EK LOOF EN PRYS GOD VIR HIERDIE BEDIENING

Vandag wil ek vir ons Hemelse Vader al die lof en eer gee vir die vriendin wat Hy in my lewe ingestuur het en vir hierdie bediening en die vrouens wat ek deur hierdie bediening ontmoet het. Ek voel net ek hoort iewers. Ons Hemelse Vader is so getrou.

Nie een van ons hoef alleen deur seer te gaan nie, alhoewel ons Hemelse Vader vir ons genesing gee. Ek onthou hoe ek in die gebou waar ek tans werk gevra het dat ons Hemelse Vader vir my ‘n vriendin sal stuur en deur Yvonne se seer het ons Hemelse Vader haar na my toe gestuur en ons is tot vandag toe nog vriende en elke keer wat ek met haar praat wil ek net nader ons ons Hemelse Vader beweeg.

En toe ek by die bediening betrokke raak, het ons Hemelse Vader my onder bekwame hande gelos (want ek is nie altyd heeltemal georginiseerd nie) en ons Vader het my onder Adina se hande gelos, wat so sagte stil gees het en ek leer so mooi by haar en sy is so geduldig met my.

En hierdie hele bediening skep in my ‘n honger net meer en meer na ons Hemelse Vader.

Ek loof en prys God daarvoor, Hy weet presies wat en wanneer ons dit nodig het.

En dit laat my so dink aan die Bybelvers:

EKSODUS 17:12 NLV
Moses se arms het naderhand begin moeg word. Aäron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit. Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het.

En dit is presies wat ons Hemelse Vader doen met hierdie bediening en die vrouens wat Hy in ons lewens stuur, is Hy nie wonderlik nie!!!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui