VIND DIE OORVLOEDIGE LEWE – HOOFSTUK 9

Uittreksels uit Vind die Oorvloedige Lewe
Hoofstuk 9 ”Gee?”

Wanneer dit lyk asof jy niks oor het nie, moet jy gee om te ontvang. As jy faal om te gee, sal jy behoeftig bly.

“Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie ‘n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hĂȘ. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is” (Spreuke 11:24-25).

Die Boodskap Bybel stel dit so: “Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer. Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. Wie ander se nood raaksien, is ‘n gelukkige mens. As jy ander help, sal jy gehelp word as jy dit nodig het.

Hoe groter die nood krisis is, hoe groter die gehoorsaamheid wat geverg sal word, die resultaat sal ‘n groter seĂ«ning wees wat oorloop―ingestamp, geskud en propvol.

Daarom, as jou arms belaai is deur onvoorsiene laste te dra wat aan ander behoort, wanneer die Here jou vra om te gee—sal jou arms nie oop wees om te ontvang wat Hy van plan is om vir jou te gee nie.

Ek sal nooit vergeet toe my aardse man my gelos het, het ek ‘n verhaal van ‘n vrou gelees wat ook geskei het, maar haar man het ongelooflik baie geld gehad en sy wou haar kinders nederig hou – so sy sou pakkies opmaak en haar kinders moes behoeftige mense soek vir wie hulle dit kon gee. Dit het my so geraak dat ek dit met my oudste seun gedoen het. As ek terugdink aan daardie tyd, het dit baie swaar gegaan toe my man my gelos het maar dit het al hoe beterder met ons gegaan. As ek hulp nodig gehad het, het die Here altyd vir my hulp gestuur en ja ek stem saam dit maak mens baie gelukkig om te gee. En ek moet ook erken dat die tye wat ek teruggehou het omdat ek bang was dat ons nie genoeg sou hĂȘ nie, het ek al hoe minder gehad. Vandag het altwee my seuns harte van gee en hoor my, dis niks oor my nie, maar ons wonderlike Here wat al die lof en eer verdien.

Kosbare bruid kom ons gaan nie blind deur die lewe en kyk nie die nood rondom ons mis nie want daar is so baie nood reg rondom ons. En onthou dit gaan nie altyd oor geld nie, dit kan jou tyd wees wat jy gee, bemoediging, 'n drukkie vir 'n gebroke vrou wat nie meer hoop sien nie, wat die Here jou lei om te gee.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui