VIND DIE OORVLOEDIGE LEWE – HOOFSTUK 5

Hoofstuk 5 ”Dit is SO die Wag Werd”

Ek lig ‘n paar uittreksels uit die boek: Vind die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 5:

Sal jy ooit daardie plek bereik van vrede, vooruitgang en (kan jy jouself voorstel?) vreugde in jou lewe? JA! Ek was waar jy nou is vir jare en jare en jare! As ek regtig tyd neem om terug te kyk na my lewe, was ek moontlik in hierdie plek vir omtrent. . .wel, my wiskunde is nie so goed so vroeg in die oggend nie! My hele lewe was moeilik. My beste vriendin, wie ek sedert die agste graad ken, sĂȘ sy ken niemand wat enigiets naastenby dieselfde beleef het, as wat ek beleef het nie. Maar omdat ek gereis het en ek so baie van julle persoonlik ken wat in my kerk gemeenskap is, weet ek ook dat daar baie van julle is wat deur veel erger is. Maar ek raai ek was deur genoeg om julle te vertel dat JA, inderdaad dit is die wag werd—en jou wag het ‘n wonderlike, beplande doel!

Tog, die wag is nie net vir ons beswil nie, dit is ook omdat die tydsbereking dikwels nie reg is nie. God orkestreer elke persoon en gebeurtenis om saam te kom op ‘n presiese oomblik in tyd, vir Sy glorie. Ons neig om hierdie deel te vergeet, as gevolg van ons natuurlike self-gesentreerde en self-absorberende self. Al wat ons weet is dat ons moeg is vir wag, terwyl ons vergeet dat die Here binnekort verheerlik gaan word en dit is vir hierdie rede dat God die wonderwerk in elk geval in ons lewe bring.

Liewe leser, God het ‘n doel vir jou wag. Ieder en elke traan wat jy stort word in Sy bottel versamel. So, maak nou hierdie boek toe en gaan dadelik na jou gebedshoek, laat Hy jou troos en laat Hom toe om jou met Sy liefde te verswelg. Hy kan en sal vrede in jou storm bring, vreugde vir jou gebroke hart en krag vir jou moeĂ« liggaam en siel. Ons Man, kosbare een, wag in daardie stil plek waar Hy al jou trane wil weg vee en al jou skande. Gaan nou soontoe en kom uit gereed om ander te troos met die troos waarmee ons self getroos is deur ‘n Lewende God—ons Hemelse Man.

As ek terugkyk op my eie lewe, was dit ongelooflik moeilik vir my om te wag en net soos vir baie van julle is en ek glad nie op daardie oomblik gevoel dat die wag vir my eie beswil was nie, maar vandag kan ek jou belowe dit was, want as ek terugkyk op my lewe was Hy die Een wat vrede in my storm gebring het en vreugde vir my gebroke hart. En ja natuurlik het ek self ook nie gedink in my gebreekte hart stadium dat ek ooit sal sĂȘ dat die Here my sou kon vul met soveel vreugde na so baie seer nie, maar Hy het en daarom wil ek ander troos soos wat Hy my getroos het. Kosbare Bruid, daar is ‘n rede hoekom jy dalk nou moet wag, vertrou ons wonderlike Hemelse Man, jy gaan ook eendag sĂȘ dat die wag die moeite werd was.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui