‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 5

Wen Sonder ‘n Woord

Baie van ons sit met die dilemma dat ons mans blatant, of in die geheim, aan God se Woord ongehoorsaam is. Dit is nie net kommerwekkend nie, maar ook nogal frustrerend. Dit is veral waar as jy probeer het om daaroor te redeneer en jou kommer oor sy welstand en jou familie se welstand te deel. Maar in hierdie les sal jy leer, deur die Bybel, dat alles wat jy graag vir jou man wil sĂȘ, eerder vir God gesĂȘ moet word.
Ek weet nie van jou nie, maar as ek bekommerd was oor my man oor wat hy doen, het ek dit vir hom gesĂȘ en in hierdie hoofstuk het ek geleer dat ek dit veel eerder vir God moes sĂȘ. Want ek onthou as ek met my man daaroor probeer praat het, het dit in elk geval seker by sy een oor ingegaan en by die ander een uit en God sou veel eerder iets daaraan kon doen.

Vra vir God om met jou man te praat. Ons het nou net gelees dat wanneer ons mans ongehoorsaam is aan die Woord, ons gehoorsaam moet wees en besluit om hulle sonder ‘n woord te wen. Maar, is daar enigiets anders wat ons kan doen? Ja, ons kan boontoe gaan; ons kan na ons Hemelse Vader toe gaan en ons op Hom beroep. Vra vir God dat Christus (wat direk oor alle mans is) met jou man praat oor wat op jou hart is aangesien dit die orde van gesag is. “Ek wil egter hĂȘ julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus.” 1Kor. 11:3.
Ek het in my eie lewe gesien dat as ek met my bekommernisse na God toe gaan, dat Hy dit oplos. En hierdie gedeelte is nie net vir ons mans nie, maar met enige iemand anders, want baie keer as ons iets sĂȘ maak ons dit in elk geval net erger. Hierdie hoofstuk se opskrif: WEN SONDER 'N WOORD, is vir my so belangrike beginsel in alle opsigte van die lewe. En ek erken ek het te veel met my aarde man probeer praat oor sy foute en weet dat ek dit net erger gemaak het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 5”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui