Heroïen Verslaafde Gered

 

Verlede maand het ek gedeel oor my suster wie wou gehad het wat ek gehad het, en sy het wonderbaarlik gevind Wie sy nodig gehad het sodat sy kon verander, genees en haar hart gevul kon word met liefde vir ander. Hierdie week terwyl ek God vir wysheid gesoek het om te weet watter Redding Storie om oor te skryf, het Hy my aan haar seun, Matt,  herinner wie eintlik die Here persoonlik ontmoet het voor sy moeder (my suster).  

Baie dikwels gebruik die Here ‘n krisis om aandag te trek, soos wat almal van ons alte goed weet. Die krisis wat ons getref het was skokkend anders as enigiets wat ek my ooit kon voorstel ons familie sou ervaar. Laat my net ‘n bietjie retireer om te verduidelik dat my suster se man haar verkul het, tog in plaas daarvan om haar na die Here te wend, wie sy nie destyds geken het nie, het sy hom ongelukkig gekonfronteer. En toe hy geweier het om my suster bo die AV te kies, in woede, gewortel in diep seer, het sy haar vier kinders opgepak—die baba was net drie weke oud.

Weer, eerder as om die Here te kry om haar te help, het sy na familie en die welsynstelsel gekeer. Toe haar twee seuns hulle tienerjare bereik het, omdat hulle nie ‘n Hemelse Vader gehad het nie (aan die vaderlose), omdat my suster nie geweet het dat sy Sy bruid kon word nie, soos baie tienerseuns sonder vaders, het hulle te veel vir my suster geword om te hanteer. So toe stuur sy hulle terug om by hulle pa te woon wat te besig en gefokus op sy nuwe familie was. So my susterskinders het na dwelms gekeer om  die pyn van verwerping te hanteer.

Net ‘n synota, dit het alles gebeur jare voor my eie huwelik verkrummel het. Tog het God dit ten goede gebruik, want deur toe te kyk hoe my suster haar man se owerspel hanteer het en hoe dit haar kinders so nadelig geaffekteer het, dit was iets waaraan ek dikwels gedink het, het my gemotiveer om ‘n ander pad vir my kinders te vind.

Alhoewel ek seker is dat my susterskind se dwelmverslawing, soos alle verslawings, met iets klein begin het, teen die tyd wat my moeder (hulle ouma) van Matt gehoor het, was hy al vir jare aan heroïen verslaaf. My moeder was in Kalifornië op besoek en het met my suster se oudste seun ontmoet, wie gesê het hy kon Matt vir haar vind (hy het op die strate gebly). So hy was in staat om hom te vind, en hom skoon te maak, om sy ouma te ontmoet. 

My moeder kon nooit praat van daardie ontmoeting sonder om te huil nie, omdat Matt so verskriklik maer was, ‘n blote geraamte van homself, grys en bewerig. My moeder het, huilend, gesê dat sy hom net in haar arms vasgehou het terwyl sy vir Tommy gestuur het om vir hom iets te kry om te eet, sy het Matt gewieg totdat hy teruggekom het met die kos. Nadat hy sy ouma se se liefde ervaar het, sonder veroordeling, het Tommy vir Matt werk gekry as ‘n skottelgoedwasser wat hom toegelaat het om van die strate af te kom.

Dit was net omtrent ‘n maand na hierdie ontmoeting in Kalifornië, toe ons die dringende oproep van my suster ontvang het wat huilend vir ons gesê het dat sy weet haar seun Matt gaan doodgaan. Hy het nog ‘n oordosis geneem, tog het hy deurgekom, maar sy het gesê sy het net geweet dat dit weer sou gebeur en die volgende keer sal hy doodgaan!

Die Here se tydsberekening is altyd perfek. Ons het die oproep gekry net toe ons vertrek het vir die herlewingdiens by ons kerk. Nie net is Sy tydsberekening perfek nie, maar so ook is Sy leiding. Daardie aand het ons iewers heeltemal anders gesit omdat iemand ons normale sitplekke geneem het. Net toe ons gaan sit het, het die prediker vir ons gesê om om te draai na die persoon agter ons en om vir hulle behoeftes te bid.

Die groep agter ons was van die Tiener Uitdaging! Ons het dadelik geweet van daardie groep aan die brand tieners, omdat die Evangelis wie gebruik was om daardie wêreldwye herlewing te bewerkstellig, een van die groep se grootste getuienisse was! Hy was ‘n dwelmverslaafde, dwelmhandelaar en het die opsie gehad om tronk toe te gaan omdat hy in ‘n apteek ingebreek het ( wat ‘n misdaad was), OF om Tiener Uitdaging by te woon. Dit het sy lewe verander en saam met sy vrou, wie die prediker ontmoet het terwyl hy in TU was, het hy aangegaan om dwarsoor die wêreld te evangeliseer.

Die oomblik toe die jong man van Matt hoor, het hulle weggebreek van ons af en in 'n baie kragtige en intense, lawaaierige bondel bymekaargekom—en uitgeroep vir “Matthew”—ek het hulle oor en oor hoor skree, vir Matt om Hom te leer ken.

Later, toe ons by die huis kom, het ek my suster geskakel om vir haar te vertel wat gebeur het en haar te verseker dat God in beheer was en dat sy nie nodig het om bekommerd te wees nie.

Twee weke later het ons die oproep van my suster ontvang. Net die volgende oggend, die dag na hierdie jong mans gebid het, het Matt gebel om vir sy moeder te vertel van ‘n nuwe werk wat hy gekry het, om saam met die lykskouer te werk. Sy werk was om die dooie liggame van die haweloses en dwelmverslaafdes op te tel. Matt het sy ma weer gebel, net ‘n paar dae later, bewend en geskud—hy het vir haar gesê dat hy net geweet het dat dit sy wekroep was en dat hy kon sien hoe hy opgetel word die volgende keer wat hy ‘n oordosis neem. Alhoewel Matt gesê het dat hy nie weet hoe hy van die dwelms sou afkom nie, omdat hy al voorheen probeer het, het hy tog geweet dat hy gereed was om te doen wat dit ook al verg. Hy het gesê hy het net geweet dat hy eendag opgetel en in 'n lyksak gesit sal word deur iemand anders wat sy werk doen en daardie gedagte sou hom skoon hou.

‘n Maand later het ons die ander oproep ontvang dat my susterskind Tiener Uitdaging gevind het en daar ‘n jong vrou ontmoet het, wie ‘n jaar later sy vrou geword het. Dit het alles baie jare terug gebeur, en sedert daardie tyd, het Matt en Maggie twee pragtige dogters gehad is gelukkig getroud en dien die Here.

So as jy ‘n familielid het wie in die ergste situasie is, soos wat ons ontdek het Matt was in. Sal ek jou aanmoedig om hierdie getuienis te lees en dit miskien met ander familielede te deel wie so bang is as wat jy voel. Glo dan saam dat niks, nie een ding, onmoontlik is vir God nie!   

Matteus 19:26—

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Markus 10:27—

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”

Lukas 1:37—

"Niks is vir God onmoontlik nie.”

Lukas 18:27—

Daarop antwoord Hy: “Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik.”


OPDATERING:

“Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem.” 1 Tessalonisense 4:13-14

Op 29 Februarie 2020, het die Here Matt huis toe geroep. Ons was verstom om te hoor dat my susterskind en vader van 2 dogtertjies, vermoor was. Alhoewel dit ‘n hartverskeurende en onpeilbare tragedie was, is ons vertroos in die wete dat hy in die arms van sy beminde Redder rus. 

Ons fokus het natuurlik na sy weduwee en dogters gekeer, maar ook na my suster wat haar seun verloor het. As gevolg van die omstandighede, was my dringendste bekommernis om vir die Here te vra om haar te help om die vier jeugdiges wat vir sy dood gearresteer was, te vergewe—VERGIFNIS wat noodsaaklik is om te genees. Om hierdie genesingsbeginsel nog meer te verstaan, kyk asseblief na hierdie nuwe boek.

Die GESKENK Wat Jy Vir Ander Gee

Die GESKENK Wat God Vir Jou Teruggee

Ons weet nooit wanneer ‘n geliefde dood in die gesig sal staar nie, maar ons kan op HOM vertrou om seker te maak dat hulle gereed is om huis toe geroep te word. En ook dat Hy dit ten goede sal gebruik, op een of ander manier—ons werk is om nie bekommerd te wees nie, maar om in afwagting te wag vir hoe Hy dit sal gebruik.

Soek jy "vrede"wat alle
verstand te bowe gaan?
Lees/Luister na hierdie
☊ VREDE

Lees LOF 🙌🏼 wat Bemoedigende Vroue plaas op ons Bemoediger oor om 'n Hemelse Vader te hê #HV

 

Van Atarah in Suid Afrika 

Hello Bruide! Ek sal daarvan hou om my Lof aangaande my familie te deel 🙂 ek wil deel oor antwoord op gebed oor my jonger broer.

As ‘n familie het ons geweet dat hy ‘n dwelm probleem het, maar nie die omvang daarvan nie. Dit was ‘n paar dae gelede sy verjaardag en daar was nie eens ‘n manier om hom te kontak om hom geluk te wens nie, baie familielede het hom met ‘n selfoon geseën wat hy seker soos altyd verkoop het, raai ek...Hy het vir baie jare by verskillende vriende en familie gebly, maar het nooit ‘n permanente plek gehad om te bly nie, altyd sukkelend en bedelend... 

‘n Jaar of wat gelede het ek deur sommige van die Redding Stories gelees en die joernale ingevul, 2 van hulle het ‘n koord so diep in my getref veral die een oor “Die Heroïen Verslaafde,”  so baie van dit wat geskryf was is so eenders as my broer se storie.

Toe ek oor die Tiener Uitdaging in die Redding storie lees, het ek na hulle weberf gekyk en ‘n gebed vir my broer neergeskryf dat God op een of ander manier dieselfde soort hulp aan my broer gedurende sy herstel sou voorsien. Ek het nog nooit van so iets in Suid Afrika gehoor waar die hoof fokus op die Here ons geneesheer is nie. Behalwe dit het my familie net nie die finansies nie...As ‘n familie het ons baie keer probeer om oplossings vir my broer te vind, niks het ooit uitgewerk nie...

Onlangs het ek ‘n oproep van my ma gekry dat ‘n vriend van my broer, wie ook ‘n herstelde verslaafde is, verby ‘n plek gery het wat hy gedink het my broer kon help. Gedurende hierdie tyd het my broer my ma besoek vir iets om te eet soos wat hy altyd doen en het ingestem om saam my ma te gaan, hy het erken dat hy hulp nodig het en dat hy moeg is. Hulle was nie in staat om enige hulp te kry nie maar het ‘n telefoon nommer gekry. My ma het my gevra om te skakel omdat hulle vroeg volgende jaar nuwe mense sou inneem as hulle plek het.

Ek het die nommer geskakel en met ‘n baie vriendelike man gepraat wat ‘n eenvoudige manier verduidelik het om mense te help wat hulle inneem. Eerstens voorsien hulle werk deur hulle inkomste generasie projekte sodat hulle in staat is om vir hulle eie kos en verblyf te betaal. Hulle het toewydings in die oggend en Bybelstudie in die aand.

Deur te hoor wat hierdie vriendelike man te sê gehad het, kon ek net bly wees toe ek die gebed onthou wat ek verlede jaar neergeskryf het en op die Here vertrou vir Sy vasgeselde tyd.

Ek weet nie wat die toekoms inhou nie, ek weet nie eers of daar plek vir my broer sal wees nie...Al wat ek weet is wat ek in my hart voel en die geloof dat Liefde selfs meer kan doen as wat ons kan dink, droom of voorstel!

Daar was so baie gebrokenheid en seerkry, maar wat my troos en groot vreugde bring is dat die God wat ons dien, ‘n God van herstel is en dat Hy vir ons Sy Seun gegee het om lief vir ons te wees en ons hand vas te hou en vir ons vreugde en blydskap te gee terwyl ons as Sy Bruide wag vir Sy vasgestelde tyd om te Herstel.

Soos wat ek hierdie tik voel ek soveel vreugde en blydskap en Sy liefde wat deur my hart en siel vloei, ek onthou die Bybelvers: gisteraand was daar nog trane en vanmôre LAG ek al weer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui