Lees Joy se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"Dit was Ek"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 14 “Eerste 'n Klip op Haar Gooi” 
 

“Laat diĂ© een van julle
wat sonder sonde is,
die eerste 'n klip op haar gooi.”

Johannes 8:7

Egbreuk:

Gronde vir Skei

Of

Gronde vir Vergifnis

Kan egbreuk vergewe word?

Ja. Jesus het vir die vrou gevra wat egbreuk gepleeg het: “Het niemand jou veroordeel nie? 
Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” (Joh 8:10–11). Eintlik, is egbreuk nie rede om te skei nie, dit is ‘n rede om ander te vergewe soos Christus ons gewys het in Johannes 8:10 hierbo.

Ons het ook ‘n voorbeeld van ‘n eggenoot wat egbreuk gepleeg het, en wat vergewe was in Hosea 3:1. “En die HERE het vir my gesĂȘ: ‘Gaan nog 'n keer, bemin ‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe
’ ” Dan in 1 KorintiĂ«rs 6:9–11, wanneer God verwys na hoereerders en egbrekers, sĂȘ Hy: “En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” Ons word skoon gewas deur die bloed van Sy vergifnis.

Maar, baie pastore beweer dat egbreuk ‘n rede is vir skei. “Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesĂȘ is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sĂȘ vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.” (Matt. 5:27–28). Indien dit waar is dat ebgeuk ‘n rede is om te skei, dan moes meeste vrouens al geskei gewees het omdat meeste mans vrouens op die televisie of in ‘n tydskrif al begeer het!

Indien jy al egbreuk gepleeg het, moet jy, jou sonde aan jou eggenoot bely indien hy nie daarvan weet nie. “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.” (Spr. 28:13).

Moet my eggenoot se egbreuk vergewe word?

Wat het Jesus gedoen? Jesus het vir die vrou wat egbreuk gepleeg het gesĂȘ, “Het niemand jou veroordeel nie? 
Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” (Joh 8:10–11). Het jy, jou eggenoot veroordeel?

Maar hy doen dit “aanhoudend”!

Wat het Jesus gesĂȘ toe Petrus na Hom kom en sĂȘ: “Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sĂȘ vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.” Dit is 490 keer! (Sien Matt. 18:22). Dit is wanneer vrouens se eggenote aanhoudend dieselfde sonde pleeg (soos myne het) dat ‘n pastoor of beraader die vrou oortuig dat haar eggenoot nooit sal verander nie; alhoewel dit nie Skriftuurlik is nie.

Indien dit waar was, sou meer as 9 uit 10 van ons gerestoreerde vrouens, nie vandag gerestoreer gewees het nie. Meeste van ons gerestoreerde huwelike is huwelike waar die eggenoot aanhoudend egbreuk gepleeg het, met ander woorde nie 'n “enkel aand verhouding” situasie nie. Meeste, indien nie almal van hulle, was baie tyd gegee om hulle sondes te bely, maar het geweier
 maar God
 God het die uitroep van die vrou gehoor wie in die bres getree het vir haar eggenoot en God het ‘n werk in haar eggenoot se lewe gedoen en sy hart heeltemal gedraai. (Vir meer inligting, lees hoofstuk 17 wat jou leer om Bybelverse te bid en om “in die bres te tree” en hoofstuk 16 wat jou leer oor die beginsels van bid en hoe om te “vas en te bid.”)

Is jy sonder sonde, dat jy die eerste moet wees om jou eggenoot met 'n klip te gooi? Jesus het ook aan die mense gesĂȘ wat die vrou wou stenig, wie egbreuk gepleeg het, “Laat diĂ© een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.” (Joh 8:7). Is jy sonder sonde dat jy die eerste klip op jou eggenoot moet gooi? Die waarheid is, “As ons sĂȘ dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.” (1 Joh 1:8).

Maar my sonde was nooit so erg nie! Laat my asseblief toe om jou te wys dat God jou sonde net so erg ag, as die van jou eggenoot. Dit is hoe God sonde sien: “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik (Syne?) owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, dronkenskap
; (en nou joune?) vyandskap, twis, jaloersheid, afguns
 ” (Gal. 5:19–20).

En as ek hom nie vergewe nie? Dan sal jou oortredinge ook nie vergewe word nie! “Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” (Matt. 6:15).

Waanneer God verwys na hoereerders en egbrekers, sĂȘ Hy, “En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” (1 Kor. 6:9–11). “Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou.” (1 Kor. 7:14). Aangesien jy en jou eggenoot een vlees is, wil ons hier by Restore Ministries vir jou aanraai om nader aan God te beweeg, sodat jy meer na Sy beeld gevorm word. Iets ongeloofliks sal in jou eggenoot begin gebeur, aangesien julle een vlees is—hy sal geheilig word! Hoewel, solank as wat altwee van julle in sonde lewe, sal julle altwee ongeheilig bly.

Maar egbreuk het voorheen gebeur! Laat ons weereens onthou wat Jesus vir ons gesĂȘ het toe Hy gevra was, oor hoeveel keer ons iemand moet vergewe. “En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sĂȘ: Ek het berou--moet jy hom vergewe.” (Luk. 17:1–4). (Sien hoofstuk 9, “Sagmoedige en Stille Gees” oor die paragraaf oor “harde liefde.”) Sien ook hieronder, hoekom dit aanhou.

Maar hy het nogsteeds nie sy sondes bely nie! Toe Jesus op die kruis gehang het vir jou sondes, het Hy uitgeroep, “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Luk. 23:34. (Weereens, sien hoofstuk 9, “Sagmoedige en Stille Gees” oor “Vergifnis.”)

Oorwin die kwaad deur die goeie. God het spesifiek vir Sy profeet Hosea gevra om weereens met sy vrou te trou, selfs nadat sy so oop en bloot ongetrou was aan hom. Hosea 2:1 sĂȘ, “Want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie
” Dan in vers 7, “Dan sal sy sĂȘ: ‘Ek wil heengaan en terugkeer na my vorige man, want toe het ek dit beter gehad as nou.’” Later in vers 3:1, “En die HERE het vir my (Hosea) gesĂȘ: ‘Gaan nog ‘n keer, bemin ‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe.’” God gebruik die storie van Hosea en om vir ons te wys hoe sterk Sy verbintenis is aan Sy bruid, die kerk (sien die boek van Hosea). En ook Lukas 15: die ouer seun antwoord en sĂȘ vir sy vader: “
toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.” Toe sĂȘ die pa vir sy ouer seun: “Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.” Wat sal jou eggenoot vind wanneer hy jou bel of kom kuier? Die vetgemaakte kalf, of sal hy veroordeel word?

Kan ek hom ooit weer vertrou? God sĂȘ dat ons, ons vertroue in Hom moet sit, en ons sal geseĂ«nd wees met ‘n getroue eggenoot. “So sĂȘ die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak
 GeseĂ«nd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.” (Jer. 17:5–7). Mense vra altyd vir my hoe ek my eggenoot kan vertrou. Ek antwoord deur te sĂȘ, “Ek vertrou nie my eggenoot nie—ek vertrou in die Here!” Dit is die Here wat my eggenoot se hart lei en hom getrou maak aan my. Prys die Here!

Hoe kan ek my eggenoot help? Help hom deur te bid! “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” (Mark. 14:38). Elke vrou wat God toegelaat het om haar eggenoot se hart te lei, het getuig dat God die dwalende oĂ« en ontrouheid verwyder het. (Hierdie is vrouens wie se eggenote al jare terug is by die huis!)

God sal dalk ander toetse in ons lewens bring, vir seker, maar nooit egbreuk nie. Wanneer God genees, sĂȘ Hy, “Dit is klaar.” Dit is ‘n totale genesing van egbreuk. Maar, onthou, indien jy in die vlees saai, sal jy in die vlees maai. Dames, indien jy, jou eggenoot ooreed of dwing om huistoe te kom, sal jy die gevolge daarvan moet dra. Leer om te wag. Wanneer dit van God af kom, sal daar geen hartseer wees nie! (Sien Spr. 10:22.)

Wat sĂȘ Sy Woord moet ons doen (of nie doen) as ons eggenote in egbreuk betrokke is?

Die egbreker vlei; ons moet opbou. Spreuke 29:5 sĂȘ, “ ‘n Man wat sy naaste vlei, sprei ‘n net uit voor sy voetstappe.” “Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting.” (Efe. 4:29). Die verskil tussen vlei en opbou is die hart. Wanneer iemand vlei, is die hart of die motivering “om iets te kry.” Die motivering van iemand wat opbou is om iets te gee—sonder om iets terug te verwag. Twee vrouens kan dieselfde ding sĂȘ, maar die verskil is in hulle harte. Watter tipe hart het jy? Kerm jy oor dit wat jou eggenoot nie gedoen het nie toe jy aan hom so gaaf was en hom vergewe het? Of hy jou gekerm hoor of nie, is nie belangrik nie. God hoor dit en Hy kyk na jou hart.

God sal wraak neem; jy moet dit nie doen nie! “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom.” (Kol. 3:5–6). “Want ons ken Hom wat gesĂȘ het: ‘My kom die wraak toe, Ek sal vergelde’, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.” (Heb. 10:30–31). Indien jy nog nie jou eggenoot vergewe het nie sal jy dalk bly wees wanneer God begin wraak neem. Hoewel, God waarsku ons: “As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie, dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oĂ« en Hy sy toorn van hom afwend nie.” (Spr. 24:17,18).

Moenie mislei word nie—jy hoef nie te weet wat jou eggenoot doen nie. “Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.” (Luk. 8:17). Dit is weggesteek van jou deur God wat jou wil beskerm. Daar is ‘n tragiese einde vir die wat God se beskerming teenwerk deur op hulle eggenote te spioneer; moet asseblief nie dieselfde fout maak nie! “Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.” (Efe. 5:12). En dames, hou op om oor jou eggenoot se sondige  lewe te gesels. Dit verheerlik nie vir God nie. Net die vyand sal bly wees dat jy so gewillig is om namens hom te praat!

Wat kan ons uit die Bybel leer

Omtrent Egbreuk en die Egbreker?

Dit is vleiende woorde wat ‘n man na egbreuk lei. “Want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie, maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp. Haar voete daal na die dood toe af, haar treĂ« streef na die doderyk toe. Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.” (Spr. 5:3–6). Terwyl jy besig is om hom af te kraak, is die ander vrou besig om hom te vlei. Terwyl jy nie saam stem nie, stem sy saam. Het dit verander?

Sy gebruik mooipraatjies om hom te verlei, ten koste van sy lewe. “Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan--sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.” (Spr. 7:21–23). Baie keer is dit baie skielik dat hy haar volg. Vele vrouens wie se eggenote in die pit van egbreuk geval het, vertel dat hulle, hulle eggenote gewaarsku het, maar dat hulle nie geluister het nie. (Sien hoofstuk 8, “Sonder Woorde” oor hoekom eggenote hulle vrouens se waarskuwings ignoreer.)

Dit is haar vleiende woorde wat ‘n man lei na egbreuk. “Sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.” (Spr. 7:5). Wanneer was die laaste keur dat jy, jou eggenoot geprys het vir enigiets? Hom ondersteun het? Opgewonde geraak het oor wat hy gesĂȘ het? Is dit enige wonder dat hy so maklik deur die ander vrou gevlei word?

Haar vleiende woorde is die oorsaak dat hy tot ‘n stuk brood verval. “Om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong. Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie; want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe. Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand? Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry? Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets; slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie.” (Spr. 6:24–33). Baie vrouens is verbaas oor hulle eggenoot se dade en oor wat hulle sĂȘ terwyl hulle egbreuk pleeg. Die Bybel stel dit duidelik: op die stadium is hy sonder verstand en besig om sy lewe te verwoes.

En God sĂȘ dat hy finansieĂ«l sal swaar kry. “’n Man wat met hoere omgaan, bring die goed deur.” (Spr. 29:3). Baie vrouens glo dat omdat hulle eggenote soveel geld het en hulle eie besighede het, sal dit nooit met hulle gebeur nie. God se Woord is op almal van toepassing. Elke vrou wat oor hierdie beginsel gedebateer het, het later vertel hoe haar eggenoot se geld deur die ander vrou gemors was en hoe hy alles verloor het!

Die egbreker is uit om die man te vang. Sy is buite (buitekant die huis) om dit te doen! “Daar kom ‘n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart--sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie.” (Spr. 7:10,11). Is hierdie ‘n beskrywing van hoe jy is? Is jy luidrigtig? Is jy rebels? Spandeer jy meer tyd weg van jou huis as om by die huis te bly? “Want ‘n hoer is ‘n diep kuil, en ‘n ontugtige vrou is ‘n nou put. Sy lĂȘ ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.” (Spr. 23:27). (Lees asseblief hoofstuk 13, “The Ways of Her Household” in “A Wise Woman” vir meer inligting.)

Die egbreker is mislei om te dink dat sy geen sonde gedoen het nie. “So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sĂȘ: ‘Ek het geen sonde gedoen nie.’” (Spr. 30:20). Vrouens wat hulp kom soek het vir hulle huwelike het ook al gesĂȘ, “Ek het geen sonde gedoen nie.” Het jy verantwoordelikheid geneem vir jou huwelik wat besig is om te verbrokkel? Tensy jy lank en hard kyk na wat jy verkeerd gedoen het in jou huwelik en ophou om jou eggenoot se sondes raak te sien, sal jy nie gerestoreer word nie.

Die egbreker is ‘n vyand van God! “Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wĂȘreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wĂȘreld wil wees, word ‘n vyand van God.” (Jak 4:4).

God sal vir haar tyd gee om haar sondes te bely en haar dan in groot verdrukking plaas! “En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie. Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.” (Open. 2:21,22). Ons sien dit baie. Alle mans wat in ‘n owerspelige verhouding gebly het, het onder groot verdrukking gekom. Dit is hoekom jou huis vol vreugde moet wees, sodat hy na ‘n rustige plek kan terugkeer. Hy moet weet dat die twisgierige vrou weg is! Indien God hom nie huistoe gebring het nie, is jy nie gereed daarvoor nie. God kan enige tyd ‘n krisis in jou man se lewe toelaat sodat hy kontak maak met jou. As daar eers verandering is, sal God getrou wees om hom huistoe te bring. Tot dan wil God hĂȘ dat verandering in jou moet plaasvind en Hy wil jou hart verander.

Ons het ook al gesien dat daar tenminste vier gevalle was waar die ander vrou wat nie haar sondes bely het nie, baie siek geraak het (kanker, ens).

“En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.” (Open. 2:23). Ons het al twee gevalle gehad waar ‘n kind dood is. Een vrou het ‘n miskraam gehad, wat die dokters beskryf het as ‘n “parasiet.” Ons by Restore Ministries het nou net gehoor van ‘n ander geval waar ‘n vrou aangehou het om egbreuk te pleeg met iemand anders se man, nadat sy daarteen gewaarsku was. Haar oudste seun is dood aan kanker!

