Ons ENIGSTE Man Ons Hemelse Man

♕ Vandag se Belofte:  "Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie profesieĂ« geringskat nie." 1 Tessalonisense 5:18-20

Luister na Mercy se ☊ Lofverslag

Vanoggend het ek met die Here gepraat en Hom vertel dat ek 'n lofverslat wou skryf maar dat ek regtig geen idee gehad het waaroor om te skryf nie. En Hy het! Ek het my gewone oggend roetine begin deur die Daaglikse Bemoediger te lees en dit was daar na ek my eie LV gelees het 🙂 wat oor een van die lesse in Versit Berge was en ook na ek deur my volgende les in Versit Berge die dag vantevore gelees het en in uiters verwondering na my asem gesnak het oor die inhoud, wat ek besef het dat my Hemelse Man wou gehad het dat ek 'n LV oor die Ministerie moes skryf.

Om die dames te vereer wat onvermoeid aan die Boeke, die Vertalings, die Getuienisse, die Podcasts, die Webwerwe en die lys gaan aan en aan werk...soos die Ministerie wat ook aan en aan en aan gegaan het vir 30 jaar! Kan jy jouself voorstel as RMI 'n reĂŒnie kon hou het vir almal wat 'n herstelde huwelik ervaar het deur hulle webwerf, maar nog beter as ons 'n reĂŒnie kon hĂȘ vir almal wat Sy Bruid geword het, dit sal iets wees soos wat hulle in China het waar meer as 100 bruide en bruidegomme op dieselfde dag trou. Net daar sal net EEN Bruidegom wees en Hy sal ons ENIGSTE Man en ons Hemelse Man word.

'n Groot DANKIE gaan aan ELKEEN wat in die verlede en huidig deel van die hierdie Ministerie was en is. En op enige manier bemoedigend was. Hulle was instrumenteel daarin om lewens te verander, families saam te bring, en die seerkry te genees, en vir ons 'n Man, ons droom Man te wys. En laastens maar sekerlik nie die minste nie 'n groot dankie aan Erin dat sy die roeping op haar lewe beantwoord het, om deur alles te gaan waardeur sy gegaan het en deur dit alles, deur dit alles haar oog op Hom gehou het. Want dit is deur my HM en hierdie Ministerie dat dit goed gaan met my siel.

Dankie Hemelse Man dat Jy altyd jou arms wawyd oop het om almal na jou toe te verwelkom, dieselfde soos wat jy jou arms wawyd oop aan die kruis versprei gehad het en al ons sondes op jou geneem het.

Net bevestiging dat Hy my gelei het om 'n LV (Lofverslag) te skryf oor danksegging nadat ek my LV (Lofverslag) geskryf het voordat ek dit ingedien het het ek voort gegaan met die Bemoediger en het ek die 25 ste Mei bemoediger Streams in the Desert gelees wat BEVESTIG het hoe belangrik prys en danksegging is. Dankie MY Hemelse man vir Jou bevestiging en hoe Jy met my gepraat het deur Jou Woord en deur Jou klein stil stem. Dames gebruik die hulpbronne en alles sal ook goed gaan met julle siele :).

~ Mercy in Botswana
Volg #Mercy Follow #Mercy
I’m a
tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!