Rus by Hom.

Vandag het ek met ‘n rustige hart op gestaan, alle lof aan die Here ek is so dankbaar dat ek vandag net kon spandeer saam Hom in sy teenwoordigheid. Ek het nie baie gepraat nie, en ek het nie baie gedink nie ek het net by Hom gerus. Dit is so wonderlik hoe ons altyd kan staatmaak op die Here, dit was ‘n rowwe paar weke wat verby is, daarom wil ek net vir die Here dankie sĂȘ dat ek vandag iets kon reg kry wat ek so lank mee gesukkel het, net af te sluit. Ek sou dit nie in my eie krag kon doen nie – ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Onthou:

“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking en met danksegging bekend word by God; en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en sinne die wag hou deur Christus Jesus.” – Filippense 4:6-7

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Rus by Hom.”

  1. Dankie vir die pragtige getuienis kosbare Meagan, ek is so dankbaar dat jy jou rus in die Here gevind het, daai rus wat alle verstand te bowe gaan en ek loof en prys die Here saam jou daarvoor – DANKIE HERE!

  2. Dankie Megan dat jy die gedeel het. Dit is die beste rus wat daar is, om net in Sy liefde en teenwoordigheid te wees ten spyte van ons situasies.
    ‘ Maar wie op die Here wag, herwin hulle krag; hulle kry nuwe vere soos arende. Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop, maar word nie moeg nie.’

    Jesaja 40:31
    https://my.bible.com/bible/3499/ISA.40.31

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui