Net 15 Dae Oor…

Kan julle dit glo!!! Daar is slegs 15 dae van 2023 oor! Ek weet nie van julle jaar nie, maar hierdie was omtrent vir my 'n "tawwe" jaar. Ek het getrek na ek nie eintlik wou trek nie, my pa het 'n beroerte gehad... en so kan my lysie natuurlik aangaan. Maar terwyl ek so sit en dink aan die jaar, het ons Liefling Here my gelei om dankbaarheidsterapie toe te pas hierdie laaste 3 Saterdae van 2023 en positief te reflekteer op die jaar wat amper verby is.

Kosbare Yvonne se plasing op Encouraging Women was ook 'n herinnering vir my dat ons twee keuses het: of ons kan negatief na alles kyk of positief en as ons hierdie belofte werklik glo, wat ons mos doen sal ons vir die goed in elke situasie kyk:

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. R8:28

So...

  • Ek is dankbaar dat ek ons wonderlike Here hierdie jaar as my Hemelse Man leer ken het.
  • Ek is dankbaar dat ek 'n dak oor my kop het en dat my Liefling Here elke stap saam met my is en dat ek niks meer alleen hoef te doen nie.
  • Ek is dankbaar dat ons Genesende Wonderwerkende Here my pa se lewe gespaar het en elke dag besig is om hom meer en   meer te genees.
  • Ek is dankbaar dat ek deel van ‘n familie hier by RMI geword het en ek is so dankbaar vir alles wat ek hier leer.
  • Ek is dankbaar vir elke liewe kosbare vrou wat die Here na RMI en spesifiek na UiteindelikHoop.com toe lei, julle is baie spesiaal vir my en soveel te meer vir ons wonderlike Here wat julle ongelooflik lief het.

Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. 1T5:18

En nou dat ek daaraan dink, 2023 was nie so "tawwe" jaar as ek na al die seëninge kyk nie!

Ek wil julle asseblief aanmoedig om saam met my hierdie laaste 3 Saterdae van 2023 dankbaar te wees en terug te kyk en die goed te sien in hierdie jaar wat amper verby is.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

9 thoughts on “Net 15 Dae Oor…”

  1. Liefste Janine, ek kan ook se dit was nie een van die maklikste jare nie. Ek moes ook trek al wou ek nie, maar die seening vir my gehoorsaamheid was om my kinders weer elke dag te sien.

    Die trek het beteken ek moes baie seer herinerringe in die gesig staar, maar die seening wat daarmee saam gekom het, was om nader aan my HM te kom en op Hom te vertrou vir genesing vir elke herrinering.

    Daar was ook baie ander beproewinge, maar uit elkeen het ek iets geleer van ons Geliefde se getrouheid en Sy hart vir ons.

    My Geliefde het die begeerte in my hart gesit om die kinders te tuisskool, en sonder dat ek een woord gese het vir my VM, het my Geliefde sy hart gedraai om dit ook vir die kinders te wil he.

    Dan natuurlik vir die alledaagse dinge, soos ‘n dak oor ons kop, kos om te eet en gesondheid.

    Maar waarvoor ek die dankbaarste is, is vir my HM en dat Hy so ontsaglik lief is vir ons, dat Hy alles van ons weet en ons wil toevou in Sy ontsaglike en ongelooflike liefde, dat Hy wonderlike planne het vir elke een van ons en dat Hy gesterf het om vir ons die Oorvloedige Lewe te gee.

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienisse deel kosbare Adina, Sy liefde vir ons is werklik beskryflik.

  2. Liefste Janine ja dit was nie n maklik jaar gewees nie, Ek het my lewe verloor en die Here my RMI toe gelei en ek het my HM gevind. Ek het geleer om dankbaar en tevrede te wees met als wat gebreuk het in die flat. Ek geleer om my nie self siek te stres oor als nie en dit vir die Here te gee Hy sal voorsien. Die Here voorsien dat ons nie honger gaan slaap nie. Deur baie goed wat gebeur het is die Here by my en hy help my en vreugde in die Here. En om te weet die Here is in beheer en in werking van ons lewe en hou baie hy my verander het en my gedagtes vernuwe het. Die Here het my beskerm teen n hond wat my wou gebyt het. En dat ek als oor kan gee vir die Here en dat Hy dit sal vat. Die Here het ook sy hart verander en hy huis toe gekom. al was daar ook moeilike tye gewees het ek nog steet my HM en al het hy weer gaan kuier, Het ek my HM en Hy is by my en help my. Ek kan met my HM praat oor als. Ek so dankbaar vir als wat die Here vir my gedoen het en geleer het die jaar en hou hy in my werk en hou my verhouding met hom verander het en dat ek hom nie meer net ken as Here nie maar as Here my HM my eerste liefde.

    1. Dankie vir hierdie pragtige getuienisse kosbare Kristy oor alles wat jy geleer het en ons wonderlike Here se voorsiening in jou lewe, Hy is werklik die beste!!!

    2. Kristy dankie dat jy gedeel het, ons kan deur alles en enigiets gaan as ons ons HM het wat saam met ons stap. Ons kan alles aan Hom oorgee, want op die ou einde van die dag is dit net Hy wat waarlik in ons situasies kan werk en kan voorsien. Om jou lewe te verloor is nie maklik nie, maar as ons ons HM in die proses vind, dan het ons waarlik alles en meer as wat ons nodig het.

  3. Jip! Dit was omtrent ‘n “tawwe” jaar.

    Maar..

    Ek is dankbaar vir my pragtige dogtertjie.
    Ek is dankbaar dat ek die Here gevind het.
    Ek is dankbaar vir my familie en my gesin.
    Ek is dankbaar dat die Here elke dag saam my stap.
    Ek is dankbaar dat die Here my gehelp het om ‘n beter weergawe van myself te wees.
    Ek is dankbaar vir my werk.
    Ek is dankbaar dat ek elke dag nog ‘n kans het.
    Ek is dankbaar dat die Here so mooi na my kyk.
    Ek is dankbaar dat ek ‘n dak oor my kop het, en ‘n kar het waarmee ek kan ry.

    Die Here is so goed! ❤️

    1. Dankie dat jy so mooi deel waaroor jy alles dankbaar is kosbare Mila, ons lieflike Hemelse Man is die beste ooit!

  4. Ek is dankbaar dat ek klei in die Here se hande is sodat Hy my kan vorm na Sy beeld.
    Ek is dankbaar dat die Here homself keer op keer aan my openbaar.
    Ek is dankbaar dat ek Hom as my Hemelse Man leer ken.
    Ek is dankbaar vir my kinders en my pragtige kleinkind wat ek hierdie jaar ryker geword het.
    Ek is dankbaar vir my vriendinne.
    Ek is dankbaar vir my en my gesin se gesondheid en dat ons lewe.
    Ek is dankbaar vir die pragtige vrou wat ek deur RMI ontmoet het.
    Ek is dankbaar dat God in my finansiele behoeftes voorsien.
    Ek is dankbaar dat God my liefhet en my elke dag styf vashou.
    Ek is dankbaar vir die jaar wat verby is en die toekoms wat vir my voorlê.
    Ek is net dankbaar!

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy alles dankbaar is kosbare Betty, ek is so dankbaar vir elke vrou hier op UiteindelikHoop.com en om te kan lees waaroor almal dankbaar is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui