Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 7

Hallo pragtige bruide, my naam is Adina in Suid-Afrika, en ek wil met julle deel wat ek geleer het uit Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 7 “Hunker na Wie?”

Hierdie hoofstuk het my weer herinner aan wat ons as vroue wil hĂȘ, nodig het en waarna ons smag; ons verlang na 'n man, 'n aardse man. Ons dink dat om 'n man te vind, ons gekoester sal laat voel, ons geluk sal bring, ons sal vervul, ons die gelukkig sal gee waarvan ons van gelees het, in flieks gesien het en oor gedroom het. As jong meisies droom ons van ons troudag, die rok en die ridder op die with perd waarmee ons eendag gaan trou. Nie eers die feministiese beweging of ons begeerte om sterk onafhanklike beroepsvroue te wees kan hierdie hunkering wat ons as vroue het na 'n aardse man genees of wegneem nie.

Dan, nadat ons gevind het wat ons so graag wou hĂȘ, vind ons vinnig uit dat ons steeds ongelukkig is, steeds onvervuld en kwesbaar is om die prooi te word van pyn, verwerping, lyding en eensaamheid. Selfs wanneer ons verwerp, verlaat of vir 'n ander vrou gelos word, wil ons bitter graag vashou en sal enigiets doen om hulle terug te kry, en dink dat om hulle terug te kry, die pyn sal verlig en ons sal weer geliefd voel.

Maar daar is een ware liefde wat ons sal vervul, ons gekoester en veilig sal laat voel. Daar is iemand wat ons nooit sal verlaat of ons sal versaak nie. Daar is een ware liefdesverhaal wat in die Bybel gevind kan word. Soos die skrywer dit so mooi verduidelik het:

“God het elke vrou geskape om te smag na die soort liefde waarvan ons as dogtertjies lees – maar dit kan NOOIT met menslike liefde gevul word nie. Die soort liefde wat ons nodig het, kon slegs vervul word met Sy liefde, die agape en onvoorwaardelike liefde wat Hy vir ons op Golgota bewys het. Niks anders sal ons tevrede stel nie, wat nog te sĂȘ ons harte sal laat sweef.”

Ons kan almal hierdie soort onvoorwaardelike liefde verkry, gekoester en veilig voel, of ons nou enkellopend, getroud, geskei of weduwee is, maar ons moet ons verlange na ons Skepper, ons Bruidegom, draai. Wanneer ons na Hom smag op dieselfde manier wat ons na 'n man verlang en Sy Bruid word, dan sal ons geseĂ«n word soos die openingsvers van hierdie hoofstuk sĂȘ:

Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees,
en wil Hy hom oor julle ontferm:
Die HERE is ‘n God wat reg laat geskied,
en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou

My pragtige bruide, net soos ek en baie ander hierdie plek bereik het van Sy bruid wees, nie meer verlang na die liefde van 'n aardse man nie, want ons is gevul met Sy onvoorwaardelike liefde, en ervaar Sy vrede en vreugde daagliks in ons lewens, ten spyte van ons omstandighede en dinge waardeur ons gegaan het, kan jy ook hierdie plek van ware liefde en vrede bereik wat alle verstand te bowe gaan. Hy smag daarna om jou genadig te wees en Hy wag om medelye met jou te hĂȘ, draai net jou verlange na Hom en wees geseĂ«nd. Hy is nie ver bo in die Hemel nie, maar net daar by jou, Hy klop, lok jou en wag om vriendelik met jou te praat.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 7”

  1. Dankie dat jy dit met ons gedeel het liefste Adina, dit is so waar, net Hy kan vir ons daai vreugde en vrede gee, wat geen aarde mens vir ons kan gee nie en dit gebeur wanneer ons daai persoonlik verhouding met die Here het en Hom ons Hemelse Man maak. Ek het net soos jy ervaar dat net Sy liefde vervullend is, want as jong meisies het ons hierdie droom van liefde maar daai liefde kan nooit ooit by Sy liefde kom nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui