Toe my ma die vorige dag die skuifdeur toemaak, het die deur ewe skielik vas gehak en my ma kon nie die deur oop kry nie. Ek was alreeds laat om my seun by die skool te gaan haal en ons het gesukkel om die deur oop te kry, toe ek die volgende oomblik die Here hoor sê dat ek Sy hulp moet vra, wat ek toe gedoen het en dadelik het my ma die deur oopgekry van die binnekant af.
Die Here is elke oomblik reg langs ons, ons moet Hom net erken en Hy is gretig om ons te help.
Lees hierdie gedeelte geneem uit ons Krisis Hoekie:
“Om die Here te erken” beteken dat jy besef dat Hy by jou is om jou te help, vir jou vrede te bring en jou te lei om te weet wat om te doen. Die belangrikste ding is om NIKS te doen as jy NIE heeltemal seker is dat dit die regte ding is om te doen nie! As jy te vinnig optree, sal dit beslis MEER seer en MEER skade veroorsaak as die aanvanklike krisis of aanval. En so dikwels sal jy agterkom dat die situasie homself oplos wanneer jy wag!
Kosbare liefste bruid, erken die Here in al jou omstandighede, in al jou seer, in al jou twyfel, die Here is meer as in staat om alles te verander. Gee op en oor aan die Here.
Liefste Janine. Hoe baie doen ek dit nie. Ek het die wete dat God hier reg langs my is, Sy hand alreeds uitgesteek na my toe, reg om te help, maar as Hy nie dadelik antwoord nie, wil ek oorvat … met slegte nagevolge. Ons moet net die heletyd, reg deur die dag, in elke omstandigheid met Hom gesels, Hom vra en Hy sal antwoord! As hy nie dadelik antwoord nie … wag op Hom, Hy hoor jou en sàl op Sy tyd antwoord.
Ons wonderlike Here is besig om my te leer dat ek moet ophou probeer oorvat en in beheer wil wees, wat ek moet erken ‘n baie slegte gewoonte van my was vir lank en ons wonderlike Here is besig om my in my omstandighede te leer om Hom in alles te erken. Hy sal beslis antwoord kosbare Betty, die Here is nooit ooit laat nie.
Hello Janine,
because He has given us His Word that He will never leave us or forsake us, we have the assurance that He is where we are. Like a shadow around us. We can expect from Him any help we need.. “Never will I leave you;
never will I forsake you.” So we say with confidence, “The Lord is my helper;…..Hebrew 13:5. For every circumstance.
I love the example you set about the door together with your mother. So simple but He is always faithful to help us with what is needed. How often have I experienced His help as Man in the house. And for the moments when I become impatient, I have been able to learn from His promises Be still before the Lord and wait patiently for him; Psalm 37:7. “…how much more will hasty feet miss the way!” Proverbs 19:2
Is het niet geweldig hoe Hij telkens weer zijn liefde💞toont aan ons als we Hem betrekken in alles wat we doen.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Hallo Janine,
omdat Hy sy Woord vir ons gegee het dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek sal laat nie, het ons die versekering dat Hy is waar ons is. Soos ‘n skaduwee om ons. Ons kan enige hulp van Hom verwag wat ons nodig het.. “Nooit sal ek jou verlaat nie;
Ek sal jou nooit in die steek laat nie.” Daarom sê ons met vrymoedigheid, “Die Here is my helper;…..Hebreërs 13:5. Vir elke omstandighede.
Ek is mal oor die voorbeeld wat jy saam met jou ma oor die deur stel. So eenvoudig maar Hy is altyd getrou om ons te help met wat nodig is. Hoe dikwels het ek Sy hulp as Man in die huis ervaar. En vir die oomblikke wat ek ongeduldig raak, kon ek uit Sy beloftes leer Wees stil voor die Here en wag geduldig vir hom; Psalm 37:7. “… hoeveel te meer sal haastige voete die pad mis!” Spreuke 19:2
Is dit nie wonderlik hoe Hy weer en weer sy liefde aan ons wys wanneer ons Hom insluit by alles wat ons doen nie.
Ja kosbare Kristine, Hy sal ons werklik nooit verlaat nie, dit laat my nou dink aan die belofte: U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. P139:5-6 https://www.bible.com/af/bible/6/PSA.139.5-6.AFR83
Thank you for the promise, i like it😘
~~~~~
Dankie vir die belofte, ek hou daarvan😘
Dankie Janine, toe ek jou lofverslag lees toe dink ek dadelik aan ons altwee wat ons sleutels verplaas het na die Wyse Vrou byeenkoms in Februarie en hoe Hy ons altwee gewys het waar ons sleutels is. Wat ek al geleer het gedurende my reis is om rustig te raak, Hom te vra, en dan net rustig te wag vir Sy antwoord.