‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 5 – NA WIE TOE ROEP JY UIT

Lees asseblief die uittreksel uit 'n Wyse Vrou boek, Hoofstuk 5 (sien ook die kursus) en luister hoe ek meer deel oor my eie foute met die hoop dat iemand uit my foute sal leer:

Na wie toe roep ons uit? Dit lyk asof mans ons trane haat. Somtyds hou hulle hulle afstand want hulle weet nie wat om met ‘n vrou te doen wat huil nie, of omdat die vrou haar trane gebruik het om hulle te manipuleer. Maar die rede vir ons mans se afsydigheid teenoor ons trane kan, by tye, wees omdat God ‘n jaloerse God is en daai trane aan Hom behoort. “Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: ‘Hier is ek.’” Jesaja. 58:9. “Moenie ophou om die HERE ons God vir ons om hulp te smeek nie…” 1Sam. 7:8. Dit mag lank vat voor jy die oorwinning in die vlees sien manifesteer, maar jy moet aanhou hoop in die dinge wat nie gesien kan word nie. Glo in God. Huil slegs by Hom. Hy het die mag om dinge te verander.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui