Uittreksels uit die boek Herstel Jou Huwelik
Hoofstuk 14 “Eerste ‘n Klip op Haar Gooi”
“Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.” —Johannes 8:7
Met hierdie bybelvers het ek geleer dat dit vir my ook geld, dat ek nie my aardse man kan oordeel oor sy sonde nie, (wat ek bygesê erken dat ek dit baie gedoen het) ek moet na my eie sonde kyk.
Kan ek hom ooit weer vertrou? God sê dat ons, ons vertroue in Hom moet sit, en ons sal geseënd wees met ‘n getroue eggenoot. “So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak… Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.” (Jer. 17:5–7). Mense vra altyd vir my hoe ek my eggenoot kan vertrou. Ek antwoord deur te sê, “Ek vertrou nie my eggenoot nie—ek vertrou in die Here!” Dit is die Here wat my eggenoot se hart lei en hom getrou maak aan my. Prys die Here!
Hierdie woorde is alles omvattend: “Geseënd is die man(vrou) wat op die HERE vertrou.”
Vandag weet ek dis omdat ek al my vertroue in my aardse man gesit het, dat ek seer gekry het. My vertroue moes net in die Here wees, want die Here stel nooit ooit teleur nie.
Hoe kan ek my eggenoot help? Help hom deur te bid! “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” (Mark. 14:38). Elke vrou wat God toegelaat het om haar eggenoot se hart te lei, het getuig dat God die dwalende oë en ontrouheid verwyder het. (Hierdie is vrouens wie se eggenote al jare terug is by die huis!)
En hier kan ek getuig dat God antwoord as ons tot Hom bid. "Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle." 1T5:16-18, "En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil." 1J5:14, "Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry." M11:24