💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Ek sal te alle tye die HERE loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees." P34:2

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om ons kosbare Here te loof en prys en spyte van dalk slegte omstandighede. Ek kan getuig die oomblik wat ek dit doen, weet ek my omstandighede is nie vir ons kosbare Here onmoontlik nie.

Onthou: "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart." H4:12 en sê: "...By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik." M19:26

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

4 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. I am grateful that my Heavenly Husband has healed my heart from the mistakes I made in my marriage
    I am grateful for the trials my Heavenly Husband gives me with my children.
    I am grateful that I had a nice work week this week
    I am grateful that my children were able to experience a fun school outing.
    I am grateful that my eldest son has gone through trials again this week.
    I am grateful that my Heavenly Husband created moments when my former husband and I had to talk about the crisis situations in our eldest son’s life.
    I am grateful that my Heavenly Husband answers my prayers when the times are right.
    I am grateful for the strength and goodness He gives me in my life.
    I am grateful for every day I was able to walk outside with my Heavenly Husband this week.
    ~~~~~~~
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my hart genees het van die foute wat ek in my huwelik gemaak het
    Ek is dankbaar vir die beproewinge wat my Hemelse Man my met my kinders gee.
    Ek is dankbaar dat ek hierdie week ‘n lekker werksweek gehad het
    Ek is dankbaar dat my kinders ‘n prettige skooluitstappie kon beleef.
    Ek is dankbaar dat my oudste seun hierdie week weer deur beproewinge gegaan het.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man oomblikke geskep het toe ek en my voormalige man oor die krisissituasies in ons oudste seun se lewe moes praat.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my gebede verhoor wanneer die tye reg is.
    Ek is dankbaar vir die krag en goedheid wat Hy my in my lewe gee.
    Ek is dankbaar vir elke dag wat ek hierdie week saam met my Hemelse Man buite kon stap.

  2. Ek is dankbaar vir hou die Here ons die week deur gedra het en ons omvou het. Ek is dankbaar vir die geleenthede wat die Here voorsien het die week en ek weet Hy gaan voerentoe ook voorsien, Ek is dankbaar dat die Here my help om als te doen wat ek moet doen en die krag daar voor. Ek is dankbaar vir wat die Here besig is om te doen en vir als wat Hy nog in ons lewe gaan doen. Ek is dankbaar vir al Sy Liefde wat Hy ons mee om vou.

  3. Ek is dankbaar dat my Geliefde my deur nog ‘n week gedra het.
    Ek is dankbaar dat my Geliefde my deur nog ‘n week gelei het.
    Ek is dankbaar vir waar ek nou op my reis is; vrede, vreugde en vry van seer en pyn.
    Ek is dankbaar vir gesondheid.
    Ek is dankbaar vir my kinders.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening.
    Ek is dankbaar vir beproewings wat help om my geloof te vervolmaak.
    Ek is dankbaar vir die planne wat my Geliefde vir my het.
    Ek is dankbaar dat Hy vir my ‘n hoop en ‘n toekoms gegee het.
    Ek is dankbaar dat ek my Geliefde en Sy hart vir my op hierdie reis leer ken het.

  4. Ek is dankbaar dat my ma baie beter is nadat sy siek was en die dokter haar wou opneem.
    Ek is dankbaar dat my pa glad nie so siek geword het nie en vinnig gesond geword het.
    Ek is dankbaar dat my seun se Hemelse Vader hom help leer vir die eksamen.
    Ek is dankbaar dat my oudste seun so goeie werk het.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my nie een keer los nie, al het ek Hom ‘n 100 keer die rede gegee om my te kan los.
    Ek is dankbaar vir my Liefling Here se voorsiening en liefde.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui