Wat is die Oorvloedige Lewe?

 
Wat is die Oorvloedige Lewe?
Die oorvloedige lewe is die lewe wat ek uiteindelik leef.  Dit is ‘n lewe wat vol “vreugde onbeskryflik” is, omdat dit vol van God se glorie is!  Dit is ‘n lewe wat ek glo, Jesus gesterf het om vir ons te gee, maar wat baie min ooit in hulle leefyd bereik! Die NLV vertaling, definieer hierdie lewe as “oorvloedig [om nog groter perfeksie te bereik deur hierdie lewe te lei].” 

Oor die laaste paar maande, het die Here my in ‘n nuwe lewe gebring, ‘n lewe van oorvloed. Hierdie lewe het vir my en meeste Christene, na iets onbereikbaar gelyk.  My lewe was ‘n lewe van sukkel, nie die maklike lewe waarvan Jesus gepraat het in Matteus 11:29 nie. “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.”

Alhoewel my reis na die oorvloedige lewe nog glad nie voltooi is nie, kan ek vir jou sĂȘ dat ek rus vir my siel gevind het en onbeskryflike vreugde, vol van glorie!!! 

“Sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.”  (1 PETRUS 1:7-9)

Ons lees verse soos Johannes 16:33, “Dit sĂȘ Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My.  In die wĂȘreld sal julle dit moeilik hĂȘ; maar hou moed:  Ek het die wĂȘreld klaar oorwin.”  Al waarop ons ooit fokus is  “In die wĂȘreld sal julle dit moeilik hĂȘ,” aangesien dit is hoe ons dag in en dag uit lewe.

Hierdie lewe van beproewing, sukkel of pyn en hartseer, is nie God se plan nie. Dit is nie hoekom Jesus na hierdie wĂȘreld toe gekom het om vir ons te lewe en te sterwe nie.  Ek glo dat ons ‘n lewe van vreugde moet leef, wat so ongelooflik is dat ons dit skaars kan beskryf—‘n vreugde wat onuitspreeklik is, omdat dit vol van God se glorie is!! 

Net soos wat Jesus se krag deur die kruis gekom het, glo ek dat dit in ons kruis is, wat ons ook die krag sal verkry om hierdie soort lewe te lei, wat deur die hele wĂȘreld beny sal word. Ons lewens moet ‘n lewe wees wat die donkerte van vandag se wĂȘreld sal verlig; ‘n lewe wat ‘n baken van lig sal word om vroue te lei wie se lewens in die donkerte verlore is.  Te midde van hulle donkerte, kan ons lig vir hulle die pad wys na die Een wat vir hulle hulle eie oorvloedige lewe kan gee.  “. . . want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wĂȘreld oorwin.  En die oorwinning wat ons oor die wĂȘreld behaal het, is deur —ons geloof” (1 Johannes 5:4). 

Mag julle nooit vergeet dat “Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wĂȘreld is” (1 Johannes 4:4).

Moet ons wag totdat ons in die hemel kom voordat “Hy sal al die trane van hulle oĂ« afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeĂ«r het verbygegaan.” (Openbaring 21:4)?

Ek het voorheen so gedink, maar nie meer nie.

Vandat ek hierdie lewe gevind het, het ek die onversadigbare drang om hierdie lewe met elke vrou wat ek ken te deel!  Dit is verby vryheid, dit is ver verby vrede vind—dit is ‘n lewe wat  maak dat jy wil uitbars en begin sing en dans!!

Hierdie lewe was nie verkry deur ‘n manier wat onbeskikbaar of onbereikbaar is vir enigeen nie. Dit beteken dat wat ek nou het, jy ook kan hĂȘ, en jy kan dit aan jou vriende, jou dogter, jou ma of jou suster gee!  Verbasend, dit is nie in wat ek verkry het nie, maar in werklikheid, toe ek alles verloor het!

Het Jesus nie dit vir ons gesĂȘ nie?  Het ons nie geluister nie, of het ons nie die regte oor gehad om dit te hoor nie?  “Want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry’”(Matt. 16:25).

As Christene, lyk dit dikwels asof ons “kop kennis” van hierdie beginsel het, asook baie ander beginsels, waarvan Jesus ons vertel het toe Hy aan Sy apostels bediening gegee het of toe Hy die Saligsprekinge met duisende gedeel het—maar ons lei nie daardie lewe nie.  Ons leef dit nie uit nie.  Ons het die geloof om te glo dat dit werk, maar ons leef nie daardie geloof uit nie; daarom, “ 'n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood.  So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood” (Jakobus 2:26).

