig.
22Vreugde en geluk is goed vir jou gesondheid. Depressie kan jou knak.
23’n Slinkse mens kan maklik omgekoop word. Hy sal selfs die waarheid vir ’n paar rand verdraai.
24Die gelowige wil graag reg leef. Hy soek heeltyd na wysheid. ’n Dwaas stel net in oppervlakkighede belang.
25’n Ongelowige kind is vir sy ouers ’n groot hartseer. Partykeer is hy ook ’n groot verleentheid vir hulle.
26Dit is sleg as onskuldige mense ly, as gerespekteerde mense onbillik behandel word.
27Wie let op wat hy sĂȘ, verstaan wat wysheid is. Wie sy humeur in toom hou, ken die regte lewenstyl.
28Selfs ’n dwaas tree reg op wanneer hy sy praatlus bedwing. As hy geheime kan hou, is hy slim.