Ons Hart’s Begeertes

Terwyl ek die les van "Home Grown Ministries" gedoen het - "Horses Hoped For" het my Liefling Here my herinner toe ek 'n kind was en my suster 'n perd wou hê (terloops ek wou nie een hê nie, want ek was bang vir perde). Sy het my pa gesmeek vir 'n perd, maar sy het nie 'n perd gekry nie, want ons het nie die geld vir een gehad nie, maar in hierdie les het ek geleer dat jy regtig enigiets van ons Liefdevolle Here kan vra en dat Hy regtig die onmoontlike kan doen - https://biblehub.com/matthew/19-26.htm

Daarom moet ons, ons kinders leer om met enigiets na hul Hemelse Vader toe te gaan en ek weet as ons dit op daardie tydstip geweet het, sou my suster haar Hemelse Vader gevra het vir 'n perd en sy sou 'n perd gekry het ad dit werklik Sy wil was want Hy weet net die beste vir ons!

Liewe Bruide Ek wil julle aanmoedig om asseblief hierdie les te lees, as julle nog nie het nie, dit het my hart regtig geraak. In hierdie les het die Here my herinner hoe ons soos 'n kind moet glo en ja soms het ek gevoel daar is dinge wat te duur is om van die Here te vra maar in hierdie les deur die geloof van kinders het ek geleer niks is te duur of onmoontlik vir ons Liewe Here nie en ja soms kom dit wel met wag maar die Here laat toe dat ons wag vir 'n groter doel.

En gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. M18:3

Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie. L1:37

Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. H2:3

Doen jouself asseblief 'n guns en lees hierdie les, want dit is nie net 'n les vir kinders nie, dit is vir alle ouderdomsgroepe en gevul met soveel beloftes en ek weet jy gaan dit ook net so geniet soos ek dit geniet het en dit het my geloof sommer gebou en joernaal asseblief want dit is van so groot waarde om jou hart teenoor ons liefdevolle Here uit te stort.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Ons Hart’s Begeertes”

  1. Dankie liefste Janine ja dit laat my so dink aan iets wat ek gese het toe ek ouer geword het. As ons net weer kan leer om te glo so n kind wat als glo wat in haar kinder bybel staan en die geloof wat n klein kind het in die Here. En daar by gese kon ek weer leer om so in als van die Here te glo en die geloof te kon kry na ek by RMI toe gekom het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui