Die Here Rig Ons Voetstappe

"Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe." S16:9

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief na die Engelse Lewensles Week 80 "God Directs" te luister.

Met hierdie gesprek van Erin het ek geleer dat die Here ons uit ons gemaksone vat, juis omdat wanneer ons gemaklik raak, neig ons om lou te word. Die gemaklike toestand beteken dat ons nie noeg op die Here staatmaak nie. En ek weet presies wat sy van praat, want as ek te gemaklik raak, maak ek nie genoeg om die Here staat nie, dis juis wanneer ek uit my gemaksone is, wat ek meer van die Here nodig het.

Ek weet ek is iemand wat absoluut in roetine leef en ek hou glad nie van as my planne nie uitwerk nie en ek besef nou dat ek nodig het om meer te laat gaan sodat my Liefling Here meer en meer my voetstappe kan rig.

Hoor hoe mooi: "Ons kosbare Here wil hê dat ons Hom nodig het!" Wow, so kosbare vrou kom ons maak seker dat ons nooit gemaklik raak nie. Ek weet dis juis waar 'n paar van ons mos vashak, ek weet ek doen, want dis mos lekker om net gemaklik op een plek te bly, maar dis juis wanneer ons lou word, so kom ons beweeg uit ons gemaksone uit, sodat ons Hom meer nodig het. Kom ons laat toe dat die Here ons voetstappe rig.

"Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af." S16:9DB

4 thoughts on “Die Here Rig Ons Voetstappe”

  1. Liewe Janine,
    Ek moet weer sê dat God met my deur hierdie lewensles gepraat het, en verseker deur wat jy gedeel het vandag.

    Ek het myself op ‘n ‘weird’ plek gevind, en ek kon nie verstaan wat presies dit is wat God op my hart druk nie, en vanaand is dit duidelik, my gemaksone. 🙂

    Vanaand besef ek dat ek TE gemaklik geraak het en dit is hoekom ek hierdie week gevoel het soos wat ek gevoel het. Ek dink ek verstaan nou beter wat die Here van my verwag en wat die volgende ding is wat ek wil hê ek moet aan werk.

    PRYS DIE HERE, HY IS GOED! 🤍

    1. Eks mal daaroor as die Here so met ons praat, dankie dat jy dit met ons deel kosbare Mila. Die Here het net so met my deur hierdie les gepraat.

  2. Baie dankie Janine, hoe vinnig vind ek dat ek gemaklik raak. Dankie vir die les en die pragtige herinnering dat ons nie op ons gemak moet raak nie. Vanoggend toe ek met Hom praat toe voel ek net weer, hoeveel keer ek praat oor die dinge wat ek nie het nie, maar ek wil meer konsentreer op net sommer met Hom gesels oor alles.

    1. Ek stem kosbare Yvonne, ek kyk net so vas teen wat ek nie het nie, maar ek wil ook oor alles met Hom gesels.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui