Nog Net 2 Saterdae Oor Vir 2023

Die tyd stap rêrig nou aan! Ek kannie glo daar is nog net 2 Saterdae (insluitende vandag) oor van 2023 nie!

Laas Saterdag het my Liefling Here my gelei om terug te reflekteer op al die goed wat hierdie jaar gebeur het en net te fokus op die mooi en goed en dankbaar te wees. En ons wonderlike Liefling Here verdien immers al ons danksegging en lof.

"Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!" 1K16:34

"...Wees altyd dankbaar." K3:15

Ons het twee keuses, of ons kla oor alles wat hierdie jaar verkeerd geloop het of ons kan dankbaar wees oor alles wat ons hierdie jaar geleer het en al die mooi wat uit hierdie jaar gekom het!

En ek weet nie van jou nie, maar ek kies om dankbaar te wees, want as ek terug reflekteer oor die jaar, was die Here se voorsiening in my lewe wow en het die Here elke situasie wat vir my seer bedoel was, ten goede laat uitwerk en ek is ongelooflik dankbaar daaroor.

"Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad." G50:20

Ek is dankbaar vir 'n Hemelse Man vir Wie ek werklik saakmaak. Ek is dankbaar dat ek die pad nie alleen hoef te stap nie en my Hemelse Man reg langs my is. Ek is dankbaar vir Sy vrede en vreugde wat my hart vul. Ek is dankbaar dat my toekoms in die Here se hande is en ek is dankbaar dat ek verwagting kan hê dat 2024 'n goeie jaar gaan wees.

"Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle." 1T15:16-18

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

9 thoughts on “Nog Net 2 Saterdae Oor Vir 2023”

  1. Ja liefste Janine ons het deur als so baie wat ons voor dankbaar kan wees. Ek is dankbaar dat ek ook met die Here se vreugde en liefde gevul word en dat hy elke oomblik by my is. Ek is dankbaar dat Hy voorsien en dat Hy in beheer is en dat my lewe en toekoms in Sy hande is. En dat ek opgewonde kan wees oor wat Hy gaan doen in die laaste dae van 2023. Ek stem ook saam met jou dat ek ook dankebaar kan wees dat ons verwagting kan he dat 2024 n geseende goeie jaar gaan wees.
    Oor Hy lewe sien ek kans vir more.

    Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. ‭‭JEREMIA‬ ‭29:11‬ ‭NLV‬‬ https://bible.com/bible/117/jer.29.11.NLV

    1. Dankie dat jy dit deel kosbare Kristy, ja wat ‘n wonderlike feit, dat die Here elke oomblik by ons is.

  2. Al was dit nie ‘n maklike jaar in baie opsigte nie, het ons nog steeds so baie om elke dag voor dankbaar te wees.
    – Ons het ‘n dak oor ons kop
    -Kos om te eet
    -Gesondheid
    -Lewe
    -Ons het ‘n Hemelse Man wat ontsaglik lief is vir ons en saam met ons wil stap deur alles, Hy wil deel wees van alles van ons lewe en Hy wil ons laste dra.
    -Ons Hemelse Man werk in ons situasies, on kan net stil wees en weet dat Hy God is.
    -Niks is vir God onmoontlik nie.
    -Hy het gekom om vir ons die oorvloedige lewe te gee.
    -Hy was ons skoon met Sy Woord.
    -Hy is gee nie op om aan ons harte se deure te klop nie.
    -Hy het ons wonderlik gemaak, presies soos Hy ons wou he. Hy ken elke haar op ons kop.
    -Hy sorg vir ons, meer as die blomme in die veld en die voels in die lug.

    Ons kan 2024 met verwagting ingaan want Hy is by ons.

  3. Sjoe, hierdie jaar was een van my slegste jare maar een jaar waaroor ek die dankbaarste is.
    Al het daar soveel beproewinge oor my pad gekom en al het dit vir my meer as een keer gevoel dat ek net nie meer kan nie het die heel beste ding ooit met my gebeur. Ek het God gevind!
    Ek is dankbaar oor alles wat gebeur het, want as dit nie so gebeur het nie, sou ek nooit gaan soek het en Hom gevind het nie, sou ek nooit geklop het en Hy vir my oopgemaak het nie.
    Ek is dankbaar dat ek lewe en gesond is.
    Ek is dankbaar dat my gesin lewe en gesond is.
    Ek is dankbaar om Hom as my Hemelse Man te hê.
    Ek is dankbaar dat Hy in al my behoeftes voorsien.
    Ek is dankbaar dat Hy my lei op die regte pad.
    Ek is dankbaar dat ek die waarheid leet ken.
    Ek is dankbaar vir Sy woord.
    Ek is dankbaar vir die werk wat Hy aan my voorsien het en dat ek gelukkig is daar.
    Ek is dankbaar dat Hy in my lewe en dat ek nie alleen is nie.
    Ek is dankbaar vir ALLES!

    1. Ek is saam met jou dankbaar kosbare Betty, wow jy stel dit so mooi en die heel heel beste ooit, is om God te vind!!!

  4. Ek is dankbaar dat ek die Here het, en nooit alleen is nie. Ek is dankbaar dat as dinge vir my teveel raak dat ek na die Here toe kan hardloop en weet Hy sal vrede in my hart sit. Ek is dankbaar dat die Here my lief het, en dat elke klein ding vir Hom saakmaak.

    Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee. Numeri 6:24-26

    https://bible.com/bible/6/num.6.24.AFR83

  5. Ek weet nie regtig waar om te begin nie ons het in 1984 na die olatreland getrek en in daardie eerste maand het iets onbeskryflik met my gebeur ek was maar net 7jr oud so ek het niks daarvan gemaak en vir my  ouers gesê nie

    ‘n Hele paar jaar later is my ouma se 3de man oorlede toe gebeur daar weer iets met my en jy sal dink “it’s only in the movies”  maar dit alles is n stories vir n ander dag. Ek het my ouma verloor in 2009 aan n hartaanval en in 2011 het ek my mammie verloor aan kanker en ek mis hulle onstent baie elke dag en van daar af was alles net meer as afdraande en ek moes sterk staan vir my hele familie, ek kon nie eers behoorlik afskeid neem en rou nie en nie eers my voormalige man was daar vir my nie, maar in my diep-diep binneste het ek geweet dat die Here wel by my is al het ek so magteloos gevoel en dat ek net alles wou beëeindig maar ek kon nie, wat dan van my 2 pragtige kinders want hulle eie pa kan nie eers behoorlik na hulle omsien nie. Toe het die Here my gedra al was dit hoe moeilik vir my gewees en agv ander persoonlike dinge en veiligheid vir my en my kinders moes ek trek na ‘n ander provinsie.

    Op 14 Junie 2020 het my pa, my en my kinders uit die huis gesit. Ek was al verby moeg en moedeloos maar ek het nie vir n dag op gehou nie as ek nie met die Here kon praat nie meer gehuil as enige iets anderste het ek my hart uit gestort deur om vir Hom te skryf die Bybel te lees en te vas. 

    Ek dink in April 2023 het ek vir meer hulp begin soek en vra al is die Here by my gewees want iewers in Sy woord kan ek onthou van Abraham wat oorlog gemaak het met 2 manne wat by hom was en ek het gesoek vir dit en dis toe ek op die internet afkom Op Uiteindelik.com en ek het begin huil van blydskap en van daaraf het dinge net beter begin word

    Ek gaan net van een van die klein merkwaardige wonderwerke vertel want daar is baie meer intusse vir my gedoen hierdie was 1 van my 1stes klein wonderwerke gewees:

    Julle sal nie glo nie dit was n week voor “pay day” en ek gooi of kan net weekliks R500 se diesel ingooi want dis hoe die eksman vir die kinders geld stuur maar daardie week het hy nie gestuur nie maar julle sal nie glo nie dis net amazing hoe die Here my gedra het die Vrydag oggend is ons oppad skool en werk toe toe het die diesel liggie het begin aan en af kom dan weet jy mos jy kan nog 50km ry wel ek werk 5km van die huis af en die skool is ook so 2km ook en dan moet ek lunch tye die kids by die skool ook gaan kry want dis nog so 2km van die huis af ek bid en vra die Here asb Here ek weet nie wanneer ek n ekstra geldjie gaan kry nie en in Jou woord staan ook jy mag nie leen nie so ek gaan dit nie doen nie eknhet volle vertroue net in Jou en Jou alleen en as dit wel eers gaan wees met “pay day” moet asb nie laat ek gaan staan sonder diesel nie en as dit alles net Sy wil sal en kan wees instussen het die diesel liggie begin bly brand en ja ek het gepanic en om dit weg te steek vir die kids moes ek maar net n “mal, cheerpy” kinda ma gewees het en julle die Here het ons gedra tot die aand wanneer my salaris in die bank gewys het tot by die petrol stasie dit was 1 van my klein-groot wonderwerke wat begin gebeur het toe het baie goeie lekker dinge begin gebeur en ook die duiwel wat bly tussen ons en die Here in kom maar ek het nog nie vir n dag gaan le nie en net daaroor bly die duiwel nie van ons af weg nie

    En die Here het vir my Janine, Ronell, Marlize, Esabel en nou vir Yvonne op my pad gesit en ek help my kinders ook om nog nader aan die Here te kom en ek hoop, vertrou en glo ten volle dat die Here my en ons almal se hartsbegeertes sal laat waar word in 2024 want Hy is nie net Goed vir ons nie Hy is meer as net dit Hy is Wonderbaarlik Amazing and we love Him for that and more 💕

    1. Kosbare Jacqueline, dit is so lekker om ‘n kommentaar van jou af te sien en ek is so ongelooflik dankbaar dat jy Uiteindelikhoop.com gevind het en die Here is werklik Wonderbaarlik Amazing!!! En ek is so jammer vir al die seer waardeer jy is, maar ek weet jy het ons groot Geneesheer en dat Hy vir jou planne van voorspoed het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui