Verlede week het ons afgesluit deur te sê dat elkeen van julle maklik een van die “ergste” tye wat persoonlik met jou gebeur het kon onthou en Hom dan te vra om jou ook te herinner hoe Hy wonderbaarlik, ongelooflik veroorsaak het dat “alles ten GOEDE meewerk—omdat jy God liefhet—omdat jy volgens Sy besluit geroep was en Sy doel VERTROU het.
Het jy eenvoudig stilgestaan en hierdie wysheid geabsorbeer? Ek hoop so, want daar is meer om hierdie week te absorbeer soos wat ek deel hoe baie eg Waargenome Gevaar kan wees, dat dit tot op die punt voel asof dit werklik is.
Laat my hierdie storie deel wat Hy gebruik het om my te help om hierdie beginsel te verstaan en hierdie lewensles te leer. Vandag net na ek klaar gemaak het met werk, het ek opgestaan om te gaan en uit my venster gekyk en ‘n krokodil opgemerk. Ek moet sê ek sal nooit daaraan gewoond kan raak om ‘n krokodil te sien wat feitlik in my agterplaas is nie, maar dit het my herinner aan iets waaroor ek gedink het toe ek buite gesit het en my middagete geëet het. Iets wat ‘n paar dae vroeër gebeur het toe ek in my swembad was.
Onthou ek is in ‘n vakansie oord. So terwyl ek daar was, het ek ‘n swembad in my agterplaas wat heeltemal afgesonder is en oor ‘n meer uitkyk. In Florida is daar baie mensgemaakte mere om al die reënwater gedurende die somermaande te absorbeer en op te vang, so dit is nie ongewoon vir ‘n huis om ‘n meer te hê nie. So ek was in my swembad en het my arms langs die kant laat rus, terwyl ek oor die meer staar, en Hom bedank vir hierdie paradys, toe ek ewe skielik net die penne kon sien en dadelik geweet het dat dit ‘n krokodil was. En hierdie krokodil het reguit na my toe geswem. Onmiddellik het ek vir myself begin sê, “O’ jinne, klim vinnig uit die water uit!” Dit is omdat ek hierdie gevaar waargeneem het, maar dit was glad nie vir my ‘n gevaar nie.
Ek was nie in dieselfde water nie! Ek is veilig in ‘n swembad omring deur Sy guns (definitief is dit Sy guns vir my om hier te bly) maar ek het hierdie sensasie gehad, hierdie waargenome gevaar. Alhoewel ek eerder wou uitklim, het ek aangevoel dat Hy wou gehad het dat ek moet bly. So toe bly ek waar ek was en het gekyk hoe die krokodil na my toe geswem het. Hoe nader dit gekom het, hoe meer het ek regtig die gevaar aangevoel, ware gevaar in die oë gestaar omdat dit reguit na my gekyk het! Maar ek was veilig, heeltemal veilig, absoluut heeltemal veilig.
Toe soos wat ek gekyk het hoe dit in ‘n dreineringspyp inswem (wat ek raai is hoe hulle van die een meer na ‘n ander gaan en nie grondlangs nie) het ek met Hom daaroor begin praat. Onmiddellik het Hy my al die pad terug geneem, jare voordat my bediening begin het. Wel, korreksie, ek veronderstel my bediening was in die proses om gebore te word (dieselfde soos baie van julle geboorte aan gaan gee).
Op hierdie dag het ek ook gevaar waargeneem. Ek was oppad terug huis toe na ons armoedige woonstel (waar, terloops my vier kinders sê is waar hulle kosbaarste herinneringe is). Ek het saam my ma gery en my vier kinders was agter vasgegordel, toe ek ‘n motor gesien het wat uit die baie kort doodloopstraat ry na ons woonstel toe. Soos wat ek verby hierdie motor gery het, het ek my aardse man gesien bestuur en langs hom was die ander vrou! Natuurlik, het ek onmiddellik gevaar waargeneem, en gewonder wat dit beteken het. Ek het gedraai en na my moeder gekyk wat net so geskok was. Ons het vir ‘n sekonde na mekaar gestaar, maar niemand het geweet wat om te sê nie. Toe draai ek in die straat in en sien my aardse man se motor. Toe het ek aangeneem dat hy sy motor gelos het en saam met die ander vrou gegaan het (maar haar waargenome nabyheid by my huis en kinders het my geirriteer). Liewe bruide toe ek binnegaan, was ek selfs meer geskok—daar was hy—my AM. Ek het waargeneem wat ek kon sweer (tot vandag toe) is wat ek met my eie oë gesien het en my moeder kan dit selfs bevestig! Nietemin, ek was glad nie in enige gevaar nie. Wat ek gevoel het, wat ek aangevoel het, wat ek geglo het was waargeneem, maar het nooit enige werklike bedreiging vir my of my kinders ingehou nie.
Die lewensles kan vandag opgesom word deur te sê dat ons nooit met ons fisiese oë moet kyk nie, nog minder hoe ons voel, want selfs wanneer ons een of ander gevaar waarneem, is dit baie dikwels nie ‘n bedreiging vir ons almal nie. Dis nou nie te sê as ons aanvoel hoe Hy ons weg van gevaar af lei nie, en ons weet uit ondervinding dat dit HY IS wat ons lei om iewers heen te gaan of iets te doen dat ons dit ignoreer nie.
Die waarheid is, toe ek aanvoel en gevoel het asof ek wou weghardloop van die waargenome gevaar, het ek nie gevoel asof dit die Here was wat my uit die swembad uit gelei het nie. Dit was heeltemal as gevolg van die vrees wat ek gevoel het. Die waargeneemde vrees wat ons voel wanneer ons die nuus hoor of kyk na alles wat in die wêreld plaasvind. Die waargenome vrees wat ons voel wanneer ons siek is of ‘n abnormaliteit in of op ons liggaam ontdek. Die waargenome vrees wat ons voel, selfs die leuens wat ons in ons kop of van ‘n dokter op wie ons vertrou hoor, dat dit niks anders as kanker kan wees nie en sekerlik dat dit noodlottig is.
Dit is die waarheid wat ons vrymaak. Die waarheid is dat daar nooit ‘n krokodil in my swembad was nie en nog minder was my AM in ‘n motor saam die AV besig om weg van my huis en toevlugsoord vir my kinders af te ry nie. Nog minder was enigiemand uit om my enige leed aan te doen toe die trok my op die grondpad gevolg het waarvan jy in Die Bron van Jou Krag lees. En die enigste manier om die waarheid te leer ken, ten spyte van wat jy waarneem, is om seker te maak, meer as ooit vantevore, dat ons so naby saam ons Hemelse Man loop dat ons kan aanvoel hoe Hy ons die een of ander manier draai of om te bly net waar ons is. Slegs wanneer ons so naby is kan ons op, af, om, deur en oor slaggate navigeer—eintlik oor landmyne spring.
Liewe bruid, koester en beskerm die Oorvloedige Lewe wat jy as Sy bruid leef en moenie die vyand toelaat om die oorhand te kry met waargenome gevaar wat nie geskik is vir ons as Sy bruide nie.