Ons VERWELKOM jou hier by Bemoedigende Vroue!! 

Ons is so dankbaar dat jy gekom het, dat jy jou Godsgerigte Afspraak nagekom het en jy ook die eerste stap in jou Herstel Reis geneem het—’n reis wat jou lewe sal verander—soos wat dit al ons lewens verander het. 

Om jou te help om meer gemaklik te voel en te verwelkom, sal ‘n paar van ons ministers jou persoonlik wil verwelkom en ‘n bietjie oor hulle reise deel!

Yvonne in Suid Afrika, is ons Afrikaans Minister en RMI se Besturende Direkteur en sal ook daarvan hou om jou te verwelkom deur na haar ☊ BIO te luister

.

Atarah in Suid Afrika is een van ons Ministers in Afrika en oorsien die HR “Herstel Reis” ministerie asook deel van ons blogspan. Om jou te verwelkom, luister na haar ☊ BIO en gaan ook na haar Huweliksherstel Getuienis toe.
.

Adina het begin as ‘n proefleser vir Afrikaans, maar is nou deel van ons Bedieningspan asook deel van ons blog span en Herstel Reis Ministerie. Kom luister na haar ☊ BIO vir bemoediging.

Jy mag dalk wonder of jy ‘n verpersoonlike evaluasie vorm van ons Ministerie sal ontvang.

Die antwoord is JA, maar intussen wou ons nog meer aanmoediging vir jou voorberei wat jou onmiddelik sal help.

So neem jou tyd en lees ons verwelkomings brief aan jou—en maak seker om die vele skakels oop te maak om ‘n “web van aanmoediging” te vind! 

—Jou Reis na Herstel het Begin!!

Liewe Bruid,

Noudat jy na jou Godsgerigte Afspraak gelei is, en Sy leiding gevolg het om ‘n GRATIS Huweliks Evaluasie Vraelys in te vul. Wil ons jou nou help om te verstaan dat Hy jou geroep het op ‘n Reis na Herstel saam met Hom.

Ons verantwoordelikheid as ministers is om jou te help om voort te gaan en klaar te maak met jou Herstel Reis met die beste moontlikste uiteinde. Tragies, stop meeste vrouens en draai onmiddelik terug na hulle hul vorm ingevul het—so ons hoop en bid dat dit nie met jou sal gebeur nie en wil jou aanmoedig om hierdie nou pad te neem. 

Matteus 7:13-14 sĂȘ om, “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en diĂ© wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en diĂ© wat dit kry, is min.”  

In plaas daarvan, hoop ons dat jy sal voortgaan om Uiteindelik Hoop te vind, en ons aanbieding van ‘n GRATIS kursus te aanvaar, wat gebaseer is op ons beste verkoper Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel—wat jy dalk alreeds gelees het of so dan nie. Ook ingesluit is baie getuienisse van menigte van ons Deur die Woord van hulle Getuienisse boeke. En laastens, hierdie GRATIS Kursus sluit ook ons vyf ster gegradeerde Wees Aangemoedig eVideos in.  

Lees meer in ons Hernu ‱ Herbou ‱ Herstel Kursus Oorsig.

Hoe en hoekom ons ons hulpbronne GRATIS offer? 

Die enigste manier wat ons in staat is om hierdie hulpbronne gratis aan te bied is as gevolg van so baie ongelooflike vrouens, wie soos jy, desperaat was vir hoop en om te probeer uitvind hoekom hulle huwelike gebrek ly of uitmekaar uit val. Hierdie selfde vrouens was in staat om deur hulle huweliks krisis te gaan—en wou teruggee—gee aan vrouens soos jy, as gevolg van hoe dit hulle lewens verander het. 

So, ons hoop jy sal hierdie Geskenk van ‘n vrou net soos jy aanvaar en nie net jou gratis lesse begin nie maar voortgaan en die kursus voltooi. “Ek het die goeie wedloop afgelĂȘ; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.” 2 Timoteus 4:7. Neem ‘n oomblik om die lof en bedankings van die vrouens te lees wat gegee het sodat jy hierdie reis saam met Hom kan neem. Ons plaas hierdie in ons Bemoediger se Dankie Donderdae.

Ja, jy sal voortdurende beproewinge gedurende jou reis hĂȘ, maar soos jy vorentoe beweeg na die doelwit, belowe ons om jou aandag op Hom te rig, jou te herinner hoe om uit die krisis te kom en eintlik aan jou te bewys dat jy, ook, op ‘n plek kan kom waar jy eerlik jou reis saam Hom kan geniet—en al te gou—jou eie Herstelde Huweliks Getuienis sal indien.

