‘N WYSE VROU

NEW-COVER-WW-AFR-Front

Uittreksel uit: ‘n Wyse Vrou
Volgens Sy besluit. Die Here kom na ons toe op die presiese tyd van ons nood. Hy laat ons toe om na die keerpunte in ons lewens te kom (deur verskeie beproewings) om afhanklikheid van Hom te leer. Dit is gedurende die tye van nood dat ons Hom nastreef, en dan laat Hy ons Hom vind. Dit is net deur gebrokenheid dat egte lewenslange veranderinge gemaak word. Ons kan Hom loof in alle dinge omdat ons die versekering het “dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is.” Rom. 8:28. Ons kan van hierdie gedeelte sien dat ons doel moet wees volgens Sy besluit te leef. Wat dan is Sy doel vir ons lewens? Meeste van ons is bekend met Rom. 8:28, maar om regtig Sy doel te verstaan moet ons verder lees. “Die wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Sy Seun baie broers kan hĂȘ van wie Hy die Eerste is. Die wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En diĂ© wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En diĂ© wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik. Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dit: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees?” Rom 8:29-31.

Dis so waar, wanneer ons die laagste punt in ons lewens bereik, is dit wanneer ons ook so intieme verhouding met die Here ontdek. Ek het nou al met ‘n paar vrouens gepraat wat sĂȘ as hulle kon kies of hulle weer deur die seer sal gaan, was hulle antwoord ja, want hulle het toe so ongelooflik naby aan die Here beweeg juis in hulle ongelooflike tyd van seer. En ek stem saam dit is in gebrokenheid dat ons lewenslange verandering maak, wat tot voordeel van onsself is en juis wanneer ons Hemelse Man ons lewens as getuienis gebruik om ander te help.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui