Versterk Jou Geloof

Jare gelede toe ek in my diepste seer was en so erg in depressie was, het ek nie gedink dat ek ooit weer beter en sonder seer sal voel nie, MAAR ons wonderlike Here het my natuurlik nie net so gelos nie. Hy het 'n ou oom op my pad gestuur wat my geleer het om positief in my lewe in te spreek en so het die Here my later gelei om Sy woord in my lewe in te spreek, want "Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." S18:21

En omdat dit wat ons in ons lewens spreek vir my so belangrike beginsel is en ons wonderlike Here my gelei het om Sy beloftes in my lewe in te spreek en dit vir my lewensveranderend was en beslis my geloof versterk, deel ek weer 'n gedeelte, wat oorvertaal is, uit die Engelse boek: "Restore Your Relationships" - Hoofstuk 4:

"Die woord. Hoe kan ons geloof verkry, of ons geloof verhoog? “Geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van Christus” (Rom. 10:17). Lees Sy Woord en vind die beloftes wat net vir jou daar is. Lees dan en herlees die getuienisse van ander. Omring jouself voortdurend met getroue vroue wat saam met jou sal glo. Diegene wat getrou gebly het, sal jou in die moeilikste tye leer, bemoedig en ophou. Ons vind baie keer dat wanneer jy voel dat jy amper uit die geloof is, jy die bietjie wat jy oor het, moet weggee. Roep iemand wat jy voel bemoedigend nodig het en gee haar die res van jou geloof. Jy sal die foon met blydskap neersit want God sal jou vol geloof vervul. Lees Eerste Konings 17:12–15 om die weduwee te onthou wat haar laaste koek vir Elia gegee het en die wonderwerk wat sy ontvang het!"

Hier kan ek ook getuig dat om ander vrouens se getuienisse te lees versterk beslis ons geloof en daarom geniet ek dit om regoor RMI die baie getuienisse te lees, asseblief gaan lees, want so word ons bemoedig en ons geloof versterk en deur self getuienisse te plaas bemoedig ons ander vrouens. En hier kan ek weereens getuig om ander vrouens te bemoedig vul mens se eie hart met soveel hoop.

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Versterk Jou Geloof”

  1. Liefste Janine, ek kan onthou toe ek so gebrokke was dat ek nie gedink het ek die dae wat voorlê gaan maak nie. Ek het gesoek en gesoek en RMI gevind. Ek het die getuienisse van die vrouens verslind. So het ek ook besef dat God se woord ons enigste handboek moet wees, hoe om God se woord te lees (op ‘n manier wat ek nooit kon droom nie) en dat God en nèt God ons Enigste uitkyk op die lewe moet wees. Ek het in die begin van my reis so baie ingeneem en wou dit met almal deel wat ek ook het, maar op so verkeerde manier!
    In plaas van net bemoedig het ek gepreek en geoordeel.
    So het ons Wonderlike Here my ook hier reg gehelp deur Sy woord!
    Nou kan ek met vrymoedigheid ander vrouens bemoedig om net van ons Here se troue liefde te vertel. As ons net daai saadjie kan plant is alles die moeite werd!

    1. Kosbare Betty, ek is so dankbaar dat die Here jou hiernatoe gelei het. Alles is beslis die moeite werd as ons net die saaidjie plant. Dit laat my dink aan die Samaritaanse vrou wat water geskep het, toe Jesus haar gevra het vir water en sy daarna almal in die stad gaan vertel het van Jesus, dit het net een vrou gevat om die nuus te gaan versprei.
      Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê: Kom kyk ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie? J4:28-29

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui