Uitbars in ‘n Liedjie en ‘n Dans

♕ Vandag se Belofte: Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sĂȘ jou God...Hy wat jou gemaak het is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Jes. 54:6-5

Luister na Mercy se ☊ Joernaal

Liewe Bruide, As jy die lewe wil vind wat jou sal laat uitbars in 'n liedjie en 'n dans. Sal jy die riglyne kry in hierdie les!

Ek word op die oomblik deur sommige lede van my familie verwerp insluitende my kinders maar dit maak nie saak nie, omdat my Hemelse Man my geroep het en ek is nie meer bang vir verwerping nie.

Ek het geleer dat vreugde nie bekombaar is na die herstel van ons huwelike nie. Dat die oorvloedige lewe nie gevind word in jou gade of familie nie. Daarom gaan ek meer tyd saam met Hom spandeer as om my te bekommer wat ander insluitende my familie dink.

Ek sukkel met my verlede omdat ek die oorsaak was dat my huwelik verbrokkel het, en daarom het ek altyd onvolwaardig gevoel vernaam rondom my eie kinders. En ek het hulle toegelaat om my te behandel soos wat hulle wou omdat ek altyd skuldig gevoel het. Nou het ek geleer dat dit onbelangrik is wat ander dink. Dit is net belangrik wat God van my WEET en wie ek in HOM is.

Liewe bruide wanneer God sĂȘ dat alles anders waardeloos is dan bedoel Hy alles en almal, dit sluit in jou geliefdes, omdat somtyds is hulle diegene wat jou waardeloos maak voel.

"Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sĂȘ jou God...Hy wat jou gemaak het is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser" Jes. 54:6-5

~ Mercy in Botswana
Volg #Mercy Follow #Mercy

I’m a
tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!