Vir die meeste van ons, is ons bestaan ‘n lewe wat dood is of besig is om dood te gaan.  Tog, Jesus het gesterf sodat ons ‘n LEWE kan hĂȘ en dit oorvloedig kan hĂȘ!  Daardie woord oorvloedig beteken vir my ‘n lewe wat oorloop met goeie dinge— en dit begin met vreugde!

Dames, hierdie lewe is beskikbaar aan ieder en elk van ons.  Ek het oor die verloop van die  afgelope paar maande gevind, dat dit verkry kan word deur die lewe te verloor wat ons sukkel om te behou.  Dit is daarin om waarlik ons lewens oor te gee en die beginsels uit te lewe wat almal in die Bybel gevind kan word, maar nooit regtig uitgeleef word nie, wat die vreugde bring wat meeste van ons ontwyk.

Gedurende die verloop van my eerste huweliks herstel, het ek die beginsels uitgeleef wat in die Herstel Jou Huwelik boek gevind word en het ‘n herstelde huwelik verkry.  Maar, ek het hierdie beginsels met soveel vrees en huiwering uitgeleef as gevolg van die vlak van my geloof daardie tyd.  Wat erger was, was dat ek die lewe wat Ă©k wou gehad het, gesoek het.  Dit het nooit by my opgekom dat ek gelukkig kon wees (om nie eens te praat van vreugdevol) as God nie my huwelik herstel het nie.  So ek het spesifiek gebid (soos ons geleer word in Bybelstudies)  en die beginsels gevolg (wat ons bediening vroue altyd aanmoedig om te doen).  Vandat ek my oorvloedige lewe gevind het (toe ek alles verloor het), het ek besef dat Jesus ook vir ons gesĂȘ het om te bid  “Laat U wil geskied.”

Wat my aandag getrek het, was toe ek die vroue wat herstelde huwelike gehad het begin sien het, maar hulle het lewens van sukkel, pyn en hartseer gelei en dit het my gemotiveer om weg te beweeg van waar ek gevestig was—aan hierdie kant van die Jordaan.  Hierdie kant van die Jordaan is net langs die woestyn maar is op die oewer van die rivier.  Dit lyk groen met ‘n oorvloed water, maar dit is nie die beloofde land nie.

As gevolg van al die vrae wat na my toe gestuur is, deur herstelde vrouens wat vermeng was met ‘n gesukkel, pyn, vrees en verbystering, wat ek ook ervaar het, het het weer begin om God te soek vir wat Hy in my lewe wou doen.

“So sĂȘ die HERE die Almagtige:  Nog een keer, binnekort, sal Ek hemel en aarde, see en land laat bewe.  Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sĂȘ die HERE die Almagtige.  Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sĂȘ die HERE die Almagtige” (Hag. 2:6, 9).

Eerlikwaar, ek het geen idee gehad waarna ek gesoek het nie, maar God het my geroep om hoër te gaan en weer na nuwe en onbekende gebied te gaan, om sodoende Sy dogters te seën wie Hy aan my toevertrou het.

Wat ek gevind het was die fontein van jeug, die innerlike vrede, die ware betekenis van die lewe, die geheim van lewe en hoekom ons geskape was—alles in ‘n oogwink.  Ek het dit in die vers hieronder gevind, wat die Here vir my meer as tien jaar gelede gegee het, maar wat my verbyster en dronk geslaan het, tot net ‘n paar weke gelede.  Ek het dit amper elke dag gelees en het selfs met ander daaroor gepraat oor wat hulle gedink het dit werklik beteken.  Ek het geweet dat God dit vir my gegee het, en dit mag dalk net die sleutel wees om die geheim oop te sluit van die oorvloedige lewe waarna ek gesoek het.

“Daarom, so sĂȘ die Here : ‘As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat hĂșlle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer nie’ ” (Jer. 15:19) 

Dit mag eenvoudig genoeg lyk, maar die ware betekenis het my vir jare ontwyk.  Ek het dit weer gelees, gedeeltes bygevoeg om te help om dit meer sinvol te maak en het selfs twee woorde aan die einde van die vers geskryf toe ek vir God gevra het om vir my meer duidelikheid te gee. Hier is wat ek sou lees “Daarom, [Michele] so sĂȘ die Here: ‘As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan [alleen]; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat hĂșlle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer [vir hoop of hulp] nie’ “ (Jer. 15:19).

Dit was die “wat edel is, en niks onedels nie” wat my die meeste oorbluf het.  Ek het aanhou kyk na verskillende dinge in my lewe en het probeer om dit te vergelyk om te sien of dit edel of onedel was, om vas te stel of ek dit uit my lewe moes haal.  Dit het my so baie jare geneem om te ontdek wat ek alreeds in my kop geweet het, maar ek moes dit in my hart ontdek. Dames . . .

Hy is kosbaar—enigiets anders is waardeloos!

Jy mag dalk dink dat jy dit weet en dat ek ongelooflik onnosel is.  Maar tensy jy ‘n lewe lei wat hierdie beginsel skreeu, is dit net kop kennis!

Ek het geweet dat sodra ek “dit verstaan het”,  God my sou roep om Sy woordvoerder te wees! Voor hierdie openbaring, was ek ‘n vrou wat baie gelukkig was as sy nooit haar huis verlaat het nie—nou reis ek rondom die wĂȘreld!  Dit is hierdie beginsel, glo ek, wat Jesus se apostels verander het van mans wat weggekruip het in die bokamer, tot mans wat gemartel sou word en selfs aan die kruis hang.

Die oorvloedige lewe is een wat oorgegee is.  Om alles wat ons wil hĂȘ, wat ons dink ons gelukkig sal maak, en al die beheer wat ons dink ons oor ons lewens het, oor te gee (en die lewens van al die mense rondom ons).  Ek, soos jy, het gedink dat dit die lewe was wat ek besig was om te lei.  Ek het Jesus Here van my lewe gemaak, maar het nooit oorweeg om die lewe te vind waarvoor ek geskape was nie, wat ek nou uiteindelik lewe.

Die eerste rede waarvoor ons geskape was, is vir gemeenskap met God.  Toe ek diep in my siel begin smag het om saam met God in die ‘koelte van die dag” te loop soos Adam, saam met God te loop soos Enog en Hom van aangesig tot aangesig te sien soos Moses, het ek geen idee gehad hoe om dit te doen nie.  So ek het vir God gevra om my te wys hoe, aangesien alle wysheid van bo is en Hy sal wysheid gee aan enigiemand wat vra.

In my soektog, het my hart begin verander na wat my gemotiveer het om uit te vind hoe om hierdie soort intimiteit met die Here te hĂȘ.  In plaas daarvan om dit te wou hĂȘ vir wat intimiteit vir my sou doen, het ek gou uitgevind dat ek diep intimiteit vir Hom, my Beminde wou hĂȘ.  Ek wou bo alles die vrou wees wat hy my geskape het om te wees—Sy metgesel!  Ek wou so na aan Hom wees dat ons ‘n vriendskap kon hĂȘ en so verlief wees op Hom (omdat Hy dit verdien het) soos wat Hy op my was.

Die ontdekking van edel en onedel was gevind toe ‘n sendeling ons kerk besoek het en die storie vertel het van ‘n klein dogtertjie wat hy gevind het, sy het op die strate gelewe en was besig om dood te gaan.  Die sendeling was geroep om IndiĂ« te verlaat en na die state toe te kom.  Hy moes die klein dogtertjie groet, wetende dat dit die laaste keer sou wees wat hy haar lewendig sou sien.  Toe hy haar ‘n drukkie gee, was hy so gebroke en hartseer toe sy gesĂȘ het, “Jy hoef nie hartseer vir my te wees nie, want ek het Jesus.  Jesus is al wat ek nodig het.  Hy is alles.  Ek het alles wat ek nodig het.”  Hierdie jaar was die tweede keer wat ek diĂ© storie gehoor het, maar hierdie keer het dit my lewe vir ewig verander!

Ek het vir die Here begin vertel dat Hy alles was wat ek wou gehad het,  Hy was al wat ek nodig gehad het en dat as ek Hom gehad het, ek alles gehad het wat ek nodig het!  Hoe meer ek dit gesĂȘ het, hoe meer het Hy die liefde van my lewe geword.  Wat ek gesĂȘ het, het geword wat in my hart was!  Wanneer moeilikheid teen my gekom het, het ek vir die Here gesĂȘ dat Hy al was wat ek wou hĂȘ en al was wat ek nodig gehad het.  Onmiddelik, het dit wat teen my gekom het nie meer saak gemaak nie,  dit het sy angel en uitwerking oor my verloor.

Hierdie denkwyse het my hart verander om in staat te wees om nie net uit te hou nie, maar het  die verwoesting wat teen my gekom het (ons familie en my ministerie) meer as oorkom toe my man aangekondig het dat hy van my gaan skei.  Dit is te midde van hierdie soort krisisse wat jy tot die hoogtes van vreugde gebring sal word wat onuitspreekbaar is! 

Jy sal Hom hĂȘ soos hierdie klein, sterwende dogtertjie Hom gehad het en hoe ek Hom nou het. As dit nie vreugde genoeg is nie, “dan sal hy julle ook al hierdie dinge gee,” die klein, sterwende dogtertjie was genees, heel en gesond toe die sendeling teruggekeer het.  Sy het Jesus gehad, en Hy was al wat sy nodig gehad het om te lewe.  Ek is nie besig om dood te gaan nie, alhoewel my man my ‘n maand gelede geskei het, en ek nou die enkel ma van ses is.  Maar ook ek, het Jesus en Hy is al wat ek nodig het om die oorvloedige lewe te leef! 

Ek hoop dat hierdie eerste hoofstuk jou dors en begeerte vermeerder het om meer van Jesus te wil hĂȘ—om Hom intiem te ken soos wat Hy alles word wat jy wil hĂȘ en nodig het. Jy het nie nodig om enigiets te laat gaan nie, maar om eenvoudig te doen wat God my gelei het om te doen.  Begin nou dadelik om vir Jesus te sĂȘ;  Hy is alles wat jy wil hĂȘ, Hy is alles wat jy nodig het en as jy Hom het, het jy alles.  Wanneer beproewinge teen jou kom, sĂȘ hierdie woorde oor en oor todat dit wat gebeur (of gebeur het) nie meer saak maak nie.

SĂȘ hierdie woorde elke oggend wanneer jy wakker word en wanneer jy in die aand jou kop op die kussing neerlĂȘ.  SĂȘ dit hardop, in jou hart en wanneer jy na jou gebeds hoekie toe gaan.

Wanneer jou kop kennis, ‘n hart toestand word, sal niks seermaak nie, niks sal jou uitmekaar laat val nie, en niks sal jou ontstel nie.  As jy seer het, as jy uitmekaar val, as jy ontsteld of bang is, dan het jy meer van Hom nodig.  Kosbare een, meer van Hom is nie te vinde daarin om oor Hom in jou Bybel te lees nie, om Bybelverse aan te haal of die duiwel tereg te wys nie.  Dit word in intimiteit met Hom gevind.

Dit beteken nie dat jy nie meer jou Bybel lees nie (dit is jou liefdes briewe en beloftes van Hom), en dit beteken nie dat jy nie Bybelverse aanhaal nie (aangesien dit jou gedagtes hernu sodat jy soos Jesus kan dink), dit beteken ook nie dat jy ophou bid nie (begin net om te bid deur jou hart en seerkry te deel en om te los wat deur Hom gedoen moet word—U wil sal geskied!).  Aangaande die tipe gebede wat ek voorheen gebid het (die geestelike oorlog tipe), ek het ontdek dat met die Here as my Man, is Hy mal daaroor om my gevegte vir my te baklei.  My posisie is aan Sy sy, as Sy bruid, om te fokus op my beminde en Hom te koester soos wat Hy verlang om gekoester te word.

As jy 'n verstote en bitter bedroefde vrou is wat verwerp is, roep Jesus jou om Sy bruid te word! Sal jy? Sal jy dit alles agter los (die bekommernisse, die pyn, die vrae en die moeisame verhoudings) en na Hom alleen streef?

“ ‘Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die HERE roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet?’ sĂȘ jou God. Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die HERE die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wĂȘreld genoem” (Jesaja 54:6-5).

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Copyright © 2024 UiteindelikHoop.com a branch of Restore Ministries International ‱ POB 830 ‱ Ozark, Missouri 65721 U.S.A ‱ 501(C)(3) NON-PROFIT ‱ EIN 59-3511048 ‱ RestoreMinistriesInternational.com
Translate »