Dag 11 
Jou Voorraadkamer

maar eers ‘n Herstelde Huweliksgetuienis!!

Het Ouers se Herstel Aangemoedig – NOU is Ouers Saam! 

Sylvia het ons bediening gekontak om te sien of sy dalk in staat kon wees om haar ouers te help. Sy het uitgevind dat haar ouers, wat al meer as veertig jaar getroud was, uitmekaar is. Hulle het hulle deel van argumente gehad, maar sy het nie gedink dat dit so ver sou gaan nie. Toe sy met haar broers en susters gepraat het, was sy geskok dat hulle bly was oor die skeiding en het selfs hul ma aangemoedig in haar besluit om hul pa uit te forseer.  

Sylvia het gesĂȘ dat aangesien sy die enigste Christen in hul gesin was, het sy GEWEET dat die skeiding nie net verkeerd was nie, maar sou waarskynlik tot ‘n egskeiding lei. Ons het voorgestel dat sy Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal herstel boek en die werkboek vir vrouens lees en begin bid hoe sy “in die gaping” vir haar ouers kon staan. Ons het vir haar gesĂȘ om te fokus op die tweee hoofstukke wat praat oor om ander te help en dat sy reg was en dat sy die “Bediening van Versoening” wat in 2 KorintiĂ«rs 5:18 vir alle gelowiges gegee is, gekry het. 

Gelukkig het Sylvia geweet dat dit verkeerd sou wees om haar ma te konfronteer, aangesien die Bybel duidelik sĂȘ om jou ouers te eer, ongeag hoe oud hulle is. Tog het sy geglo en ons het dit bevestig dat sy haar oortuigings eerlik en respekvol met haar ma kon deel, maar net as haar ma sou vra. 

Oor die volgende paar weke, het sy verskeie geleenthede gehad om haar geloof en oortuiging oor die huwelik te deel, wat sy haar ma gesĂȘ het dat sy begin lees en studeer het aangesien so baie van haar vriende in huwelikskrisisse was. Sy het haar vertel van die Herstel Jou Huwelik boek en kort voor lank het sy saam met haar ma deur die hoofstukke gegaan. Later het hulle e-vennote geword vir ‘n Wyse Vrou, maar NIE as HAAR onderwyser nie—maar om haar ma die eer te gee wat God vir haar gesĂȘ het, sal beteken dat dinge goed vir haar sou gaan soos dit in EfesiĂ«rs 6:1-3 belowe word. 

Dit het amper drie jaar geneem, maar God was getrrou—Sylvia se ouers is nou herenig!!!

Sylvia het aan ons geskryf dat sy baie geseënd voel en wil nou ander volgroeide kinders, wie se ouers geskei of uitmekaar is, aanmoedig om dieselfde beginsel oor die huwelik met afgesonderde of geskeide ouers te deel. 

Volgroeide kinders wil hulle ouers net so graag bymekaar hĂȘ as diĂ© wat nog in die huis bly. Niks is moeiliker as wanneer vakansies en verjaarsdae deur stiefouers en stief-oumas en oupas bygewoon word nie. Almal voel ongemaklik en die klein kindertjies is verbouereerd deur die verwarring.   

~Sylvia* wie se ouers ook in Conneticut woon, ouers is HERSTEL

Meer herstelde huwelike van OUERS in komende lesse...

Jou Voorraadkamer—

Wie Voed Jou Wat?

JOU GEESTELIKE VOORRAADKAMER 

Kan jy onthou dat jy in een van gister se Herstelde Huweliksgetuienisse gelees het dat Darla gepraat het oor wat die kerk nie leer nie en hoekom (nadat sy herstel was) sy en haar man gedoen het wat hulle kon om die wat in ‘n huwelikskrisis is, te leer? Darla en haar man het saam besef (deur wat hulle deurgemaak het) dat hulle nodig gehad het om mans en vrouens (oral om hulle) te voer, wie geestelik “uitgehonger” was van die waarheid oor die huwelik.  

Voordat ons egter begin praat oor jou stoorkamer, nietemin, wil ek eers praat oor baie van julle wat sukkel oor waar julle stoorkamer IS. Wanneer julle die vorms lees, het sommige van julle ‘n harde tyd om julle huidige kerk te laat gaan, so ek dink dit is belangrik dat ek dit eers aanspreek. Om te bevestig dat ek moet, het ek net vanoggend aan een van ons bedienaars geskryf oor ‘n kliĂ«nt se vorm. Ek het gesĂȘ:

“Wanneer ek lees dat vrouens aan ons of die Here skryf, wie duidelik nie seker is nie, maar hulle kerk verlaat omdat hulle voel dat ONS vir hulle sĂȘ om te gaan, sidder ek!” Die rede is dat as enige iemand nie seker is nie, dan is sy duidelik NIE gereed in haar Herstelreis om haar kerk te verlaat nie (om plek te maak vir haar man om die geestelike leier van die gesin te wees). 

Onthou dit, hierdie is ‘n “reis” en die belangrikste ding is om seker te maak dat ons nie te gou of te stadig beweeg nie, maar tred hou met die HERE wie ons lei.  

“Nietemin as dit EK was, wel, lol, eintlik was dit EK en ek moes ook my kerk los (wat ek LIEF GEHAD het) en ek WAS ook misverstaan (deur my kinders en ander). Ek het egter geweet dat dit is wat die Here vir my gesĂȘ het om te doen. En dit IS wat elke vrou ook verseker moet weet.”

Om eerlik te wees, om misverstaan te word, was (en is nogs steeds) my grootste stryd wanneer ek die Here volg. Toe ek die saak na die Here toe geneem het, het Hy een oggend met my daaroor gepraat en my herinner hoe MISVERSTAAN Hy was deur die mense wie Hy die graagste wou gehad het Hom moes verstaan: Sy eie familie en ook Sy apostels.

Die belangrikste ding vir elke vrou, soos ek gesĂȘ het, is dat elkeen moet weet dat dit Hy is wat met haar praat, NIE ONS NIE. Ons wil nooit, ooit hĂȘ dat enige iemand moet doen wat ONS sĂȘ nie want wie gee om wat ons sĂȘ of dink of glo?!?! Wat saak maak is wat Hy sĂȘ, wat Hy in elke hart praat. En dit beteken ons wil elke vrou aanmoedig om die Here na te streef om SEKER te maak dit IS Hy en dat dit SY tydsberekening is.

En maak altyd seker dat die krag van BINNE haar kom (van waar Hy woon) nie krag van buite nie
ONS (of enige iemand anders). 

Nog ‘n groot kwessie waaroor vrouens begin skryf het, was iets wat nie goed genoeg aangespreek was in die Geestelike Leier Lesse nie, wat was wat om te doen oor ons kinders en hulle geestelik groei. Dit hang regtig af van die kinders se ouderdomme en ‘n paar ander faktore (wat ek met sommige van ons bedienaars aangespreek het); soos wanneer jy by ouers bly wat wil hĂȘ jy moet jou kinders kerk toe neem.

So ons hoop dus om meer inligting te hĂȘ om by ons lesse te voeg vir die volgende groep wat in Januarie deur die 30-Dae Herstelreis gaan. Inligting wat ons aan elkeen van julle sal bied VOORDAT julle aanbeweeg na die HERBOU-fase of die HHH van jou Herstelreis.

Ons sal inderdaad, ‘n geleentheid aan elkeen van julle voorsien om ‘n vraag aan die einde van die lesse in te dien wat jy glo ons nie goed genoeg in ons reeks gedek het nie. Dit sal egter NIE spesifieke vrae wees wat met jou “spesifieke” situasie sal deel nie (asof ons beraders is nie), maar oor die algemeen wanneer ‘n onderwerp (soos tieners wat gaan wanneer jy by die huis bly) nie goed genoeg gedek is nie.

So maak dit regtig saak WAAR ek my tiendes gee?

Ja!! Die Bybel sĂȘ: “Bring die volle TIENDE in die STOORKAMER” en natuurlik beteken dit eenvoudig WAAR jy geestelik gevoed word.

Baie vrouens woon ‘n plaaslike kerk by en gee natuurlik hulle tiende daar. 

Ongelukkig is die meeste mense wat vandag ‘n plaaslike kerk bywoon, juis diegene wat na ons toe kom met ‘n huwelik wat besig is om te verbrokkel of in ‘n egskeiding geĂ«indig het, omdat hul kerk hulle nie die waarheid oor die huwelik voed nie.

In vandag se les “Jou Stoorkamer” wil ons begin om uit te druk hoe baie dankbaar ons is en hoe ernstig ons die feit opneem dat vir die afgelope drie weke (of meer), die meeste van julle ons die geleentheid gegee het om julle geestlike stoorkamer te wees—om julle die waarheid te voer wat die grootste keerpunt van julle lewens sal wees. En ons bedoel nie keerpunt ten opsigte van jou huwelik of dit herstel gaan word of nie—maar in jou verhouding met die HERE wat die BELANGRIKSTE is.

Ons glo dat gans te veel huwelike en gesinne siek geword het en dood gaan te wyte aan leë preke en ondoeltreffende leringe. Ons glo dat eerder as om eenvoudig geskiedenislesse of preke te leer wat ons goed maak voel oor onsself, moet die kerk NOU begin om te help om die voordurende en steeds toenemende EPIDEMIE van huwelike wat verkrummel, wat uiteindelik vaders, moeders, en hulle kinders vernietig, te VOORKOM!  

Baie van ons gaan na (of was lidmate) van ‘n kerk wat wel/of glad nie huweliksherstel aanmoedig nie, wat soos ons gister geleer het ons in rebellie plaas, ‘n baie gevaarlike geestelike kondisie. Baie, is ek verbaas, het geen idee of hulle kerk of leraars VIR herstel is of nie. Maar omdat dit ‘n epidemie in die kerk is, as ‘n leraar nie weekliks oor die voorkoming of genesing praat nie, dan moet ek sĂȘ faal hy en sy kerk die gemeente.

Sommige glo dat nie net moet hulle in die kerk bly nie, maar hulle moet ook hulle tiende aan hulle plaaslike kerk betaal. Maar tensy jy geestelik daar gevoed word en hulle aktief besig is om jou en jou huwelik te help herstel (iets waarvoor jy die Here voor vertrou), leef jy nie net in rebellie nie, maar daardie kerk is nie jou “stoorkamer” nie en daarom, is dit nie waar jou tiende hoort nie.

As jy erens anders gevoed word, soos ‘n nuwe restaurant wat jou kos voer wat jou liggaam genees omdat jy uitgevind het dat jy besig was om aan ‘n hartkwaal dood te gaan, maar jy het nog steeds voort gegaan om by die plek te eet wat jou die goed gevoer het wat bygedra het tot jou hartkwaal (of sekerlik dit nie voorkom het nie), maak dit nie veel sin nie. Daarbenewens maak dit sin om ‘n tiende te gee waar jy nie gevoed word nie, maar in plaas daarvan om uit die restaurant te loop wat jou gesonde kos voer, omdat jy die behoefte het om die restaurant wat bygedra het tot al die hartkwale in jou gemeenskap, aan te hou betaal!  

Soos ek gesĂȘ het, persoonlik gee ons nie om WAAR jy jou tiende gee nie, betreffende ons wat enige geld van jou kry. Maar ons gee baie om oor NET wat dit AAN jou gaan doen!  

Ware gesondheidsorgverskaffers, dokters wat LIEF is daarvoor om te genees (nie diegene wat daarin is vir die geld nie), wil jou nie chirurgies ‘n nuwe hart gee (of jou sieklike hart herstel) en dan sien dat jy uitloop en verkeerd begin eet en dieselfde leefstyl as voorheen lewe nie! As hulle in dit was vir die geld, sal hulle heel waarskynlik eerder dat jy aanhou om so te lewe sodat hulle nog ‘n operasie kan doen om geld mee te maak!

Ons is LIEF vir wat ons doen en doen dit alles vir dieselfde rede as wat ons vennote finansieël gee (sodat ons nie vir geld hoef te VRA nie en sodat ons ons boeke en videos kan WEGGEE en ook nie vir die lesse betaling hoef te vra nie). Ons doen dit oor wat HY vir ons GEGEE het!  

“Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.”—Lukas 6:38

Die Here het soooo baie vir ons gegee en gaan voort om vir ons te GEE, so in dieselfde standaard GEE ons vir jou uit ‘n hart van dankbaarheid aan die Here. 

Al ons vennote is vrouens wie se lewens VERANDER het as gevolg van wat ons hulle gegee het en ook as gevolg van om die seĂ«ninge en beskerming van tiendes te leer. Die meeste van ons vennote is vrouens wat jare gelede ‘n herstelde huwelik ondervind het en voortgaan om herstel te saai en te maai. Nie almal is herstel nie, maar ALMAL is verander en het ‘n verhouding met die Here as hulle Man.  

Hierdie is die vrouens wat vir jou e-Boeke en lesse betaal het. Ons doen dit nie as ‘n soort skema nie, ek is seker dat jy al teen nou kan sien hoekom ons doen wat ons doen. Ons vennote speel ‘n sleutelrol in ons liggaam, deur die middele te voorsien sodat elke vrou die waarheid kan hĂȘ, maak nie saak wat hulle finansieel het nie. Vandag noem ons dit “speel dit vorentoe” wat is wat die kerk meer van nodig het. En wanneer ek sĂȘ die kerk, beteken dit regtig (soos ons gister geleer het) ONS, die mense, nie die gebou nie.  

Iets anders wat jy dalk nie mag weet nie, ons bedienaars word nie betaal nie, maar hulle gee almal hulle tiendes hier. Ons is almal vrywilligers. Selfs ek en my gesin word onderhou deur die verkope van my boeke deur ander webwerwe (soos Amazon) en dit beteken ek gee ook my tiende hier, aan my stoorkamer. Die Here voed my, persoonlik, met vars geestelike kos terwyl ek die voorreg het om splinternuwe Christene en baie honger Christene, wat vir die waarheid uitgehonger is, te voed. So wanneer ek kos vir jou voorberei, word ek op my beurt, ryklik gevoed!

En of jy dit nou wil glo of nie, die waarheid is, en wat ons aanhou hoop jy sal begin om te glo—ons het NIE jou geld nodig nie—God gee getrou alles wat ons nodig het en is getrou om ons te seĂ«n volgens Sy belofte.

“Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief”—2 KorintiĂ«rs 9:6

Alhoewel ons nie jou geld nodig het nie, kan en sal ons terselfdertyd nie die waarheid ten koste van jou ignoreer en bekommerd wees oor wat jy dink ons uit is om te doen nie. Ons wil in julle lewens saai, so in verlate velde, sodat jy ook die “voor en na” tiendes-scenario sal ervaar wat elkeen van ons ondervind het toe ons begin het om tiendes te gee en in ons stoorkamer te saai.

“Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes”—GalasiĂ«rs 6:7

Nog ‘n interessante feit, vrouens is meer as gewillig om hulle beraders te betaal (wie buitensporige pryse vra en meer skade doen), om te betaal vir antidepressante medisyne (wat hulle onbekwaam los om te dink of voel en baie dikwels lei tot newe- effekte wat veel erger is) en binnekort betaal vir prokureurs (om hulle bates te beskerm, wanneer wie omgee dat bates verdeel word, wanneer herstel beteken dat al die bates in die huis sal bly wanneer die gesin heel is). Vrouens is bereid om dit alles te betaal (en het jy agter gekom dit is alles as gevolg van die verslinder wat toestemming het om te steel?), terwyl tiendes nie net die deur sal toemaak nie, maar dit sal toeslaan.

En nie net om tiendes te gee nie, maar tiendes aan jou stoorkamer sodat die vyand jou nie meer van jou geld kan beroof om vir daardie aaklige goed te betaal nie! Wat jou die geestelike voeding sal gee om jou hart na God toe te draai, is om hope en hope van SY WOORD en SY Waarheid gevoer te word. 

“Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U”—Psalm 119:11 

“...waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”—Matteus 6:21

Laat my jou weer verseker, ons het nie jou geld nodig nie. Vir ‘n lang tyd het ons ons boeke weggegee en nooit vir donasies gevra nie. Toe ek na Uganda toe is om te praat, het ‘n Afrika-vrou (wat Kanada toe getrek het) my gesmeek om haar mense oor tiendes te leer, oor gee en het die sendelinge blameer vir haar nasie se voortdurende armoede! Ek was geskok!! Sy het gesĂȘ, “Almal leer my mense om te VAT, nie om te gee nie. Om na die wit mense te kyk om hulle te help, nie God nie. So hoe kan hulle ooit vry wees van armoede?!? “Sy het aan gegaan om vir my te vertel dat dit nie was totdat sy Afrika verlaat het dat sy die waarheid geleer en aangewend het. Sy het haar tiende gegee en taamlik ryk geword, maar haar mense sien haar nou as net nog ‘n bron om van te vat. 

Vir amper vier jaar het ‘n pastoor se vrou wie ‘n weduwee was geskryf en my selfs geskakel uit Uganda uit om vir haar meer geld te stuur! Ek het dit nooit gemaak om in Uganda te gaan praat nie, maar het net so ver as Kenya gekom, maar ek het geld vir haar gestuur omdat ek nie daar kon uitkom nie. Maar O’ hoe reg was hierdie vriendin. Ek mag dalk nie gevra word om vrymoedig in Afrika weer te praat nie, maar ek kan die waarheid hier praat en een persoon se lewe met die waarheid verander—iemand wat gewillig is om God hierin te toets! Onthou dat God eintlik sĂȘ om Hom te toets.

“...en TOETS MY hierin, sĂȘ die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reĂ«n sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie”—Maleagi 3:10

So laat ek jou vra, wetende en dit uitlewe so diep as wat ons doen, hoe kan ons moontlik NIE die waarheid met jou deel nie—selfs al beteken dit om te waag dat jy dink ons wil jou geld hĂȘ? Die enigste persoon wat saak maak is JY. En as jy ernstig is om die deur toe te maak wat wawyd oop gelos is in jou lewe, die deur wat toegelaat het dat die vyand inkom en by jou steel, toets HOM dan. En die waarheid is, mense glo in die algemeen wat hulle wil glo. 

Uiteindelik is die keuse joune.

“Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seĂ«n en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe
”Deuteronomium 30:19

Dinge Het Onmiddelik Begin Verander

So baie vrouens begin tiendes gee na hulle mans hulle gelos het, want om een of ander rede het hulle geweet hulle moet tiendes gee, selfs voor ons hulle enigiets geleer het.

Baie begin tiendes gee by hulle plaaslike kerke totdat hulle besef dit was NIE waar hulle geestelik gevoed word nie. Tog sodra hulle by hulle ware stoorkamer hulle tiendes gebring het, het dinge ONMIDDELIK begin verander.

Soos ek gesĂȘ het, het ek van tiendes begin leer deur my voedselseĂ«ls te gebruik en aan die plaaslike sopkombuis te gee. Later, toe ek geleer het wat ‘n “stoorkamer” was, was ek nie meer in enige kerk nie, as gevolg van, soos ek gesĂȘ het, dat ek ‘n FariseĂ«r was, so ek het opgehou om kerk toe te gaan. Heeltemal verbyster het ek die Here gevra om my te wys wat om te doen. Hy het dat ek in my eie bediening begin saai, Bediening van Versoening, wat Hy aan ons almal gee, myne was (en is steeds) met die fokus op huweliksherstel. 

Dieselfde week het die Here my bewus gemaak van ‘n vrou en haar dogter wat in die stadshuis langs ons gebly het. Toe my seuns die klein dogtertjie genooi het om saam met ons middagete te eet, het hulle almal gestaar en my vertel hoe vinnig sy alles geĂ«et het “asof sy weke laas geĂ«et het, Mamma”—omdat sy nie het nie.

Toe my seuns my vertel wat hulle gesien het en hoe hulle hul toebroodjie vir haar gegee het om te eet (wat sy basies in een happie opgeĂ«et het), het ek haar geoffer om iets huis toe te neem “aangesien ons dit nie sou kon eet nie,” het ek gesĂȘ. Dit is toe dat ek geweet het wat ons missie was. Ons is weg en het reguit na die kruidenierswinkel toe gegaan om sakke en sakke kruideniersware te koop met die voedselseĂ«ls wat ek vir die sopkombuis gebruik het!

Toe ons met die kruideniersware aan die deur geklop het, het haar ma in trane uitgebars en toe my seuns die kruideniersware indra, het hulle gesien dat daar nog net EEN pakkie kits noodels oor was. Sy het erken dat hulle al vir weke daarop oorleef het! 

Toe het ek uitgevind dat hierdie vrou se man hulle in die steek gelaat het, dat sy geen geld vir brandstof het om by die werk te kom nie, en dat sy in gevaar was om haar dogter aan die maatskaplike dienste te verloor! Toe ek my eVenoot Sue daarvan vertel het, het sy gevra of ek enige “kontant” het om vir hierdie ma te gee vir brandstof om by die werk uit te kom. Ek het eintlik gehad, wat iets was wat nooit gebeur het nie! Dit was nie my geld nie, maar kontant wat my ma my gegee het om iets vir haar te kry. En ek het geweet my ma sou wou gehad het dat ek dit gebruik totdat Sue my by ons weeklikse byeenkoms, net ‘n dag later kon betaal. 

Toe ek teruggaan het, het ek alleen gegaan terwyl die kinders besig was om gereed te maak om te gaan slaap. Van buite die deur kon ek ‘n gelag en gehuil hoor en die twee van hulle wat binne dans. VroeĂ«r daardie selfde dag het hierdie vrou vir God gesĂȘ dat “as Hy werklik was, om haar te help!” Sy het in ‘n godsdienstige en streng huis grootgeword; ouers wat haar uitgegooi het toe sy swanger geraak het. Haar man het ook verklaar dat hy ‘n Christen was en het toe by ‘n ander vrou betrokke geraak en haar later gelos toe hulle dogter agt was. (Hierdie vrou het die Here nie persoonlik geken nie, maar deur hierdie ervaring het sy en haar dogter die Here leer ken, nie lank na hierdie aand nie.)

Toe sy die deur oopmaak en ek probeer het om vir haar die geld vir brandstof te gee,  het sy geweier en vir my gesĂȘ dat ek haar genoeg gegee het. Toe ek sĂȘ dat dit NIE van my af is nie, het sy gesĂȘ, “ek weet, dit kom van God af, maar ek kan dit nie vat nie.” Maar toe sy hoor dit was ‘n ander vrou, het sy weer begin huil. Ek het met haar gedeel hoekom ons saam ontmoet het en dit is toe wat ek en my eVenoot begin het om ‘n ander vrou te help! Hierdie vrou het iemand aan weerskante van haar nodig gehad om haar te ondersteun en aan te moedig.

“Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste, en wanneer sy hand gesak het, die Amalekiete. Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe ‘n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. AĂ€ron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder”—Eksodus 17:11-12

Kort hierna, het die Here vir my die deur oopgemaak om ‘n inkomste te maak. Ek het begin klas gee en het regte geld gehad om ‘n tiende van te gee, maar ek het geweet dit moes na my stoorkamer toe gaan waar ek geestelik gevoed was. Ons byeenkomste (wat ander vrouens begin lok het, wat ek geen idee gehad het hoe hulle ons gevind het nie omdat ons niemand vertel het terwyl ons saam was nie) het weekliks begin om bymekaar te kom, so ons het die geld gebruik om vir my stoorkamer te gee (wat binnekort RMI sou word). Ons het die Bybelverse uitgedeel (wat ek en Sue gevind het ons gehelp het) en ons het afskrifte gemaak en aan die dames uitgegee wat gekom het of om dit aan ander dames uit te gee. Ons het ook gebruikte Bybels (wat ons by tweedehandse winkels in elke vertaling gekoop het) weggegee, ook kos, geld vir brandstof en enigiets anders wat ons gesien het vrouens nodig gehad het.  

Alhoewel die vyand by tye my soms probeer oortuig het dat my tiende net na myself toe gaan, het die Here my herinner van hoeveel kerke waar ek die pastoor gesien het, Sy tiende in die offer gesit het waar hy bedien het. En om dit te bevestig, as ek nie nou vir my stoorkamer gee nie, sou die verslinder sekerlik toestemming gehad het en meer as gelukkig wees om te steel wat ek het!! Daar is geen twyfel ek sou in armoede gelewe het nie—maar ek en my gesin is beslis nie een naby nie! Alles wat ons het is voor betaal, ons bediening is ook skuldvry en sal NET aan Hom verskuldig bly en SY Woord volg!

“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hĂȘ. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit”—Romeine 13:8 Afr 83 Vertaling.

Dieselfde is waar vir so baie ander vrouens wie se huwelike nou HERSTEL is. Sodra hulle die waarheid leer ken het, het hulle ook begin om tiendes aan hulle stoorkamer te gee, sommige wat vir die eerste keer tiendes gegee het. En almal van ons stem saam dat dit die EERSTE stap is om die deur in die vyand se gesig toe te slaan. Die deur wat jy, soos ons, wawyd oopgelos het deur nie aan julle stoorkamer julle tiendes te gee nie (en deur die stoorkamer gevoed te word wat ons sal versterk en genees). Deur nie tiendes te gee nie, is wat die vyand toegelaat het om in te kom, te steel, te slag en ons lewens te verwoes—wat is wat ons hoop binnekort sal ophou soos wat jy die vrees beveg om nie jou rekeninge te betaal nie. 

Dit is ‘n baie algemene vrees wat die vrede in ons almal binnegedring het. Die waarheid is, jy sal nooit in staat wees om jou rekeninge te betaal as jy nie EERSTE jou tiendes betaal nie! En ek twyfel of enigeen van ons wat getrou ons tiendes betaal het, nie elkeen al ervaar het wanneer dit “gelyk” het asof daar geen manier was dat ons genoeg sou hĂȘ nie. Selfs om die somme te doen en dit het eenvoudig nie opgetel nie! Tog toe ons eers aan Hom ons tiendes gegee het, aan ons stoorkamer soos Hy gesĂȘ het, dat ons AL ons rekening kon betaal, en vir baie van ons, het dit gelei dat ons skuldvry geword het!   

Nou is die tyd om die deur in die gesig van die verslinder toe te klap! Niemand wat by hulle volle verstand is, wanneer hulle voel dat die koue lug inkom, sal die hitte opdraai wanneer hulle ‘n deur in hulle huis wawyd oopgelos het nie!

Hoe Kon die Kerk toelaat dat dit Gebeur?

Omdat ons almal dieselfde gruwel ervaar het—deur NIE die geestelike kos gevoer te word, wat sou voorkom het dat huwelike verbrokkel het nie, wat ingesluit het om nie van die verslinder te weet of geleer te word nie en die beskerming van tiendes nie! Ek twyfel of ek veel meer nodig het om oor die onderwerp te sĂȘ. Maar vir sommige van julle wat sukkel, vra julleself die volgende af:

Met ‘n epidemie van huwelike wat vernietig word, hoekom het die plaaslike kerk nie meer gedoen om almal van ons geestelike kos te gee nie, die geestelike kennis om te weet hoe om egskeiding en ontrouheid te voorkom nie? En as egskeiding plaasgevind het, hoekom het hulle nie skriflesings en die nodige hulpbronne gereed wat nodig is om ons huwelike te herstel nie?

Ons glo dat die plaaslike kerke, meerendeels, gefaal het om ons geestelike stoorkamer op elke manier te wees. Hulle preek vir ons geskiedenislesse en skare-innemende preke terwyl ‘n epidemie van egskeidings deur die kerk versprei. En selfs erger, wanneer dit gepaard gaan met owerspel, skeiding en egskeiding, breek dit my hart om te dink dat hulle omdraai en ons gif gee in die vorm van berading en sielkunde (wat, soos ek gesĂȘ het, ons in ‘n latere les van sal leer). 

Ons is nie teen die kerk nie, maar wat die kerk gefaal het om te doen. Ons doel is om huwelike, een op ‘n slag, te herstel en dan om hierdie herstelde paartjies op te lei in die waarheid om terug te gaan na die kerke in hulle gemeenskappe! Dit gaan nie daaroor om enigeen te blameer nie! Dit beteken dat ons elkeen doen wat ons kan om die waarheid te leer, NIE net ALLEEN vir onsself nie, maar ter wille van ander! 

Weereens, vra asseblief vir God om jou te wys hoe jy kan help om die waarheid aan jou kerk en plaaslike gmeenskap te bring!

 

‘n Blymoedige Gewer

Uiteindelik is die keuse om tiendes te gee of nie en waar jy jou tiende gee joune. Gelukkig het ons nog ‘n laaste keer nie jou geld “nodig” nie. Vergewe my dat ek dit weer en weer sĂȘ. Ons bediening volg die beginsel van tiendes (elke donasie wat ons kry, elke verkope wat ons in ons boekwinkels kry, gee ons ‘n tiende). Daarby, soos ek gesĂȘ het, gee elkeen van ons bedienaars  hulle tiendes, daarom veg ons nie teen die verslinder nie en is ons altyd geestelik gevoed en het meer as genoeg!!   

Laastens, as jy gaan gee, gee dit blymoedig en nie met die gevoel dat jy moet nie.

“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief” —2 KorintiĂ«rs 9:7

Die rede waarom ons oor tiendes aan jou stoorkamer leer en dit blymoedig doen, is nie sodat ons jou kan manipuleer om vir ons onthalwe te gee nie—maar vir JOUNE. Almal van ons, soos ek gesĂȘ het, gee vrywilliglik, so as jy jou tiende gee kry ons nie jou geld nie. As ons uit daarop was om geld te maak, sou ons ons boeke VERKOOP eerder as om hulle net vir jou te gee.   

Ja, ons bied ook ons boeke te koop aan, maar selfs dan het ons ‘n rede soos wat ek ook kortliks verduidelik het. Wat ek nie oor uitgebrei het nie, is dat wanneer ‘n man of ‘n vrou die boeke aankoop, ons eintlik SIEN dat hulle oor die algemeen MEER verander omdat hulle in hulle eie herstel BELĂȘ het! Vir jare het ons heen en weer gegaan, ons boeke verkoop en dit dan weer weggegee—alles omdat ons die meeste mense vir wie ons bedien, wou help. Ons wil eenvoudig hĂȘ ander moet geseĂ«n word! 

Die punt is dit, moet niks vir ons gee nie, tensy jy wil saai in wat ons doen. Jy is onder geen verpligting teenoor ons nie, nooit ooit nie. Ons het jou nie opgestel om te gee nie, en eerlik, ons wil ook nie hĂȘ jy moet skuldig daaroor voel nie.

Die Boodskap Bybel verduidelik dit op ‘n interessante manier. “Onthou: ‘n Boer wat min plant, kry ‘n klein oes, en ‘n boer wat baie plant, kry ‘n groot oes. “Ek wil hĂȘ elkeen van julle moet baie tyd neem om daaroor na te dink en jou eie besluit te maak oor wat jy wil gee. Dit sal jou beskerm teen ‘n jammerverhaal en arm-draai. God hou daarvan wanneer die gewer hom verlustig in gee.”   

Snaakse ding is, baie vrouens wat WIL gee, het baie min om te gee. Dit is nog iets waarvan ons hou van tiendes! God het dit as ‘n soort “glyskaal” opgestel. As jy min het, gee jy min. En as jy baie het, kan jy baie gee. En vir enigeen van julle wat eerlikwaar baie, baie min het, het Jesus gesĂȘ dan is jy uitermatig geseĂ«nd! 

Daar word na ‘n wonderlike voorbeeld verwys as “Die Weduwee se Penning” Markus 12:41-45 “ Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. Daar het toe ‘n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesĂȘ: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis ingegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

Daar was ‘n tyd, soos ek gesĂȘ het, toe ek en my kinders op voedselseĂ«ls gelewe het. Ek het glad geen inkomste gehad nie. My eerste 3 maande huur was vooruit betaal deur my man (omdat hy beplan het om te verdwyn). Later het mense (sommige wat ek nie ken nie) my huur en nutsdienste betaal. Maar toe ek oor tiendes geleer het (soos ek jou vandag leer), het ek net geweet dit sou die einde van my finansiĂ«le ellende wees. Daarom het ek geneem wat ek gehad het, wat voedelseĂ«ls was en het daarvan my my tiendes gegee. Dit was aanvanklik nie 10% in die begin nie en dit was ook nie eens toe ek my eerste voedselseĂ«ls gekry het nie (om eers vir God te gee). God het egter na my hart gekyk en my dienoorkomstig geseĂ«n, want ek was nuut hierin en Hy kon sien my hart was om Hom heelhartig te volg. 

Ons het ook geleer hoe om aan anders te dink gedurende hierdie tyd van ons lewens. Ons het die res van ons voedselseĂ«ls wat ons aan die einde van die maand gelos het, geneem en na ‘n stoorkamer gegaan waar hulle die seĂ«ls aanvaar het (nie elke kruidenierware het dit destyds gedoen nie). Ons het ‘n groot platbakkar gekry en ons het groot sakke van rys, boontjies, meel en ook industriele grootte blikkies groente en vrugte gekoop. Ons het dit in my bakkie gelaai en ek en my vier kinders het dit by die sopkombuis afgelewer. 

Ons het dan tot die middag gebly om die middagete maaltyd op te dien en daarna skoon gemaak. Om te sĂȘ my kinders het waardeer wat ons gehad het is ‘n onderskatting. Hulle het deernis geleer en ook om nie bang te wees om goedhartigheid aan mense wat vuil, stinkerig en uit tande gehad het te bewys nie. 

Een dag was ek so geseĂ«nd toe een van die gereelde mans uitkom om ons te help om die bakkie af te laai. Toe hy die geblikte perskes sien het hy so breed geglimlag (hy was die een met die tande wat uit was) en het gesĂȘ “Wow, my gunsteling!!” Ek het vir hom ‘n drukkie gegee en gesĂȘ, “Hulle is almal joune!” en hy het begin huil. Ek het ook gehuil en so ook my seuns. Om sulke dinge te ervaar was lewensveranderend vir ons almal!

“Want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir my klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal diĂ© wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die gringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’”—Matteus 25:35-40   

Dit was net EEN van die vele voordele van my man wat weg was. Dit het vir my die geleenthede geskep waaroor ek hom nie hoef te gevra het nie, nie dat hy nie in staat was om vir mense in nood te gee nie, maar nie so radikaal soos wat ek geweet het ek moes doen om ons uit die armoede te kry waarin ons was nie! Slegs twee generasies wat my en my kinders voorafgegaan het, was miljoenĂȘrs! Albei my ouers se pa’s was miljoenĂȘrs, glo dit of nie. Dit was regtig iets wat ek moes aanvaar toe ek my man gehoorsaam het nadat hy ons gelos het en vir my gesĂȘ het ons moet “op welsyn” gaan.    

Wat God gedoen het (as gevolg van my gee) was om my ‘n manier te wys om ‘n inkomste te maak. Hy het my daaraan herinner dat ek geweet het hoe om iemand te leer om te lees en het my ‘n groep studente gewys in ‘n nabygeleĂ« dagsorgsentrum se naskoolse program. Deur weg te wees terwyl my twee jongste geslaap het en die ander twee besig was om te lees, was ek in staat om soveel geld te maak deur een uur te werk, twee keer ‘n week, wat soveel betaal het asof ek ‘n 40 uur minimum loon gewerk het! Ek het meer opvoeding gehad wat ek op enige ander plek kon gebruik het, maar dit sou beteken dat ek iemand anders sou moes kry om na my vier kinders te kyk wat toe alreeds hulle pa verloor het. God het my beloon (om nie my kinders deur nog te sit nie) deur my te help om my sewe studente te help om van onder aan die klas tot bo aan die klas te kom deur net klanke te leer! 