Hierdie is ‘n Geestlike Oorlog. Dit moet in die Gees geveg word. Lees asseblief weer hoofstuk 8, “Sonder Woorde” om meer te verstaan oor Geestelike Oorlog. Ons het voorbeelde van gebede in hoofstuk 17 wat baie kragtig is, en gebid kan word vir egbreuk. Ignoreer altyd die versoeking om in die vlees te veg. Boeke, televisie, en wel-bedoelende vriendinne sal dalk probeer om jou te ooreed om “harde liefde” te gebruik, maar dit sal lei na meer seerkry en totale verbrokkeling van jou huwelik. En om meer verleidelik te wees ook. Beide keuses is nie ‘n oplossing vir hierdie sonde nie. Dit is ‘n Geestelike Oorlog. Dit moet geveg en gewen word in die Gees. Liefde, soos beskryf in 1 KorintieĂ«rs 13, is altyd die regte antwoord!

As jou eggenoot eers voel dat hy jy kan vertrou (omdat hy weet jy hom nie gaan probeer ooreed om terug te kom na jou toe nie) is dit nou die tyd om hom te lok soos beskryf in die boek van Hosea. Indien jy ‘n goeie lering oor hierdie onderwerp wil hĂȘ, die Q&A video, "Alluring and Unconditional Love” het al baie gehelp.

Verlei is baie anders as om op te bou. Opregte en liefdevolle woorde is opbou. Vergifnis is opbou. Iemand vol vreugde is opbouend. Moenie vergeet om jou eggenoot op te bou met liefdevolle woorde en dade nie, wat dit duidelik stel dat jy hom vergewe het. “Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.” (Hos. 2:13). Weereens, vir ‘n dieper begrip oor die beginsel van opbou, sal jou goed doen om die video oor “Alluring and Unconditional Love” te kyk.

Wees opgewonde wanneer jou eggenoot bel of kom kuier. Dit is nie najaging om opgewonde te raak nie. Laat hom weet deur die opgewondenheid in jou stem, en met entoesiasme dat hy baie spesiaal is en dat jy hom baie liefhet. Hoewel, indien jy hom nooit laat gaan het nie, sal dit hom wegdryf. Jy moet eerste seker wees dat hy weet dat jy hom regtig laat gaan het, en dan begin om hom op te bou met jou vriendellike woorde.

Met ooreenstemming. Baie vra wat hulle moet maak as hulle eggenote met hulle intiem wil wees. “Maar vanweĂ« die hoererye moet elke man sy eie vrou hĂȘ, en elke vrou moet haar eie man hĂȘ. Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir 'n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.” (1 Kor. 7:2–5).

Indien jy steeds getroud is, maar jy weier om intiem te wees, weier dat hy in jou bed slaap of in ‘n aparte kamer slaap (vir watter rede ookal), is jy besig om reg in die vyand se hande te speel en saam met hom te werk. ‘n Ongelowige vrou sal definitief seker maak dat haar eggenoot uit haar bed en huis gegooi word. “En as julle diĂ© liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook diĂ© lief wat vir hulle liefhet.” (Luk. 6:32).

Wanneer ‘n sondaar of iemand wat “nie skoon is” na Jesus toe kom, is Hy altyd liefdevol en vreindelik en raak selfs altyd aan hulle. Hy sĂȘ dat almal wat na Hom toe kom; sal Hy nooit uitwerp nie! (Sien Johannes 6:37.) Maak nie saak hoeveel keer ‘n sondaar na die Here toe kom nie, sal Hy hulle altyd terug verwelkom, al weet Hy dat hulle hom net weer gaan verwerp. Tree jy soos Christus op?

Die verse hierbo is vir getroudes, maar as ‘n egskeiding reeds plaasgevind het mag jy nie intiem verkeer met jou gewese eggenoot nie.

Persoonlike verbintenis: om te vergewe. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek myself om op die Here te vertrou en nie in die vlees te baklei nie. Ek sal my eggenoot daagliks vergewe en ook almal wat betrokke is. Ek sal ‘n sagmoedige en stille geaardheid toon terwyl ek met die gesindheid van vergifnis wandel.”

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui