Beter vir My Toe, as Nou

“HERSTEL”

Dit het alles begin in Februarie 2012, ‘n paar dae na ons 7-jaar herdenking. My skoonsuster het my kom vertel dat my man by ‘n ander vrou betrokke was en ‘n jaar vantevore hy by ‘n verhouding betrokke was waarvan ek niks geweet het nie.

Ongelukkig het ek die situasie van dag een af verkeerd hanteer! Natuurlik, was ek verpletter en was my hart gebreek en ek het ‘n gevoel van ongeloof gehad soos (IS DIT WERKLIK BESIG OM MET MY TE GEBEUR???). Ongelukkig soos baie vrouens, het ek my man en die AV by sy werkplek waar hulle saam gewerk het gekonfrontreer, ek het net aangehou om die situasie verkeerd te hanteer deur rond te snuffel, vrae te vra en konfrontasies te veroorsaak.

Natuurlik, het my situasie net erger geword en ‘n maand of twee later het my man my gevra om uit te trek en ‘n plek te vind vir my en my dogter om te bly terwyl hy by die AV ingetrek het. En omdat ek aangehou het om hom na te sit en weer die AV gekonfrontreer het, het die AV my man forseer om van my te skei. Gedurende dit alles was ek besig om die Here na te streef en het ek deel van die “Staander Ministerie” geword, maar daar was baie wat ek nog steeds nie geweet het nie en moes leer, maar die Here het my vrede gegee aangaande die egskeiding.

God het my begin verander soos wat ek nader aan hom gegroei het as gevolg van die hartseer wat ek ondervind het deur my man met ‘n ander vrou te sien.

Soos wat ek desperaat gebid het, het dinge sleg begin raak tussen my man en die AV en ‘n paar maande later het hulle verhouding tot ‘n einde gekom en my man het by my ingetrek (maar toe was ons geskei) en dit het veroorsaak dat my twisgierigheid vererger. Ek het rondgesnuffel op my man se selfoon en ‘n foto van hom en ‘n nuwe AV gevind en dit is toe dat hy uitgetrek het en ingetrek het by ‘n vriend.  

Op daardie tydstip, het ek weer hartseer geword, my hart het gevoel asof dit in ‘n miljoen stukke breek. Ek het na die Here toe uitgeroep in desperasie en Hom gevra hoekom? Hoekom moes ek deur die pyn en hartseer van nog ‘n AV gaan, dit was die derde keer— Ek kon nie verstaan nie! Ek dog dat na my man ingetrek het dat ek ‘n herstelde huwelik “ervaar”. Dit was op hierdie tydstip dat ek werklik geglo het dat die Here my desperate pleidooie gehoor het en my gelei het na ‘n vrou wat ‘n gebedsversoek op ‘n webwerf gepos het en my die HJH boek gestuur het. Dit was die keerpunt en van die tyd dat ek die HJH boek gelees het!  

Deur HJH te lees is toe ek begin verstaan het en die vrede wat alle verstandhouding oortref begin ervaar het. God se Woord sĂȘ ons sal die waarheid ken en die waarheid sal ons vrystel, maar tot op daardie punt van die boek lees, was ek vernietig deur ‘n gebrek aan kennis.

God het my geleer om te vergewe, spesiaal in die begin toe ek uitgevind het oor die AV, dit was ‘n area wat ek baie oor gebid het en dit was nie maklik nie maar ek het geweet ek moes. Nou deur terug te kyk, bedank ek God omdat ek nou besef dat die nuwe AV my man se lewe binne getree het om my ‘n kans te gee om die beginsels wat ek uit die HJH boek geleer het te beoefen en ‘n toets vir my om aan my twisgierigheid te werk en te laat gaan.  

Nadat ek die HJH boek gelees het, en ook die Vry Huwelik Evaluasie Vraelys voltooi het en die Daaglikse Aanmoediger ontvang het met die wonderlike getuienisse van vrouens wat deur soortgelyke situasie gaan. Het ek ‘n les ontvang aangaande “intimiteit wanneer Geskei” en ek het my eerste lesse met RMI begin.

Ministerie Nota: Stander ministeries moedig vroue wat geskei is om intiem met hulle mans te verkeer, dit is hoekom haar man wat teruggetrek het, nadat hulle geskei is, Atarah laat glo het dat sy ‘n herstelde huwelik ervaar het.

Toe ek na RMI toe gekom het het ek nog ‘n belangrike beginsel geleer en dit was tiendes, aangesien ek hierdie beginsel aangeneem het en hier by my stoorkamer my tiendes gegee het, het ek nie aan ‘n tekort gely nie, nie ‘n dag het verby gegaan dat ek en my dogter nie gehad het wat ons benodig het nie!

Toe ek sonder werk was (nog ‘n Lof omdat ek ‘n nuwe werk in dieselfde week begin het en weer met my man getroud is), ek het nie gebrek gelei nie omdat wanneer ek regtig laag op fondse was en nie eens geld vir brood gehad het nie—het my Hemelse Man altyd op die laaste nippertjie voorsien! Wat ek geleer het was dat ons ons tiendes gee om die verteerder tereg te wys!  

Die moeilikste tye wat God my deur gehelp het was nadat my man weg is vir die tweede keer (nadat ek geglo het dat ek ‘n herstelde huwelik ervaar het) en ons weer uitmekaar gegaan het. Die eerste maand het ek baie gewig verloor en gesukkel om tot selfkennis te kom met wat ek besig was om deur te gaan. Ek was baie desperaat, ek het God gevra vir ‘n teken om my te wys waardeur ek besig was om te gaan en hoekom ek daardeur gaan, enige iets. Op twee verskillende gelenthede, het God met my gepraat.  

Die eerste keer was deur ‘n visioen waar Hy my ‘n been vol etter gewys het, en die etter het uitgekom en dit was besig om te genees. Toe wys Hy my ‘n seer, toe ‘n letsel en die seer het heeltemal genees met geen letsel nie. Toe op die tweede geleentheid het God met my gepraat deur ‘n kollega wat my vertel het van ‘n preek wat hy op Televisie gekyk het. Die prediker was besig om te preek oor hoe sneeu op die grond val en ‘n oes kan vernietig, maar die vernietigende oes is wat die grond vir die volgende oes voorberei omdat dit al die insekte en onkruid in  die grond vernietig.

Ek raai dat God met my op hierdie wyse moes praat omdat ek ten tye nie God se Woord gelees en bestudeer het soos ek nou doen deur RMI nie. Nou omdat ek elke dag die Bybel lees en die lesse daagliks doen deur RMI, het God my honderde en honderde beloftes deur Sy Woord wat ek gelees en studeer het gegee.

Die keerpunt in my herstel het gebeur toe ek die boek “Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel” begin lees het. Soos wat ek gelees het, het God my die gebiede begin wys wat gelei het tot die afbreek van my huwelik en waarvan ek moes bely. Deur die “Laat Gaan” beginsel toe te pas en die “Intimiteit Na Egskeiding” beginsel het tot GROOT positiewe en onmiddelike veranderinge gelei!!

Ek het vermoed en geglo dat ek na aan herstel was toe ek die HJH boek begin lees het en spesifiek soos wat ek die vry lesse begin doen het. Deur ‘n ‘Stander’ te wees, het ek deur baie terugslae en frustrasies gely waar dinge gelyk het asof dit goed gaan, maar dan gebeur iets en ek breek in stukke elke keer. Jy sien my man en ek het baie goed oor die weg gekom—selfs toe hy saam die AV “ander vrou” gebly het, ons het gesels en was nogal na aan mekaar. Maar die vermiste kabel was die beginsels wat ek geleer het deur die vry lesse, wat my Herstel Reis na die einde ‘n hupstootjie gegee het.

Ek sal alles wat RMI offer aanbeveel: die boeke, die videos, die Daaglikse Aanmoediger en meeste van alles, die hele Bybel elke dag in samewerking om jou daaglikse lesse elke dag te doen en deur God se Woord te bid, pak ‘n kragtige pons! Ek sal ook die 3x5 kaartjies wat RMI ons leer om neer te skryf aanbeveel en deur die dag te lees en ook om soveel as moontlik beloftes van God te memoriseer. Steek hulle weg in jou hart sodat die vyand nie God se beloftes kan steel nie.  

Ek moedig elke dame wat dit lees aan om nooit, nooit ooit op te gee nie!! Gaan net voort om jou daaglikse lesse te doen en as jy hulle nie doen nie—teken aan vir die lesse! En asseblief moet nie net ‘n hoorder van die Woord wees nie maar ‘n doener en doen alles wat jy geleer is. Jy is so geseĂ«n dat die Here jou hier na RMI gelei het om die waarheid van God se Woord te leer.

So wees seker om God se Woord in jou hart weg te steek, memoriseer soveel geskrifte as wat jy kan en onthou altyd dat GELOOF verskuif berge! God is ‘n God van die onmoontlike en Hy is MEER as in STAAT! Sy Woord sal nie nie onverrigter sake na Hom toe terugkeer nie, maar sal doen wat Hy gedoen wil hĂȘ!!  

“Beter vir My Toe as Nou”

Dit is al ‘n maand sedert ek ‘n herstelde huwelik ervaar het en ek is baie gelukkig, my man en ek is so verlief. Dit is alles en meer wat my hart begeer het vir ‘n herstelde huwelik. So gelukkig as wat ek is, is daar iets kort en ek weet al te goed wat dit is...

My Eerste Man. My hart, gedagtes en gees (in die besigheid van werk, my huis, my man, my dogter, was, kook en opruim) verlang na, smag na, my Man en ons albei wil terugkry wat ons op een slag saam gehad het: die tyd alleen saam met Hom, deur met Hom te praat, Hom te hoor met my praat. Sodra jy hierdie wonderlike MAN ken kan jy nie terug gaan nie.

Wanneer jy HOM NASTREEF, sal Hy jou wys soos wat Hy my gewys het. Soos wat ek die “Wat Nou” wat vir my van RMI gestuur is nadat ek my herstelde huwelik getuienis ingedien het gelees het. Dit is toe dat die Here my gewys het en dit is so snaaks, LOL, omdat voordat ek na RMI toe gekom het het ek dieselfde geskrif vir my toe vervreemde man, desperaat en koorsagtig—gebid het toe hy saam met die AV gebly het!!   

Hosea 2:7 “En as sy (ek het gesit hy of my man) dan haar minnaars probeer opsoek en hulle nie raakloop nie, hulle soek en hulle nie kry nie, sy sal dalk sĂȘ:”Ek sal na my eie man toe teruggaan, want ek was by hom beter versorg as nou.”

Destyds, het ek desperaat vir my man gebid, gebid dat soos wat hy agter sy minnaars aangehardloop het dat hy hulle nie sou vind nie, dat hy vir hulle sal soek en hulle nie vind nie. EN NOU WEET EK.

Hierdie geskrif was vir my, ja vir my!! Wat my getref het was hierdie woorde van die verse hier bo “Ek sal na my eie man toe teruggaan, want ek was by hom beter versorg”!

Gedurende die tyd wat ek geskei is, soos ek terugkyk, was ek “beter by hom versorg as nou”, my verhouding met my Man was idillies, ek het vir Hom gelewe, ek het soveel tyd saam Hom spandeer. Ek was lief vir hom en Hy was lief vir my; dit was so ‘n spesiale tyd, dit was heerlik, dit was wonderlik en dit was ongelooflik 🙂 Ek was mal daaroor!!!!

Dames, ek wil julle aanmoedig om julle tyd saam met julle Man (terwyl dit duur) te geniet, want voor jy dit weet, as jy op jou hemelse Man verlief raak en van jou AM laat gaan, sal jy aan jou aardse man herstel wees en verlang na die tyd wat jy eens op ‘n tyd net vir Hom gehad het.  

Ek prys God dat Hy vir my gewys het hoeveel beter dit vir my toe was as nou, omdat my aandag en fokus met Hom was en Hy het my geleer deur RMI om Hom eerste te plaas. “Maar ek het dít teen julle: julle het My nie meer lief soos in die begin nie.” Openbaring 2:4

God is so wonderlik en so in harmonie met jou wanneer jy bid, soos wat Hy jou groot en onverstaanbare dinge wys.

Jeremia 33:3 “Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.”

So ek is gelukkig om te hardloop en in my Man se arms in te spring, Sy liefde is ongelooflik!!

~ Atarah is een van ons Ministers in Afrika wat die gaping vul tussen “staanders” en om werklik ‘n HERSTELDE huwelik te ervaar en is ook die hoof van ons HR “Herstel Reis” ministerie.

Deur haar HM te omhels, het Atarah en haar man weer getrou, sy het ‘n verlengede Sabbatsverlof geneem maar sedert haar terugkoms help sy Yvonne en moedig ons almal aan, sy is bevorder weens haar deurlopende liefde vir haar HM! #Atarah


"Hertrou My Aardse man"

My lofverslag is gebaseer op vandag se Daaglikse Aanmoediger, “Waar Sal ek wees Sonder U Liefde”, omdat ek so aangemoedig is daardeur. Kan ek nie toelaat dat die vyand die vreugde van wat God op die oomblik besig is om in my lewe te doen nie te steel nie.

“Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word U teĂ«staanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.” Psalm 8:2

Ek het gedink wat  om in my LV te skryf maar het dit afgesit en gedink ek sal dit skryf nadat ek my geloftes afgelĂȘ het, ja dames julle het korrek gelees, my hertroue met my aardse man is op hande en ek Prys God en gee Hom al die glorie!!!

“Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.” Romeine 12:12

“Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom!” 2KorinthiĂ«rs 5:17

“Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is. “EfĂ©siĂ«rs 4:23-24

Wat ek julle oor wil aanmoedig vandag dames is dit: Moet nie bang wees om die ou self agter te laat nie, die ou ingesteldheid (gedagtes), die vriende, die familie, skoonouers, en neem die tyd aan om saam die Here te wees en Hom jou hemelse Man te maak en Hom toe te laat om Jou Man, Voorsiener, Trooster, en Krag te wees.  

Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Die verse het deur my resoneer nadat ek na ‘n drie dae vas so ver van die Here af gevoel het, en nadat ek GN het, het Hy my gewys dat ek Sy Woord in my hart en gedagtes gestoor moet hĂȘ, dat ek nodig het dat Sy Woord my vul en en my fokus wees. So dit was terug na my 3 x 5 kaarte nie net om te lees nie maar hierdie keer om te memoriseer. Wanneer ons God se Woord het wat ons harte en gedagtes vul, kan die vyand nie ons vreugde in die Here steel nie!  

Dames, ek wil julle aanmoedig, baie, baie LV of Herstelde Huwelike is op hande!! Bly op die Here gefokus, maak Hom ons Hemelse Man en gee Hom die No.1 plek in jou lewe. Toe ek en my aardse man begin uitgaan het, het hy vir my gesĂȘ dat “ek perfek is vir hom”. Ek het gewonder of ek ooit weer daardie woorde sou hoor. Wel, ek het dames! :), en hiervoor kan ek net vir die Here die hoogste Lof gee!!

“As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie...Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!” Psalm 27: 13-14

By RMI word ons Openbaring 2:4 geleer, “Maar ek het dít teen julle: julle het My nie meer lief soos in die begin nie.” Ek is seker dat die herstel reis sal altyd en vir ewig ‘n sukses wees wanneer ons “ons vreugde in die Here vind” en ons weet dat “Hy sal jou gee wat jou hart begeer”!!! 🙂 🙂 🙂

Hierdie getuienis en nog baie meer is
BESKIKBAAR in SAGTEBAND 

By the Word of Their Testimony (Book 3): Nothing is Impossible With God

KLIK HIER om jou eie copie te kry en merk en lees hoe ander, soos jy, dit deur hulle Reis na Herstel gemaak het en 'n HERSTELDE HUWELIK ervaar het.