Nie net is dit ‘n Herstel Reis nie—maar dit is deel van God se hernuwing—om jou hart te genees en ‘n nuwe vrou aan almal te openbaar, insluitende jou man! ‘n Emosionele en geestelike hernuwing is iets wat jy nodig het om vir jouself te doen om jou deur hierdie baie moeilike tyd te help. Dit beteken dit is noodsaaklik om ten minste ‘n paar minute opsy te sit om jouself te pamperlang in jou binneste of ure as jy diep seergemaak is.   

Neem tyd om Jou Reis na Herstel Begin! te lees Daar is so baie waarhede wat ons herstelde paartjies gedeel het—elke een sal jou regtig help om die beste begin in jou Herstel Reis te kry. So vra vir God om jou te help om dit te lees en alles te absorbeer.  

Liewe bruid, alhoewel wat besig is om te gebeur niks kort van skrikwekkend is nie, vertrou wat jy diep in jou hart weet—dat GOD in beheer is en Hy het jou kreet gehoor en jou hier na ons toe gebring vir ons om jou aan te moedig (aanmoedig beteken eintlik om moed te gee). En glo dit of nie, Hy is die een wat jou man uit jou lewe vir ‘n tydperk verwyder het (hetsy emosioneel en/of fisies) vir ‘n rede. 

“U laat my vriende en my bure ver van my af staan, die duisternis van die dood is my geselskap”—Psalm 88:19

“U laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan  nie uitkom nie”—Psalm 88:9

En hier is die rede, “en as sy dan haar minnaars probeer opsoek en hulle nie raakloop nie, hulle soek en nie kry nie, sal sy dalk sĂȘ: “Ek sal na my eie man toe teruggaan, want ek was by hom beter versorg as nou.”—Hosea 2:6

Op hierdie punt van jou herstel reis, wil ons jou aanmoedig om op te hou om op jou man te fokus (of jou huwelik) en in plaas daarvan—begin om te fokus op jou verhouding met die HERE, en na Hom te kyk as jou Man, aangesien dit die rede is wat Hy hierdie krisis toegelaat het om te gebeur. En soos jy dit doen, sal God jou huwelik begin herstel. 

Lees wat Hy vir jou wil sĂȘ, en merk hierdie verse in jou Bybel om ELKE dag te lees.

“Moenie bang wees nie,

Jy sal nie weer in die skande kom nie, moenie so verleë daar staan nie,

Jy sal nie weer verneder word nie. Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet

En nie meer dink hoe jy verneder is toe jy ‘n weduwee was nie.

“Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wĂȘreld genoem.

“Jy is ‘n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan ‘n man sy eie vrou vergeet? SĂȘ jou God. -Jesaja 54;4-6

“In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hĂȘ as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hĂȘ. Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit. Hulle afstammelinge sal bekend wees onder die nasies, hulle nakomelinge onder die volke. 

Almal wat na my volk kyk, sal besef dat hulle ‘n volk is wat deur die Here geseĂ«n is.

En jy sal sĂȘ, sodra jy dit ervaar het, net soos wat almal van ons gesĂȘ het...

“Ek is baie bly oor die Here, ek juig oor my God, want Hy het my gered, vir my oorwinnaarsklere aangetrek. Ek is soos ‘n bruidegom met ‘n priesterkroon op, soos ‘n bruid met haar juwele aan. Soos die grond plante laat uitspruit, soos die plante in ‘n tuin vrugte gee, so gee die Here my God die oorwinning en laat Hy al die nasies luister na die loflied tot sy eer”—Jesaja: 61:7-11

Die enigste manier wat jy sal wankel of struikel is AS jy voort gaan om te fokus op of jou aardse man of hom agterna te sit (of selfs herstel agterna te jaag), eerder as die Here. 

Die Openbaring 2:4 “Maar Ek het dít teen jou dat jy jou eerse liefde verlaat het.

Sodra jy die Here eerste plaas, en Hy werklik EERSTE in jou lewe is, DAN sal jy sien hoe Hy jou man se hart terug na jou toe sal keer. Ons sien dit elke dag in ons ministerie gebeur!! 

Ter aanvulling, sodra jy die Here eerste plaas, en Hy werklik EERSTE is in jou lewe, DAN sal jy sien hoe die Here met jou man afreken en hom verander. Jy kan hom nie verander nie; hy kan homself nie eens verander nie. Spreuke 5:22 sĂȘ, “Die oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde.”   

Die ENIGSTE manier wat Hy sal begin doen wat Hy nodig het om te doen om die veranderinge teweeg te bring in jou man, is vir jou om soos die Here se bruid te lewe, na Hom te kyk vir elke behoefte en wat Hy (as jou Hemelse Man) wil hĂȘ jy moet doen. Ons GRATIS kursusse is wat honderde vrouens gehelp het wie werklik ‘n herstelde huwelik wou ervaar. 

As jy gereed is vir ‘n radikale lewens-veranderde gebeurtenis in jou lewe, MOET jy:

#1 Fokus op jou verhouding met die Here, nie op jou huweliks herstel of op ons (of enige iemand anders) wat jou help nie. Lidmate van ons Gebeds Span het alreeds begin om te bid vir jou die oomblik wat jy jou vraestel ingedien het en sal voort gaan selfs na jy herstel is.

#2 Stop nou en neem die tyd om die ontsagwekkende Inleiding na Kursus 1 te lees en Chelle se kragtige Herstelde Huweliks Getuienis!!!

#3 Waar begin ek? Wees asseblief seker om nou deur dit te lees as jy nie alreeds so gedoen het nie.

#4 Neem ‘n groot stap in jou reis deur Dag 1 van Kursus 1 “Uiteindelik is Daar Hoop” te begin om Meer en Meer Hoop te Hernu. Word dan elke oggend wakker langs jou Herstel Reis sodat jy genees is en in staat om elke dag met hernuwing in die gesig te staar.  

Sodra jy Kursus 1 voltooi het, beweeg jy eenvoudig aan na die volgende, Kursus 2, dit verduidelik regtig hoe om die beginsels in die HJH boek te volg, en dan, Kursus 3, wat jou sal voorberei vir jou herstel en jou man wat terugkeer huis toe.   

“Dit is hy by wie daar op klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.” Matteus 13: 18-22.

**Wees seker jy doen niks meer, niks minder, as die EEN les per dag, vir die beste resultate.

#5 Dit is ook baie belangrik om te Joernaal wat jy besig is om te leer—en jou toe te laat om jou hart aan Hom uit te stort. 

In Hoofstuk 1 van Woord van Hul Getuienis boek 8: “Ek Het Neuroties Geword” het Courney gesĂȘ: “Die kursusse was wat my baie gehelp het, om vorentoe te beweeg; soos wat ek my joernale meedoĂ«nloos ingevul het, het dit my gehelp om nie net in die rondte te gaan met wat ek geleer het nie.”

Ook, in die Woord van Hul Getuienis boek 8: “Twee Pastore Het Vir My GesĂȘ Ek Het Gronde Vir Egskeiding” het Adrianna gesĂȘ: “Toe ek eers die kursus begin het en my hart in my joernale uitgestort het, het ware veranderinge begin plaasvind.”

Weereens in Woord van Hul Getuienis boek 7: “Ons Reis Hou Nooit Op Nie” het Bree gesĂȘ: “die kursusse laat ons toe om joernale in te vul en met die Here te praat en van Hom te hoor. Dit maak die reis ‘n plesier en vandag hou ek daarvan om terug te gaan om daardie liefdesbriewe te lees wat ek vir Hom geskryf het en wat Hy vir my geskryf het.

Joernale word ook gebruik om jou Herstelde Huweliks Getuienis te skryf wat later kan lei na jou Herstel Reis Roman. God weet, jou HRRmag dalk net wees wat jou man lees (nadat julle herstel is) om volkome te verstaan waardeur jy gegaan het.

Ter herhaling, lees net EEN les per dag; stort jou hart uit terwyl jy aan Hom skryf in elke een van jou Joernale—DAN, sal jy nie meer in ‘n krisis wees nie, en baie gou sal jy jou uitverkore bestemming bereik—’n HERSTELDE Huwelik.

Laastens, maar tog van kardinale belang, om direk hulp van ons (of enigiemand) te verkry kan jou Herstel benadeel—meestal omdat dit jou leer om op ons (en ander) te vertrou, eerder as om algehele onafhanklikheid en leiding van jou Hemelse Man te kry. 

“Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wĂȘreld genoem.

“Jy is ‘n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan ‘n man sy eie vrou vergeet? SĂȘ jou God.” Jesaja 54: 5-6

Op die oomblik is dit van uiterste belang dat jy op jou nuwe Man fokus en Hom leer ken—en die tyd alleen saam Hom spandeer. Dit sal wees soos om jou familie en vriende te kontak terwyl jy op wittebrood is.

Onthou, ons kursusse het gehelp om talle huwelike te herstel—so weereens—hou net aan om te beweeg, neem Sy hand en joernaal al jou vrae, bekomernisse, vrese en hoop in jou daaglikse joernaal.

“Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie?—1 KorintiĂ«rs 9:24

“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuienis rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlĂȘ, met volharding hardloop”—HebreĂ«rs 12:1-2

Onthou, jy moet gereed wees vir wanneer (nie as) meer KRISISSE opdaag, noudat jy op die regte nou pad na herstel is. In plaas daarvan om na ons of enige iemand anders te hardloop vir hulp, boekmerk Krisis Hoekie, wat jou sal help om te fokus op die Een wat kan en ALLES sal verander!! Jy kan luister na kalmerende Bybel verse gelees deur Yvonne in Suid Afrika.

Laastens, onthou die verse oor die saad wat gesaai is? Hier is die res van die storie, dit is jou keuse oor hoe die storie eindig: 

“Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ‘n oes; soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” Mattheus 13:18-23

Ons wil jou help om vrugte teweeg te bring en te dra met dit wat jy besig is om deur te gaan. Ons wil jou help om jou huidige smart te neem en te leer om jou seëninge te vermeeder. Ons sal uitkyk vir jou eerste joernaal nadat jy die INLEIDING van Kursus 1  gelees het en Chelle se ongelooflike getuienis wat jou nog meer hoop sal gee! 

Jou Verpersoonlike Evaluasie van ons Ministerie Span

Soos wat ons gesĂȘ het, sal ons vir jou ‘n verpersoonlike evaluasie stuur—sodra ons sien dat jy ernstig genoeg is om jou huwelik te herstel om tyd te belĂȘ om te joernaal. Meeste herstelde huweliks getuienisse sĂȘ dieselfde ding, dat dit die joernale is wat hulle verander het. Amper elke vrou wil haar storie vertel maar net 'n paar “dra ooit vrugte” en ons hoop dat dit JY sal wees. So dit is hoekom ons elke stap van jou reis ontwerp het om soveel vrouens as moontlik te help deur wat ons gesien het wat werk! 

Ons sal uitkyk vir elkeen van jou joernale van Kursus 1 en wanneer ons jou Herstel Reis Vorm ontvang, nadat jy jou eerste week se lesse voltooi het, sal ons vir jou jou huweliksevaluasie stuur en jou uitnooi om aan te sluit by ons Wyse Vrou Gemeenskap Vergaderings.

Jou evaluasie sal ‘n meer in diepte evaluasie wees, gebaseer nie net op die vraelys wat jy sopas ingedien het nie—maar ook op wat jy in jou joernale ingevul het. Dit sal jou meer aanmoediging gee as wat ons nou aan jou evaluasie werk, jy sal ook in staat wees om met ander eensgesinde vroue te vergader wie op dieslefde reis is, gelei deur ons Ministers wie Herstelde Huwelike het en die Oorvloedige Lewe leef as Sy bruid.

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spreuke 3:5-6 

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” Johannes 15:5

Om jou gemotiveerd te hou gedurende hierdie reis, sal ons vir jou ‘n geskenk stuur sodra jy Kursus 1 voltooi het—Kelly Todd “Te Min, Te Laat” My Herstel Reis—‘n Ware Verhaal Roman

Ons sal uitkyk vir jou joernale uit Kursus 1 en wanneer jy by Dag 8 kom (in die Bybel beteken die nommer agt ‘n nuwe begin), sal ons jou ‘n meer in-diepte evaluasie gebaseer nie net op die huweliks vraestel nie, maar oor wat jy joernaal het te stuur. Dit sal jou meer aanmoediging gee as wat as ons nou dadelik aan jou evaluasie werk.

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spreuke 3:5-6 

★★★★★ Resensies 

En ook die geleentheid om by een van ons aanlyn Zoom Vergaderings aan te sluit—waar jy ander eensgesinde vroue kan ontmoet.

Baie liefde vir jou,

Jou Huweliks Evaluasie Span