Later was ek (nou en dan) ‘n werk geoffer in my veld van ortodonsie, wat ek met graagte gevat het, sodat my man daardie dae saam met ons kinders by ons meenthuis kon spandeer. Elke keer as ek my tiende gegee het, het God aangehou om my finansieĂ«l op te laat beweeg en het ook begin om my man bietjie vir bietjie huis toe te bring. En teen die tyd wat hy by die huis was, nadat hy gekyk het wat God vir my gedoen het (en hoe ek in staat was om vir hom en die AV kos te koop toe hy “verminder was tot ‘n stuk brood” omdat hy in owerspel geleef het en deur selfs my bakkie vir hulle te gee), het hy begin om sy tiende te gee sonder dat ek ‘n woord hoef te gesĂȘ het!  

VRAAG: Moet ek ‘n tiende gee op die bruto of netto bedrag? 

Almal het hulle eie opinie oor die antwoord op hierdie vraag, maar deur God na te streef vir wysheid was dit duidelik, as jy jou tiende op die netto bedrag betaal dan betaal jy regtig NIE jou tiende EERSTE nie. 

Dit beteken dat voor jy jou rekeninge betaal en op die bedrag VOORDAT belasting of ander betalings uitgeneem word, soos Jesus vir ons in Matteus 6:33 sĂȘ, “Nee beywer julle allereers vir die koninkryk van God en die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” en “Maar Ek het dĂ­t teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.” Die Openbaring 2:4  

Hierdie kragtige begins van “eerste vrugte” is ook in Deuteronomium 18:4 wat vir ons sĂȘ, “jy moet vir die priester die beste deel gee van jou koringoes en jou wynoes, van jou olie-opbrengs en jou wolskeersel. Dan, in Eksodus 34:24 en 26, sĂȘ God, “Ek sal nasies voor jou uit verdryf en vir jou ‘n land gee. . . Die keur van die eerste produkte van jou land moet jy na my huis toe bring, die huis van die Here jou God. . .”   

As jy nog steeds nie seker is wat om te doen nie, doen niks. In plaas daarvan, neem die verse op hierdie bladsy en begin hulle oor en oor te lees, vra vir God om jou oĂ« oop te maak om te sien wat HY jou wil wys en om jou te help om dit te doen. Maak seker dat die krag wat jy voel van BINNE is (waar ek hoop Jesus bly) en nie ‘n krag van buite, ONS (of enige iemand anders nie). Want op die ou end wie gee om wat mense sĂȘ?? Wat saak maak is wat HY sĂȘ, wat HY jou lei om te doen en net JY weet wat dit is en sal die nagevolge dra as iemand jou vertel wat verkeerd is, nie waar nie?🙂

Hy het die Prys vir Jou Betaal

Laat my hiermee eindig, jy het nie jou redding VERDIEN nie en God laat jou nie daarvoor betaal nie. Jy kan nooit genoeg verdien met die soort geestlike skuld waarin ek en jy/is of was nie!

Sonder Jesus wat aan die kruis gesterf het, sou ons gedoem gewees het tot ‘n ewigheid van pyniging. Hy het gesĂȘ wat Hy GEGEE het was ‘n GRATIS geskenk. Nou met hierdie gawe van die ewige lewe, met Sy hoop, is ons nou toegerus om ‘n lewe van deernis vir ander te leef! Om ander te vergewe soos ons vergewe is, om onsself toe te wy om ons oorvloed uit te stort.

Vandag se les is Geestelike Mylpaal #1 tesame met jou Herstelreis.

Weereens, wat jou hierdie keer terughou, om VRYGESTEL te word, is VREES. 

So vandag het jy ‘n tweede kans om hierdie eerste mylpaal te bereik.

LEES die Getuienisse van ander vrouens wat gesukkel het om oor hierdie mylpaal te kom sodat jy dit ook kan oorkom.

1 Korintiërs 9:24

Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen.

As jy nie voorheen in staat was om oor hierdie mylpaal te kom nie, het jy ongetwyfeld baie meer geestelike krag en geloof gekry was wat jy die eerste keer gehad het. Trek op die Here s’n, neem Sy hand en spring oor die VREES om aan GOD beheer oor jou finansies te gee. Hy het jou gevra om Hom in hierdie een area van jou lewe te TOETS, het jy? 

“Julle moet doen wat die woord sĂȘ en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself...en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.” Jakobus 1:22;25

“Watter sin het julle dat julle my aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sĂȘ nie?” Lukas 6:46.

As jy geestelik gevoed is, en selfs teruggebring is na ‘n geestelike lewe as gevolg van hierdie lesse en die Bemoediger, moenie dwaas vashou aan dit wat aan God behoort en Hy sĂȘ vir ons om aan jou stoorkamer te gee nie. Stel jouself VRY!

"Sal ‘n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds ‘n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit. Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sĂȘ die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reĂ«n sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie"—Maleagi 3:8-10   

Neem jou eerste tree om te sien hoe die verslinder deur die Here van die leërskare bestraf word!

“...en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” —Joh 8:32 

Nou is dit tyd om HIER TE KLIK en jou hart teenoor die Here uit te stort in jou joernaal “Wat ek Geleer Het.”  

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui