Vandag se lewensles is getitel nie meer in Kansas nie. Nou ek weet dat die titel ‘n bietjie vreemd is, maar dit sal later moontlik meer akkuraat wees, ek is nie meer in Paradys nie. So baie van die lewenslesse is om die twee jaar gesentreer waar ek eintlik in Paradys gewoon het en ek het altyd gepraat oor hoe gelukkig ek was, hoe tevrede ek was, hoe opgewonde ek was om Sy bruid te wees. Maar wie sou nie gelukkig wees om in Paradys te woon nie? Ek bedoel, regtig. So soos wat ons lieflike, wonderlike Man lief is om te doen, is om te wys en te bewys dat as Sy bruid kan ek tevrede wees met baie of ‘n bietjie en dit is die ware toets. Is dit nie waarvan Paulus gepraat het nie?
So selfs al is daar so baie lewenslesse wat binne my broei, gebaseer op al hierdie ervarings wat ek as Sy bruid gehad het vir die afgelope paar weke, gaan ek nou dadelik na ‘n lewensles spring wat soort van begin het as ‘n lewendige lofprysing, wat ek met Yvonne en Poppy gedeel het. En ek het net gedink o dit sal ‘n perfekte een wees. Ek moet dit as ‘n lewensles deel.
So wat gebeur het is dit, ek bly nie nou meer in hierdie afgeleë, groot huis wat ek eenvoudig nie nodig het nie, maar Hy het my vir twee jaar daar gehad.
Ek het van alles laat gaan, ek gaan net vinnig vorentoe, laat gaan van alles, vir ‘n twee weke wittebrood saam my Man en ten midde daarvan het ek ⅔ van wat ek besit het weggegee, wat in elk geval nie veel was nie. En toe stuur HY my op nog ‘n vakansie, soort van ‘n familievakansie en ek is hier. Ek is alleen saam my Hemelse Man en ek geniet elke liewe oomblik daarvan.
Ons het vir die oord die bynaam die Nicaragua oord gegee, wat saam gaan met toe my seun en sy familie teruggekom het van Nicaragua as gevolg van hulle dogter se gesondheid, so toe eindig hulle op om in hierdie oord te bly. Tara en ek het in ‘n ander oord gebly of by dieselfde oord maar in ‘n ander gebou en toe ons vir hulle gaan kuier het, o my jinne dit het gelyk asof hulle in Nicaragua bly in vergelyking met waar ons gebly het, want hierdie is die ouer geboue. Wel dit is waar my Man wou gehad het ek moes tyd spandeer en so toe ek daarna gaan kyk het, het ek gedink, wow, dit is asof ek in Nicaragua is en dit is die mooiste plek ooit, want dit is wat my seun en sy vrou gesê het. O, dit is so mooi nadat ons in Nicaragua was. Dit is luuks. Dit is so wonderlik. So dit is net die manier hoe ons na dinge kyk en dit is wat my Man gesê het. Kyk net daarna. Dis asof jy in Nicaragua is maar jy is nog steeds hier in die State in Orlando. En ons gaan net die beste tyd hê en ek het.
So hier is ek in hierdie klein plekkie, na die uitgestrekte 2 jaar in Paradys en ek is net terug, uitgeput, van ‘n volle dag saam met my kleindogter in Disney. Dit was die dag nadat ek middagete buite gehad het en die eerste ding wat ek wou doen is om net ‘n middagslapie te neem soos altyd. Maar daar is nie eens plek om net gemaklik te sit nie, wat nog van om te gaan lê soos wat ek gedoen het op twee matrassies. Ek het eintlik twee gehad soos die Prinses en die ertjie, 2 gemaklike matrassies, ‘n laken daaroor, omring aan 3 kante en ‘n waaier wat waai. By my voete was daar hierdie privaat swembad en verby dit ‘n meer met allerhande tropiese voëls en blare en bome. En hier is ek buite omring deur mense en geboue en nêrens om te gaan lê nie, so toe vra ek my Man. Is daar enige plek om ‘n middagslapie te vat? Ek sal daarvan hou om buite te wees en onmiddellik het ek gedink aan ‘n gesprek wat ek met Tara en Gentry gehad het, en sy gevra het of daar ‘n swembad by die oord is? En natuurlik is daar en ek het gedink, maar ek wou nie buite by al daardie mense gewees het nie. Dit is nie ‘n private swembad nie. Maar wat wou my Man gehad het ek moes doen? Buite toe gaan en by daardie swembad my middagslapie neem.
So toe gaan ek uit met my sonbril, my foon sodat ek na my opnames kon luister en het gaan lê omring deur mense, omring deur musiek wat blêr en die Prinses en die ertjie wat ek eens was toe ek in Paradys gebly het. Nou glimlag ek, ek het my gehoorstuk op en daar gaan raak ek aan die slaap en dit was absoluut pragtig om daar aan die slaap te raak. Om my Man daar en dan te geniet toe ek wakker word en Hom gevra het, REG, Liefling, wat is volgende? Ek het my kop na regs gedraai net soos wat Hy dit in my gedagtes gesit het dat Tara gesê het dat hulle ‘n Jacuzzi het en ek het myself in die Jacuzzi gaan week.
Ek woon in Paradys, nou weer is hierdie semi paradys, maar wat Hy my deurbring en al die dinge om van omtrent alles wat ek besit het ontlsae te raak. Ek het my klere, maar baie min. Ek is gelukkig omdat ons gelukkig kan wees en dit hoef nie te wees soos dit voorheen was nie. Hy bring ons daaruit om te bewys dat dit net daaroor gaan om Sy bruid te wees en waar ookal ons saam is, is ons gelukkig.
Ons is verheug. Baie soos toe ek getuig het van wanneer ek vir Tara en Gentry sien en die manier hoe hulle na mekaar kyk en om te bevestig voordat hulle antwoord kyk hulle vir mekaar. Ek doen dit ook, ek is op my wittebrood en het vir hulle gesê en toe vra ek hulle: gaan julle, julle twee maande huweliksherdenking vier? Hulle het gestop. En hulle het albei vir mekaar gekyk en hulle het albei min of meer dieselfde ding gesê. Die een het, ek dink, dit gesê en die ander het geknik. Ons vier elke dag en ek het gesê, ek ook. Ek is Sy bruid en ek vier dit elke dag en ek is so bly om te hoor dat julle dit ook doen en hulle het net gestraal en ek het gestraal.
En o dames, dit is hoe ons almal behoort te lewe. So ek hoop dat jy net sal gaan sit en jou oë toemaak en jou dit verbeel en Hom net te vertrou om jou enige plek te neem. Gaan enige plek, neem jou buite jou gemaksone. O en lewe net die paradys waar jy ook al is.